6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

As die voggies min raak - so brou mens tuis

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

As jy iemand is wat dit geniet om ietsie te vat, en die inperking jou voorraad begin oorskry, kan die resepteboek hier onder handig te pas kom. Ek het voor ek dit ontvang het reeds ‘n alkoholiese gemmerbier gebrou en wag ook vir my pynappelbier om klaar te gis. Ek het nie die oulike resepte in die boek gehad nie, en het bietjie te veel suiker by die gemmerbier gegooi. Ek het ou tuisbrou toerusting wat ek afgestof het, en kon die alkoholinhoud daarmee uitwerk. Dit het op 8,8% gestaan toe ek dit gebottelleer het! Die pynappelbier het minder suiker in, so behoort nie so rof te wees nie. Hier is dit net voor ek dit toegemaak het in die drom om te gis. Lekker brou en deel gerus julle konkoksies hier. 
A

Attachment Size
Lockdown-Dranks-Recipe-eBook-x3tof7.pdf 3.87 MB
Johannesburg

WilleWillemien

Sun, 03/01/2021 - 08:46

... eie Mampoer deesdae.

Ek het vir my 'n distileerapparaat gebou. Maak ook mengsels aan soos julle hier bo beskryf, laat hom gis vir 6--10 dae en stook hom.

Met vrugte stook mens Brandy en met graansoorte verskillende Whisky's. Met Molasses stook mens rum.

Hier staan juis 'n kan wat vandag gestook moet word. Druiwebrannas van my eie druiwestok.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 03/01/2021 - 19:31

Hello WilleWillemien. Kan jy dalk n foto en beskrywing van jou ketel gee. Ek het jare gelede een van koper gebou wat sowat 60l op n slag distileer. Het net vrugte gedoen. Deesdae is dit n probleem om genoeg vrugte te verasamel vir soveel sap. Lyk of jy net so 20 liter op n slag vermenteer. So is jou ketel redelik klein?

Johannesburg

WilleWillemien

Mon, 04/01/2021 - 07:20

Ja. Ek vermenteer so 20l op 'n slag. Soms 4 kanne aan die gis. Stook ook gewoonlik vrugte, maar doen so nou en dan 'n Whisky of Vodka.

Ek plaas fotos.Ou stoompot met selfgeboude uitlaat en kondenser.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 04/01/2021 - 09:07

Dankie Willie. Jou " column still" het seker n bietjie wetenskap agter die ontwerp, bedoelende die hoogte waar jy die etanol aftap. Stook jy jou eerste loop teen 98ºC, ek kry dan so 65% proef.

Vaalpark

Johann L

Mon, 04/01/2021 - 09:48

Jammer Willie, ek draai die foto reg, want ek sukkel om te verstaan hoe jy keer dat die vloeistof by die deksel uit loopwink

Willie
Daarsy, nou kan niks uit loop nie.

 

Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 09/01/2021 - 06:07

Neef, die shots begin aftap vanaf so 89 deg.C.  Daarna volg die heads, body en tails. Wanneer die dop baie flou begin proe stop ek die proses. Temp is dan so 92 deg. C. Gem 60% plus Alkohol inhoud.

Vaalpark

Johann L

Sat, 09/01/2021 - 06:36

Môre Anton, selfde hier by my. Hier staan 'n bottel Jack Daniels wat ek meer as 7 jaar terug by 'n kontrakteur vir kersfees gekry het, dink dit het seker al verval / verdamp. Ek sal dit maar eendag vir my skoonseun gee, my seun drink glad nie.

Nee. Whisky en Brandy en Rooiwyn verval nie. Hoe langer hy staan hoe lekkerder word hy. Net Witwyn moet maar binne twee jaar gedrink word anders word dit Asyn.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 09/01/2021 - 07:44

Nooit besef dat om dop te maak moet die wetenskap ingespan word, veral nou dat dit nie in 'n winkel gekoop kan word nie.  Ek wonder of die feit dat ek nie natuurwetenskap op skool gehad het nie iets daarmee te doen het dat ek nog nie by hierdie brandstof uitgekom het nie.  Ek drink maar net 'n biertjie en lekker wyn.

Maar moenie 'n fout maak nie, Willie en Herman se bespreking van heads, body & tails en column still beïndruk my geweldig.

More Len

Stem saam, bly by goeie rooi wyn, en bier. Ten minste met bier, is elke jaar 'n goeie oesjaar.

Terme soos "head, tails" hoort by dobbel, maar dalk is stook 'n dobbelspel. Hulle noem dit net nie, maar dalk gebruik hulle die "tails" vir brandstof.

Groete

Worcester

Wildehont

Sun, 10/01/2021 - 08:57

Ek het gisteraand 40 x 500ml bottels pale ale wat ek self gebrou het die eerste Saterdag van die jaar gebotteleer. Dit moet nou ‘n paar dae staan sodat die gis wat nog in suspensie is die bietjie suiker wat ek gister in elke bottel gegooi het kan verteer en CO2 kan maak wat die bier sy gas sal gee. Ek sal so teen Donderdag een probeer as die Boere ons nie stop oppad Stilbaai toe en die paar wat ek saamvat konfiskeer nie. Dan sal ek maar moet wag tot volgende naweek wanneer ons tuis is. 

Johannesburg

WilleWillemien

Sun, 10/01/2021 - 08:59

Die shots is suiwer Ethanol en dodelik. Daarom moet dit eers afgetap en eenkant gehou word. Daar kom so min of meer 200ml shots af op 'n 12l stooksel. Ek gebruik dit om die vure brand te steek. Die heads bevat 'n baie hoee % alkohol, ruik anders en ek tap ook heelwat ddarvan af en hou saam met die shots eenkant. Die body, alias hearts is die goeie en geurige alkohol. Die tails is minder alkohol, maar effe meer smaakvol. Te veel tails kan jou eindproduk bederf en troebel maak. Ek gaan more vir my 'n activated charcoal filter bou om my dop mee te suiwer.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 10/01/2021 - 18:39

Wildehont 40 x 500ml biere is n mooi klompie!!  Wil vra, maak die " home brew" mens nie bietjie dik hier om die middel nie? Ek meen met die ekstra suiker etc. Deesdae drink ek meestal die ligte biere anders gaan sit dit in n sagtigheid op die lyf. Hoekom ek dit sê is, as neef 2 duim om die middel moet uitswel, gaan hy die klerekas moet vernuwe, en met die prys van ñ paar Levi's, is dit nie finansieel moontlik nie.

Worcester

Wildehont

Mon, 11/01/2021 - 07:35

Oom Neef, dit hang af hoe mens brou. Ek voeg geen ekstra suiker by nie, dis net gars (malted barley), hops, gis en water. My pale ale is gewoonlik so 4,8% alkohol, so wel bietjie sterker as party winkelbier. Dit smaak egter baie lekkerder as winkelbier en is goedkoper. Alles in (behalwe my tyd natuurlik) kos dit my net onder R8/500ml. En die regering kry niks aksyns uit my nie. 

Worcester

Wildehont

Tue, 12/01/2021 - 22:42

...die draad was vandag die gewildste. Het dit iets te doen met CR se toespraak gisteraand? Gelukkig het ek nog ‘n kis Olof Bergh in Worcester, en my bier kan nie opraak solank ek die tyd insit om te brou nie. Salomien kan nog wyn koop daar, en ek blameer nie die kelders wat onder die tafel handel dryf nie. Dis dit of dood. 
 

Ek lees nou die dag van ‘n swart mikro brouer wat sê die regering is besig om hulle dood te maak. Die analogie wat hy gebruik het, is dat mens nie ‘n slang in jou huis loslaat as jy sukkel met muise in jou huis nie. Maw dis wat die regering doen; hulle stel maatreels in om Covid te beveg, wat mense laat doodgaan van honger. 
 

Ek vermoed egter dat strenger maatreels oor alkohol en hoër pryse hier is om te bly. Ons nasie is nou maar eenmaal niks gewoond as dit by drank kom nie. Gelukkig gaan ek nie dors bly nie...

 

A

Pretoria

Geert

Wed, 13/01/2021 - 09:03

Olaf was tydens Black Friday R109 by Spar. Ek het hul aanbieding mooi ondersteun. Danksy Black Friday hoef ek tans nie dors te ly nie.🤣

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 13/01/2021 - 09:30

Miskien is dit nie n slegte idee om die lyf bietjie te reinig nie. Die feestyd het ons nogal taamlik gekuier, so ek "health spa" hier op die plaas. 

Intussen werk neef aan n kleiner stook-ketel, so 30l kapasiteit. My huidige is 60l. Gee my ook iets om te doen, ek is vrek verveeld.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 18/01/2021 - 17:23

Met die wat hier n paar koper geisers rondlê, en neef nie juis n projek het nie, besluit om n miniatuur whisky still saam te flans.  Die geisers is in plat-plaat verwerk om pyp te rol en toe gaan huiswerk doen om raad te kry vir die ronde pyp se knakke. Met geduld kom ek toe reg.  Wil dit lekker klein hou, so 30l dan kan mens net mooi n 20l kan op n slag distileer. 

Foto van die vordering.

Ketel

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus