6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Rally afdak

Submitted by JanBike on
Forums

Goeie more. Ek het n Caravette 6B. Ek sukkel om die rally afdak styf gespan gekry. Wanneer dit reen bly hy reenwater opvang ipv om af te gly. Ek het die raad gekry om hom op te slaan en nat te maak en dan te los dat hy droog word en in plek te krimp maar dit werk nie. Enige idees?

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/05/2017 - 12:17

JanBike dit klink nogal soos 'n lastige ding wat kan lol met 'n man.   My add a room se een paaltjie is verstelbaar juis vir as dit reen, dan moet hy effens gesak word om water te laat afloop.  

Ongelukkig het ek nie 'n idee hoe jou tent lyk nie.  Hoop jy kry 'n oplossing.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 01/05/2017 - 12:37

JanBike, normaalweg sou mens ook verstelbnare kry/pale gebruik, twee op sye en een in middel, aan bokant, wat van die wa af vorentoe gaan,  sykantse pale steek jy gewoonlik deur die gestikte "slope" wat in tent gewerk is, en dan moet jy dit net op die styfste moontlike posisie vasdraai.

Dan, soos Voorie voorstel, laat die "afdraande" kant of kant waar jy water sou wou laat afloop, so effe sak, maak daardie kant se stutpaal (as hy verstelbaar is) effe laer.

Dit is soms die moeite werd om sommer al drie pale voor verstelbaar te maak.

Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Mon, 01/05/2017 - 13:46

Janbike,

Dis 'n ou probleem met die Caravette 6 se Rally.

Kry een van die verstelbare pale om in die middel dwars na die voorste paal in te sit. Moenie op die kante van hulle insit nie. Dan skep jy damme op die rally. Laat sak ook die 2 buitenste pale meer as die standaard paal se hoogte sodat jy 'n goeie "run-off" van water kry.

Anton

Hi Anton, dankie dit kan dalk wees waar my probleem le. Ek het net voorste pale saam met die rally gekry en het toe die drie middel pale aangeskaf om die probleem te probeer oplos. Die buitentste pale is ook verstelbaar. Gedink dit sal die probleem oplos maar toe nie. Ek het ook vir die voorstel deel pale gekry maar hulle is solied en gly is slope in. Dink jy dit kan ook n probleem wees. Ek het vir die hele tent sypanele en voorkante van skadunet laat maak wat vas zip aan die rally met rekkies onder. Kan die rally nie dalk gerek het nie karafaan is al n paar jaar oud!!!

Vaalpark

Johann L

Mon, 01/05/2017 - 21:22

Jan, kan jy dalk 'n foto laai van die probleem area?

Ek dink nie die seil kon rek nie, wat jy ook kan probeer, is om velgro stroke in te wetk op die kante, dan kan jy die dakkie so "support" om beter te span. Hoop jy verstaan wat ek bedoel. 

By gesê, ek dink Anton se raad behoort goed te werk.

Bloemfontein

OOM JEEP

Tue, 02/05/2017 - 09:28

Oky, as jy op elke hoek n dubbel aksie tou opsit. Een vorentoe en een kant toe. Die lengte vanaf die regop paal na die pen, dieselfde lengte as die regop paal. Span eers die "kant een styf, dan die die vorentoe een. Dan kan jy hom trek tot die seil gelyk trek. Die lynne (guy rope) sal nou n gelykmatigde driehoek vorm. Kyk na Warren se instruksies oor "guy-ropes" . Ek doen myne nou volgens sy aanbevelings en dit werk goed.

Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Tue, 02/05/2017 - 13:05

Het self 'n 6B gehad Jan en verstaan jou probleem/frustasie goed. Ek weet nie of dit 'n fout was met die maak van die CI Rally of wat nie. Dit het niks met die ouderdom van die karavaan te doen nie. Geen metode van styf trek span die seil styf genoeg om die water te laat afloop nie. As jy mooi oplet is dit so drie-kwart na voor wat die water opdam. Dis asof die seil daar "slap" word. Die probleem met die pale in slope voor aan die Rally is dat jy dalk 'n verdere damwal skep.

Verdere moontlike oplossings:

1. Sit aan beide kante van die seil in die helfte "eyelets" in en slaan daar ook 'n paal op.
2. Sit vir die skadunet sypanele onder 'n sloop in waardeur jy van die wit elektriese pyp sit om       oor die hele lengte te probeer styf trek instede van net die rekke.
3. Gebruik aan die kante ook van die verstelbare pype en maak soliede pype wat jy so op die            drie kwartmerk tussen die nok paal en die kante insit. Dit kan help met die afloop van die              water.

Terloops ek gebruik steeds die 6B se Rally op my huidige opvou karavaan en het steeds met die Vaaldam en Gariep aan weerskante gesit. Opsie 3 het die probleem grotendeels opgelos. Ek gebruik ook 'n dubbel tou wat ek 90 grade na voor en die kant inslaan.

Anton

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus