TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -11 minutes ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -1 hour ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -1 hour ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -1 hour ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -1 hour ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -2 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Submitted byJohann L onSun, 18/07/2021 - 11:24

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 18/07/2021 - 12:34

Johann - ek het ookal soms gevoel om my geheel en al te onttrek. Nie omdat ek gevoel het ek word aangeval op sekere standpunte nie, maar omdat ..... aag, ek weet nie waarom nie. Soms net gatvol van deelname. Maar as ek my kom kry, dan lewer ek weer 'n inset of twee. 

Ek glo nie jy behoort aangevat te word op die twee punte wat jy hierbo genoem het nie. Elkeen het maar sy opinie oor bepaalde onderwerpe - en 'n bietjie debatvoering daaroor kan soms nogals interessant wees. Dit voel soms of 'n senuwee raakgetrap word, maar tensy dit voel of ek aangeval word oor my standpunt, verdra ek dit maar - of altans ek probeer.

Ek reken as 'n mens jou standpunt diplomaties stel sal andere dit respekteer, al verskil hulle van jou. As ons almal maar net sal poog om diplomaties te wees in die oordrag van ons standpunte. En om nie te liggeraak te wees as ander diplomaties daarop antwoord nie.

(Sê hierdie ou wat soms ook maar sukkel met diplomasie en liggeraaktheid).

Centurion

Voortrekker

Sun, 18/07/2021 - 14:08

Johan ek deel jou standpunte. Ek was self verbaas oor die aanmerkings wat gemaak was veral teenoor lede wat nie belangstel om die vaccine te kry nie.  

Dankie dat jy hierdie draad begin het yes

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 18/07/2021 - 15:29

Ek sal probeer om my debatvoering vriendelik te hou :-

Twee sake word voorgestel vir debatvoering :-

Geweld in die land :-

Die vele oorsake van die probleem is só groot dat dit nie maklik op 'n forum soos hierdie gedabatteer kan word nie.  Opsommend dink ek die polisie en staatsekerheid is hopeloos en as 'n beginpunt moet hierdie twee departemente se ministers onmiddellik in 'n kabinetskommeling vervang word met kundige mense gekies uit 'n samewerkende regering bestaande uit alle politieke partye. (Die beste kundiges is nie noodwendig ANC ondersteuners nie).  Hierdie nuwe ministers moet dan die departemente onder hul beheer op 'n kundige standaard bring.

Inenting :-

Daar is geen sin in om hieroor te debatteer nie want ons kampeerders beskik nie oor die kennis  om sinvol daaroor te redeneer nie.  Oppervlakkig weet ons egter dat die oorgrote meerderheid  van die wêreldbevolking wat die keuse van inenting tot hul beskking het,  verkies om wel ingeënt te word. Verder is dit bekend dat geen mediese wetenskaplike kan waarborg dat inenting sal voorkom dat jy gevrywaar is van Covid-19 nie of dat jy nie sal sterf nie.  Dit is wel bekend dat die sterftekoers onder diegene wat wel ingeënt is, beduidend laer is as die sterftekoers van diegene wat nie ingeënt is nie.

Net 'n laaste punt :  die onlangse Wimbledon tennistoernooi met sy duisende Britse toeskouers is iets om oor na te dink.  Die oorgrote meerderheid van Britte is teen Covid-19 ingeënt en daarom kon die Britse regering die stap neem om die reuse toeskouer-getalle toe te laat.  Net die tyd sal leer of dit 'n fout was of nie.

Debatte kan sekerlik warm raak en dis mos reg so? Ek stem saam dat dit nie met beledigings en kwetsende name gepaard moet gaan nie. Maar daar is tog niks mee verkeerd as iemand bv. iets kwytraak oor inentings nie, en as iemand anders of 'n ander opinie daaroor het, of selfs inligting beskikbaar stel wat 'n alternatiewe siening weergee nie? Daar is juis nou 'n geskarrel in die VK nadat een van die wetenskaplike artikels wat voorgehou word as "bewys" dat ivermektien vir Covid werk onttrek is nadat dit aan die lig gekom het dat die Egiptiese navorsers die data so bietjie "gemaseer" het om hulle voorkeur gevolgtrekkings te pas!  Sulke goed maak mos vir interessante gesprekke? Selfde met die vlaag van plundering...daar gaan nog baie geskarrel word oor wie en wat regtig daaragter sit....ook mos 'n lekker onderwerp. Effe tong in die kies, ons kan tog sekerlik nie altyd net oor tentpenne inslaan praat nie :) (maar as iemand sy vinger in die proses raakslaan, is dit ook seker reg om die ou daaroor te terg!)

 

Secunda

Sleep nou

Mon, 19/07/2021 - 09:32

Dis lekke as ons gesels dis reg as ons nie saam stem nie moet net nie jou standpunt afdwing nie ek is ook op n ander forum al van 2012 en het vrydag afgeklim agv my standpunt rondom die jab as jy gaan vir jab so be it en as jy nie gaan nie so be it ek sien op ander  forums die ding ruk hand uit agv die experts my 2c

Worcester

Wildehont

Mon, 19/07/2021 - 11:50

Dit som my standpunt oor beide onderwerpe op. Die regering moes vinniger opgetree het toe die plundering begin het. So kon baie onnodige skade voorkom geword het. Maar is die politieke wil daar?

Ek en Salomien het die 15de geregistreer vir inenting (toe ons ouderdomsgroep kon registreer) en ‘n afspraak gemaak om die eerste spuit te kry die dag na ons terugkom van hierdie toer af. As jy nog wik en weeg oor inenting, laat doen dit so gou as moontlik. Die Sjinese entstof land die einde van Julie en sal ‘n week of wat later begin gebruik word. Dis net 50% effektief, die ander ten minste 90% 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 20/07/2021 - 15:23

Het die nou gekry, het dit ook op fb raak gelees.

A leading pulmonologist has issued a stark warning that all the patients now admitted to his clinic thought ivermectin would protect them from contracting Covid-19.

 

In a chilling Facebook post, Dr Emmanuel Taban, a pulmonologist at Mediclinic Midstream in Midrand, wrote that two out of every three patients now being admitted to the hospital were taking ivermectin which, he added, offered “no benefit at all”.

While 80% of the patients admitted to the clinic during the first wave were black, of the 102 patients now admitted, 92 are white as a third wave of infections continues to roil across SA.

Klik op die skakel om die res te lees.

Skakel

 

Willem, die dokter (Taban) word klaarblyklik baie hoog aangeskryf in sy veld. Sy waarnemings  korreleer ook met die data wat mens nou orals sien rondom ivermektien. Sal interessant wees om die Oxford studie wat pas begin het se resultate te sien, maar dit sal seker eers oor 'n jaar of langer beskikbaar wees....en teen daardie tyd is heelwat meer mense ongelukkig dood.

My seun en skoondogter het gister hulle 1ste Phizer inentings gekry, so hulle is ook nou oppad na volle inentingstatus. My dogter, vroulief en ekself is nou al in "volle status" na ons 2de inentings 'n klompie weke terug. Moet erken dis ietwat van 'n verligting om te weet ons risiko verminder nou aansienlik om ernstige of fatale covid te kry. In die belang van vriendelike debatvoering kan ek nie anders as om die volgende te plaas nie smiley

May be a cartoon of text

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/07/2021 - 16:22

..... ek geniet die prentjie. Ek deel die spotprent-tekenaar (en jou) siening oor die inenting. Ons is eers op 3 Aug "due" vir ons 2de Pfizer inenting.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 20/07/2021 - 16:52

Willem, dankie vir die aanhaling van dr. Taban se mededeling oor sy praktiese ervaring in die kliniek  -  dit is veelseggend.

Grootwind, dankie vir die oulike spotprentjie.  Ek kan nie wag vir my en Mammie se 2de Pfizer inenting op 2/8 nie, maar ek is deeglik bewus daarvan dat ons eers na 30 dae iewat gerus kan voel.  Selfs daarna sal ons steeds ons waaksaamheid behou totdat hierdie virus oorwin is en dit gaan nog lank wees.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 21/07/2021 - 09:43

Mense die Covid ding ruk nou hande uit!

My vriend hier in die kamp, Quintin is laasweek oorlede en sy vrou Dall3n vanoggend!

Sedert Dasember nou al 7 vriende aan die dood afgestaan as gevolg van Covid.

So pas gehoor dat kantoor hier gesluit is, dame wat daar werk is positief:!

Hele bestuurspan nou in afsondering!

Ek is baie bly my jabs is agter die rug!!!

Centurion

Voortrekker

Wed, 21/07/2021 - 11:03

Ja dis erg wat aangaan.  Assof daar nie genoeg gerapporteerde gevalle van Covid sterfdes is nie, moet mens nou nog ook hoor van al die sterfgevalle asgevolg van inenting!  En dan van mense wat sterf  van nuwe Covid variante nadat hulle alreeds die entstof 6maande gelede ontvang het!   

My vriend Arthur skakel my laas week en sê hy en sy vrou weet nie wat om te doen nie - hulle het elkeen hulle eerste jab 3 weke gelede gekry en van toe af vreeslik siek al vir 2 weke, en tydens hierdie tyd het hulle 3 vriende verloor aan hartaanvalle kort nadat hulle die 2de jab gekry het!   Nou weet hulle nie of hulle vir die 2de een moet gaan nie.  Ek het maar vir hom gesê sterkte met die besluit en die siekte.

Lyk my as dit jou tyd is dan is dit hou tyd?  Of kan mens dit teenstaan? 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 21/07/2021 - 12:14

Vanoggend ons 2de Phizer gekry. Ek  is baie dankbaar vir die entstof, en al dink ons die regering is plek-plek hopeloos, gee neef hulle volpunte vir hulle poging. Vanaand skink ek n glasie op Oom Cyril.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/07/2021 - 12:35

Toe ons die eerste dosis in Tzaneen gekry het, is ons meegedeel dat ons vir 48 uur nie alkohol moet drink nie. Dit was te veel gevra vir hierdie Boucher's. Nou verstaan ek van my kampbure dat daar niks soortgelyks vir hulle gesê is na die eerste dosis nie, maar wel na die tweede dosis. Kan jy jou voorstel om langs 'n kampvuur in die aand te sit sonder 'n glasie of twee/drie (dalk selfs meer) van die Boland se beste? Ek sal/kan nie daardie toets "pass" nie.

In antwoord op jou plasing Vories het ek 'n paar somme gemaak....Aan die einde van die dag moet mens seker 'n risiko afskatting doen? Ek het sommer gou bietjie gekrap en die volgende data gevind

https://www.cnbc.com/202…

 Volgens die sê die VSA se FDA dat daar sowat 12.6 gevalle van hart ontsteking is per iets soos 1 miljoen inentings van beide Phizer en Moderna (beide gebruik dieselfde tegnologie, maar ons kry nie Moderna hier nie.) Klink ook nie asof daar noemenswaardige sterfte syfers agv die was nie? Deur so bietjie number crunching te doen lyk dit vir my of die 12.6 hart ontstekings per miljoen inentings neerkom op iets soos 0.0013%. In vergelyking, iets soos 35m mense in die VSA het reeds covid opgedoen waarvan 610k mense gesterf het, of dan 1.7% het gesterf. As mens na SA se syfers kyk het iets soos 2.3m mense covid opgedoen waarvan sowat 68k gesterf het, of dan omtrent 3% wat heelwat slegter as die VSA syfers is. Kom ons aanvaar nou die VSA syfers vir hartverwante newe effekte van 12.6 uit 1m (0.0013%) geld ook vir ons (dink dis 'n redelike aanname?) dan sal uit die sowat 5.6m mense wat tot datum in SA ingeent is (gister se syfers) moontlik 73 mense so 'n probleem ontwikkel (vlgs die FDA herstel meeste in alle geval volkome). Maar onthou dat 3% van alle covid gevalle in SA sterf, dus van die 5.6m wat ingeent is tot datum sou (indien hulle almal covid opgedoen het) 168k gesterf het....vir my lyk die keuse dus maklik?

 

Ek het 'n klomp aannames hier gemaak om die som eenvoudiger te maak en moontlik ook foute gemaak (laat weet my asb indien wel!) maar ek dink mens kry die prentjie. Daar is ook heelwat inligting uit die VK wat duidelik daarop dui dat alhoewel hulle + gevalle vinnig styg hulle sterftesyfer laag bly (gister bv. 56k + gevalle en slegs 41 sterftes, ek verstaan meeste hiervan was mense wat nie ingeent is nie)...maar die grootste deel van hulle bevolking is reeds ingeent (meestal met AstraZenica) so dit wys dat inentings 'n hengse impak het?

 

Mens kan seker somme maak soveel mens wil, die besluit bly elkeen se eie. Minstens is dit 'n interessante onderwerp! En jammer vir die somme so op 'n nugter maag maar die hele pandemie ding bly uiteindelik ook 'n somme-maak speletjie (risiko).....mense sal doodgaan en ander mense (hopelik die meerderheid) sal oorleef. En tans bly ons alternatiewe maar min, so Phizer of J&J sal dit maar moet wees. Die alternatief ly tot die plek met die lang bome en ek is nog nie gereed daarvoor nie, altans nie terwyl ek 'n bewese alternatief het wat die waarskynlikheid in my guns swaai nie. OK ek sal nou ophou somme maak vir 'n ruk laugh

 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 21/07/2021 - 18:51

.... eerstens hoop ek dat jou forumnaam nie verwys na 'n harde knal van een of ander obskure deel van die anatomie nie. Indien wel, is dit ook "okay".

Maar ten spyte van die feit dat jy sekere aannames maak, klink die syfers hierbo nogals logies. En dít laat my voel ek het die regte besluit geneem om die inenting te neem. Ons wag nou vir 3 Aug om aan te breek vir die 2de Pfizer-inenting.

En ek hoop dat oom Cyril ons begenadig sal wees om darem vanaf Maandag 'n ou biertjie te kan aankoop. Dit word warm hier by Eiland.

Môre vriende

Ons het elkeen 'n keuse, en beslis sekere standpunte en/of sentimente. Mens leer bymekaar, en oorweeg en bedink mos ander se sienings, veral as dit verskil van jou eie. Dit is wat ons sterker maak. 

Ek sal baie jammer wees as persone wil onttrek van die forum oor sulke nietige dispute. Ons gaan verskil oor baie dinge, maar ons deel beslis ook baie sieninge. Laat ons verby verskille kyk, en wedervaringe hier deel.

Maak soos ek, as iemand iets kwytraak wat my nie aanstaan nie, vermy dan net die onderwerp. Dis mos eenvoudig soos----almal hou nie van Toyotas nie, maar dis mos elkeen se keuselaugh.