Forums
Chris ek weet nie of jy bewus is van die afsterwe van Johan Marais van Onrus Rivier nie. Hy was blykbaar n kennis van jou. Hy het by die SAD gewerk op Wellington. Vriende wat vandag by ons gekuier het het genoem dat julle mekaar geken het
Ons het sy begrafnisdiens…
Ons het sy begrafnisdiens noodwendig gemis, maar ons mis ook Ralie se jongste broer se begrafnis. Hy's eergister na 'n ernstige beroerte oorlede.
Baie sterkte, en innige simpatie met die verlies van Ralie se broer.





Maurits
Ja - ons was baie goed bevriend met Johan en Magriet. Ons was bure in Wellington toe Johan by SAD gewerk het en ek by die Droëvrugteraad. Ons het so 'n paar weke voor ons vertrek hier na Roemenië nog gou een oggend by hulle gaan tee drink. Toe't Johan, ten spyte van die leukemie, baie goed gelyk en geklink. Ek was baie verras toe Magriet laat weet hy's in die hospitaal a.g.v. sy hart. Ralie het gister weer met Magriet kontak gehad en onderneem om pas na ons terugkeer 'n draai by haar te gaan maak.
Ons het sy begrafnisdiens noodwendig gemis, maar ons mis ook Ralie se jongste broer se begrafnis. Hy's eergister na 'n ernstige beroerte oorlede.
Maar dankie dat jy daaraan gedink het om my te laat weet.