Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -3 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -3 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -7 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -12 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

SionBergh Saamtrek Feb. 2019

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
SionBergh

Kampforum word 2jr oud op die 23ste Feb 2019.      Dankie Ski vir die reëlings yes yes  

Sionbergh Webwerf         Naweek kostes beloop R290 / nag per staanplek.  

Dit is MAKS 6 persone per staanplek - R 70 per ekstra persoon per nag. Voertuig moet op staanplek perkeer. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

 

Hoe om te bespreek?    Ons doen 'n blok bespreking en die besprekings word alleenlik direk deur kampforum.co.za gedoen.   

Stuur asseblief  jou bespreking versoek na anton@kampforum.co.za    Ons verlang 'n 50% deposito om jou bespreking te bevestig.   Krediet of terugbetaling van jou deposito's kan glad nie gewaarborg word deur kampforum nie,  en is onderworpe aan Sionbergh se terme en voorwaardes.

Kliek hier vir Bankbesonderhede:   Kampforum inbetalings 

Sionbergh

SAAMKAMP LYS
  Naam Nagte Persone Bespreek

1

JoJuRa (Judy)

2

2

X

2

Johan (VanHeerden)

2

2

X

3

It'lDoDat

4

1

X

4

Johann L

3

2

X

5

Ski (Nico)

2

3

X

6

Voortrekkers

3

4

X

7

Noel & Ronell

2

2

X

8

Willem Brits

2

3

X

9

Keven en Dedre

2

3

X

10

Patrys

2

2

X

11

Obie en Mille

7

2

X

12

Dusty (Stoffel)

3

2

X

13

Christokleintjie

2

4

X

14

JohnB

2

2

X

15

Franshark

2

2

X

16

Spore vir Jesus

2

2

X

17

Fransie A

2

2

X

18

Fransie B

2 2 X

19

OumaElsabe

2

2

X

20

Pieter Britz

2

2

X

21

Spantou

2

2

 

22

Wimpie

4

2

X

23

Amper Kamper

2

2

X
video
google kaart

Vra ek nou gunsie.... vluister stillitjies in my oor wat se muti en dips werk so oppi donner-dag

moerse dankie

Warren

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 19/11/2018 - 16:45

Mirrag Obie, jinne, ONS LANKLAAS gesels!!!

Groete.

Frans 

Klerksdorp

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 19/11/2018 - 16:46

wat se muti en dips

Dit moet jy vir Obie vra of WW hy was dalk daar.

Skies, sien nou jy het vir Obie self gevra.  frown

0
ZEERUST

Obie

Mon, 19/11/2018 - 17:02

Warren. Weet  nog nie wat gaan werk daar nie maar sal seker so teen die Donderdag n goeie idee he. 😊😊

Frans: As jy daar gaan wees kan n ons n hond uit n bos kuier. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/11/2018 - 17:51

Ek het hom ook al probeer ooreedyes

Frans: As jy daar gaan wees kan n ons n hond uit n bos kuier. 

 Oom Frans kom maak 'n draaitjie al is dit net vir 1 aandjie smiley

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 19/11/2018 - 18:44

Dankie vir julle se pogings, ek waardeer VREESLIK baie, maar het gereken om daardie tyd in Natal te wees, maar daar is ander dinge wat voorkeur MOET kry. Ons sal nie nou veel kan uitwei nie. 

0
Johannesburg

WilleWillemien

Mon, 19/11/2018 - 19:04

...julle.

Mooi man Obie. Sien uit om julle weer te sien en vir kampkat ok.

Ja. Ek was die afgelope nawweek daar. Vanaf Vrydagoggend tot Sondagoggend.

'n Uitstekende oord. Topklas met familiebadkamers en groen, groen gras staanplekke. Daar is ook ' klompie plaveiblok-staanplekke aan die agterkant.

Die plek is baie populer en is omtrent elke naweek vol.

Die visse het maar traag gebyt. Net drie karpe uitgekom en paar bass tussen al die hengelaars.

Die oorkant van die dam het die beste resultate opgelewer.

Soet goed het die meeste byte gelok.

Baie krappe en bietjie lastig met tye.

Bring maar jou stormnet en -bande saam, want as die wind daar begin waai, is dit soos langs die Vaaldam. Bedonnerd.

Obie, Ek sal jou aanraai om eerder die Maandagoggend daar aan te kom. Dan sal die plak relatief leeg wees en jy kan dalk 'n beter staanplek kry.

Bel gerus die ontvangskantoor en vind uit hoe lyk die besprekings vir daai Sondag en Maandag.

Die vangoewer is maar effe knaps, maar mens mag voor die onthaalsaal ook vang. Daars lekker plek.

Bietjie slykerig nader aan die damwal oppi bodem, so die beste plek is min of meer innie mirrel van die dam.

Niemand het vasgehaak en gery verloor nie.

Aan die oorkant van die dam is daar nie staanplek nie, maar mens stap oor 'n brug en gaan maak jouself daar tuis vir 'n paar ure.

Daar is plek vir 65 plus waens en tente.

Indien jy met 'n tent kamp wat 'n seilvloer het met geen dakkie oor nie, moet jy op die plaveisel gaan opslaan.

Daar is 'n snoepie wat die basiese aanhou met ys.

Heidelberg is so tien kilos daarvandaan.

Jy sleep die laaste deel so +- 1 km rooi stofpad, maar heeltemaal begaanbaar.

Nou ja. As ek aan nog iets dink, laat weet ek.

O ja. Daars 'n lekker groot swembad en 'n aparte babapoel.

Die mense swem ook heerlik in die dam. Daar is ook kanoos en roeibootjies indien jy wil roei.

Sien baie daarna uit om julle almal te sien.

 

 

 

0
ZEERUST

Obie

Mon, 19/11/2018 - 19:23

Dankie Willie. Ek wil graag n staanplek reg langs die dam kry. Is, dit moontlik? Die rede hoekom ek Sondag reeds wil ry is vir die verkeer. Ek sal egter met hul ontvangs skakel. Onthou jy daai hengeltrofee wat ek gemaak en toe sommer gewen het ook. As daar genoeg belangsttelling is kan ek dit saambring vir die wenner van bv die swaarste karp

0
Johannesburg

WilleWillemien

Mon, 19/11/2018 - 22:24

...Julle.

Obie. As jy by die kampeerterrein inry, met die grasperk op jou regterkant, sal jy regs 'n klipmuur sien. Vat die  derde stand van die muur af. 'n Baie lekker ene.

0

Weetniewaarjullealmalgaaninpas.....

my footprint (car not included) is 10m wide x 17m long....

0
Johannesburg

WilleWillemien

Tue, 20/11/2018 - 07:40

Ja. As die ander mense nie daarmee 'n probleem het nie dan hou ons sommer 'n hengelkompetisie.

Jozi, Jy sal maar twee stands moet bespreek.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 20/11/2018 - 09:21

Nooit fout met kompetisies, dit sorg mos altyd vir lekker gees, ek sal maar nader staan en kyk hoe dit gedoen word,  mens weet nooit, net dalk byt die vis, ek meen gogga, mylaugh

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus