Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skerm skoot Oktober 2026 saam gesels Johann L -10 minutes ago
App beskikbaar Oktober 2026 saam gesels Johann L -16 minutes ago
Dit is reg, die braaipit is… Umfula Johann L -39 minutes ago
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -11 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago

SionBergh Saamtrek Feb. 2019

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
SionBergh

Kampforum word 2jr oud op die 23ste Feb 2019.      Dankie Ski vir die reëlings yes yes  

Sionbergh Webwerf         Naweek kostes beloop R290 / nag per staanplek.  

Dit is MAKS 6 persone per staanplek - R 70 per ekstra persoon per nag. Voertuig moet op staanplek perkeer. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

 

Hoe om te bespreek?    Ons doen 'n blok bespreking en die besprekings word alleenlik direk deur kampforum.co.za gedoen.   

Stuur asseblief  jou bespreking versoek na anton@kampforum.co.za    Ons verlang 'n 50% deposito om jou bespreking te bevestig.   Krediet of terugbetaling van jou deposito's kan glad nie gewaarborg word deur kampforum nie,  en is onderworpe aan Sionbergh se terme en voorwaardes.

Kliek hier vir Bankbesonderhede:   Kampforum inbetalings 

Sionbergh

SAAMKAMP LYS
  Naam Nagte Persone Bespreek

1

JoJuRa (Judy)

2

2

X

2

Johan (VanHeerden)

2

2

X

3

It'lDoDat

4

1

X

4

Johann L

3

2

X

5

Ski (Nico)

2

3

X

6

Voortrekkers

3

4

X

7

Noel & Ronell

2

2

X

8

Willem Brits

2

3

X

9

Keven en Dedre

2

3

X

10

Patrys

2

2

X

11

Obie en Mille

7

2

X

12

Dusty (Stoffel)

3

2

X

13

Christokleintjie

2

4

X

14

JohnB

2

2

X

15

Franshark

2

2

X

16

Spore vir Jesus

2

2

X

17

Fransie A

2

2

X

18

Fransie B

2 2 X

19

OumaElsabe

2

2

X

20

Pieter Britz

2

2

X

21

Spantou

2

2

 

22

Wimpie

4

2

X

23

Amper Kamper

2

2

X
video
google kaart
Secunda

Sleep nou

Wed, 17/10/2018 - 12:48

Die Mollers van Secunda wil ook graag saam kamp my werk se nuwe standby rooster kom uit dan weet ek is die mollers in of uit dit gaan regtig lekke wees om almal in lewende lywe te ontmoet

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 18/10/2018 - 20:02

Kampforum sal 23 Feb 2019  2 jaar oud wees!  Ja, op daardie dag sal dit presies 2 jr wees nadat kampforum die eerste keer aanlyn gekom het!     Ons 3rde Saamtrek by SionBergh 23 - 24 Feb sal dus presies op ons verjaardag val!  smiley

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 18/10/2018 - 20:17

Froggy is in.

Lekker Harry.   Dit gaan lekkerrr wees smiley

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 18/10/2018 - 20:27

So wie is al op die lys?

Slotte
Ski's
Voortrekkers
Harry's
Noel's
Segekok's
Willemseses
Marinusse
Sleep nou's
Ek weet nie van die WW's want hy kom nooit nie?
 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/10/2018 - 20:28

Daar is dit nou, 23 Feb, tweede verjaardag, derde saamtrek, en Froggy gaan saam.yes

Waar is die lysie met name van mense wat sover saam kom?

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/10/2018 - 20:46

Sover lyk dit my na,.

Voortrekker

Ski

Noel

Harry

Willem Brits 

Segekok

Johann L

Warren

Shaun ??? Kom Shaun dis nie ver nie.😀 

Chris Boucher? Dalk net te laat, hoop nie so nie!

Gesie, ons verwag jou daar

Groot G - geen saamtrek is af gerond sonder jou nie

Arie daar is chalets vir Saterdag oor slaap👍

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 18/10/2018 - 20:57

Nee - ek sal nie daardie naweek kan maak nie. Ons is toevallig in die noorde gedurende die laaste week Jan/eerste week Feb. Sou dit dalk kon maak vroeg in Feb - maar daar is maar 'n groot "dalk" aan verbonde. Ek het navraag gedoen by Sionbergh i.v.m. selfsorg-akkommodasie aangesien ons nie sal kan kamp nie. Hulle't my Maandagoggend in kennis gestel dat hulle nie oor selfsorg-akkommodasie beskik nie - slegs oornagkamers. Maar nou ja, die datum (wat nou blyk die mees-geskikte datum vir die meerderheid sal wees) sal beslis nie pas nie.

0
Johannesburg

WilleWillemien

Fri, 19/10/2018 - 09:47

Al iets van Obie en Millie gehoor?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 19/10/2018 - 09:55

Hallo lede.   Lees asseblief bo i.v.m die bespreking prosedures.   Dit sal deur direk deur kampforum hanteer word en nie elke lid individueel nie.

Groete!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus