6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Werkproses-studie

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek gaan eers oor 54 dae die Kruger Wildtuin binne en sal dus dan vir die eerste keer binne 'n jaar met die Exclusive kamp.  Ek bied dit aan as 'n verskoning vir die bogemelde onderwerp wat nie eintlik met kamp te make het nie, maar wat wel in feitlik elke proses van ons lewens wat bestaan gevind sal word.  Ek belowe, na my Wildtuin-kamp sal ek my egte kampstories met julle deel.

Byvoorbeeld, met "proses" bedoel ek as ek wil gaan kamp is daar 'n proses wat gevolg moet word:- 

  • ek en my vrou moet ooreenkom wanneer en waar ons wil gaan kampeer
  • dan moet ons plek bespreek
  • ons moet die finansies bekyk of dit moontlik is
  • die sleepvoertuig moet gediens en 'n goeie, padwaardige toestand wees
  • die woonwa moet nagegaan en gewas word
  • kosvoorraad moet aangekoop word en op 'n geskikte tyd ingepak word
  • die rit en oorslaapplekke moet op besluit word.........

en so kan ek aangaan om te verduidelik dat daar altyd 'n sinvolle proses moet wees om elke doelwit suksesvol te bereik.

In my dae toe ek nog jare gelede in 'n bank gewerk het, het ons werkstudie-beamptes gehad wat elke aksie in die bank voortdurend ontleed het om die prosesse te verbeter en meer vaartbelyn te maak tot voordeel van ons personeel, kliënte en die maatskappy as geheel.  Hierdie werkstudie-beamptes was hoogs opgeleide mense met grade of diplomas en was goud werd vir elke onderneming. In die lig van die ondervermelde wonder ek of hierdie studierigting en werkstudie beamptes nog bestaan ?

Kom ek verduidelik aan die hand van 'n enkele voorbeeld waarheen ek oppad is.  Ek moet my twee vuurwapens se lisensies hernu en pak toe die saak twee weke gelede aan, ver binne die 90-dae spertyd.  Sersant Basson, die onvriendelike vuurwapenbeampte, stop my hand vol vorms (almal swak afgerol en nie gedruk nie  -  ek aanvaar die Staatsdrukker vorms is nie betyds bestel nie) en sê ek moet die inligting bymekaar maak en dan 'n afspraak maak om die lisensies te hernu.  Daar is 'n hordes vorms, van 'n vorm deur my vrou dat ek nie aggressief is nie en haar nie slaan nie, twee vriende wat dieselfde moet verklaar, fotos en besonderhede van my kluis waarin die wapens geberg word, 'n brief van 'n boer wat my toelaat om met my haelgeweer op sy plaas te skiet, 'n bevoegdheidsertifikaat van 'n skietskool wat aanvanklik uitgereik is en reeds in die polisie se besit is, en nog 'n hordes ander. Op ELKEEN van hierdie hordes dokumente moet ek al my besonderhede, volle name, i/d-nommer, adres, telefoonnommer, vuurwapennaam en nommer tot vervelens toe invul en onderteken, datum en plek van ondertekening !  Ek moet ook 'n sekere hoeveelheid van hierdie dokumente afskrifte van maak en dit laat sertifiseer as die ware jakob.

Sersant Basson beveel my ook om 'n afspraak te maak indien ek gereed is met die dokumentasie.  Dit neem my omtrent 'n week om die nodige te doen en ek bel toe gister vir 'n afspraak.  Die foon lui en lui en niemand antwoord nie.  Ek klim toe in my motor en ry polisiestasie toe om 'm afspraak te maak.  Daar word ek aangesê om in 'n tou, buite die gebou te staan en my beurt af te wag.  Daar sit een beampte onder 'n ou, vuil en verslete gazebo en bedien die mense in die tou,  Intussen begin dit saggies reën en ek staan maar.  Toe dit my beurt is word ek aangesê om die gebou in te gaan tot by die onderste punt van die gang waar die vuurwapenlisensie-kantoor is. (Ek weet dit want ek was verlede week hier om die vorms te kom haal, maar hierdie keer moes ek eers in 'n tou staan om dit weer te hoor).  By Sersant Basson se kantoor is die deur toe en ek vra daar rond of iemand my kan help om 'n afspraak te maak.  Nee sê iemand, hulle soek al heeldag na Sersant Basson en niemand weet waar hy is nie.  Ek word toe van 'n telefoonnommer voorsien om hom te skakel  -  net mooi die nommer waar ek geen antwoord kry nie !

Vanoggend toe bel ek weer en 'n vriendelike dame, Kapt. Crous antwoord en sy bied aan om my te help.  Die eerste beskikbare datum is in die middel van Mei wanneer ek in die Wildtuin sit !  Ons kom toe ooreen op 14 Junie wanneer ons terug sal wees.

Red nou 'n volk !!

As werkstudie en proses-ontleding tog maar net vandag nog in werking was sou ons lewens soveel makliker gewees het, nie net in die polisie nie, maar sommer ook by baie ander instansies.

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 16/03/2021 - 20:40

Len lekker lag ek nou vir jou penarrie!

Nie om lelik te wees nie, ek vorl jou pyn en frustasie, maar ja dit is wat Afrika so uniek maak!

Kan jy dink hoe vervelig die lewe, hierdie forum en braaivleis vure sal wees as ons nie sulke staaltjies het om te vertel nie!!

Hulle steel so pasr jaar gelede met swaer (Ben, eintlik Eben maar die ingelse maak dit toe sommer Ben) se trok. Was nog in die dae van die Zim dollar. Hy adverteer toe ń 2 mil Zim dollar beloning vir die suksesvolle opsporing can die trok. 

Die dag na die plaaslike verkiesing- drie na die trok gesteel was bel Zanu PF hom dat hy die trok by hulle kantoor kan kom haal. Hulle het die trok "geleen" om kiesers aan te ry stem lokaal toe. Hy word asngesê om die twee miljoen dollar beloning saam te bring, wat hu toe natuurlik weier. Lang storie kort, die saak draai toe in die hof en die beslis dat hy moet die beloning betaal.

Hy het nie in sy advertensie gemeld dat hy nie die beloning aan die mense wat due trok gevat het sal betaal nie. Hy betaal toe maar die beloning vat sy trok en maak ń saak van diefstal oop

 Polisie weier om die saak te open, reken hy het mos sy trok terug sonder skade!

Kyk Afrika is nie vir sussies nie!!!

Worcester

Wildehont

Wed, 17/03/2021 - 08:54

Oom Len, burokrasie is ongelukkig die nalatenskap van kolonialisme waarvoor Afrikane die liefste is. Ek glo dit is hoofsaaklik omdat dit werk skep. Die feit dat dit ten koste van die belastingbetaler is ignoreer hulle gerieflikheidsonthalwe. Ongelukkig is dit ook so dat min amptenare streef daarna om hulle burokratiese rolle effektief te vervul. Inteendeel is dit my ondervinding dat sodra jy aan die deursnee amptenaar in Afrika enige magtiging gee om ‘n goedkeuring of sanksie uit te reik, hy of sy die mag moedswillig en soms (gereeld?) vir self verryking gebruik. Soveel sprekende voorbeelde bestaan in SA, nie net onder amptenare nie maar onder politici. Lg glo dat hulle regeer en ons hulle dienaars is, inteenstelling daarmee dat hulle veronderstel is om die kollektief se beste belange te dien. En dit gaan ons nooit verander kry in Afrika nie. 
 

Ek dink egter daar is ‘n onderskeid te tref tussen die voorbeeld van die beplan van ‘n toer en die effektiewe implementering van ‘n proses soos die hernuwing van vuurwapenlisensies. Die Project Management Institute se definisie van projekbestuur is (verskoon die Brits maar dit vertaal nie reg nie) a temporary endeavour undertaken to create a unique product, service or result. Prosesbestuur of Business Process Management(BPM) is the organizational discipline that provides tools and resources for analyzing, defining, optimizing, monitoring, and controlling business processes and for measuring and driving improved performance of interdependent business processes.
 

Die toer is projekbestuur, die vuurwapenlisensie uitreik is prosesbestuur. Verskoon die fokus op semantiek, maar sedert ek noodgedwonge na 12 jaar in toerisme die bedryf moes vaarwel roep 12 jaar gelede, is ek ‘n projekbestuurder wat vyf en ‘n half jaar in siviele konstruksie gewerk het in die privaatsektor, en nou al ses en ‘n half jaar in ‘n plaaslike munisipaliteit ‘n verskeidenheid projekte bestuur. Die Wes-Kaapse regering bied bv ondersteuning aan munisipaliteite om BPM te verbeter vir prosesse soos die goedkeur van bouplanne. Uiteraard word die ekonomie gestimuleer as burokratiese rompslomp (red tape) verminder word. Ongelukkig is die SAPD ‘n nasionale funksie en kan hulle prosesse nie op provinsiale vlak ondersteun word nie. Dat hulle en baie ander nasionale (asook provinsiale en plaaslike) funksies voordeel sal kan trek uit BPM is nie altemit nie. Ongelukkig is kader ontplooiing en radikale ekonomiese transformasie die ANC se oogmerke, en dit is beide produkbenaderings eerder as prosesbenaderings (en is waarom dit lei tot ineenstorting eerder as ontwikkeling). Met ‘n produkbenadering fokus jy op die produk wat jy wil hê en ignoreer die logiese prosesse om daarby uit te kom. So word bv kaders in direkteurs posisies ontplooi sonder dat hulle deur die range gevorder het en die nodige vaardighede en ondervinding verkry het (die proses benadering) en dis waarom hulle faal. 
 

Sjoe; nou is ek skoon moeg na die akademiese gesprek. En dit op Kampforum! Sterkte met die vuurwapenlisensies. Fokus intussen maar op die projekbestuur van die wildtuintoer. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus