Forums
15 Jun Hopetown by aangetroude familie
16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers
18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)
19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)
26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)
30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)
1 Jul Potchefstroom by skoonouers
2 Jul Victoria-Wes gastehuis
12 slapies
Ek is nou amper by slapies tel en begin uitsien daarna om die pad te vat. Chris Jnr sê gereeld hoe baie hy uitsien daarna om weer Krugerwildtuin toe te gaan.
Soos julle weet is ek besig met die Kavango se batterye maar het ek reeds die wa nagegaan. Die grondseil is verlede week gewas. Die Ranger is ook gereed.
min dae in....
...Tsendze, ek dog julle hou van die kampie.?? Lyk of julle voorkeur gee aan Shingwedzi.
Gelukkig verkies elke gesin mos van sy voorkeur plekke, dus kritiseer ek nie.
Happy wife, happy life
Ek is baie lief vir Tsendze maar daar is nie sein nie (waarvan ek ook baie hou). Dit maak dit vir Salomien moeilik om haar werk gedoen te kry en dan sit ons lang tye by Mopani waar sy by die konferensie sentrum WiFi gebruik. Ek moes dus afskaal by Tsendze en byvoeg by Shingwedzi. Gelukkig is ek lief vir lg ook.
Chris.
Môre Chris WH, as die weer dit toelaat, kan jy mos vandag die nodige op die Kavango finaliseer.
Soos die baterye dinge uitsorteer en al die tegniese dinge in plek kry, of is die baterye al uit gesorteer?
Julle ry mos Saterdag en weeks dae laat min tyd toe vir die soort werk, of is jy al met verlof?
Geniet die laaste voorbereidings, tyd gaan vinnig om
Sewe slapies
Môre Oom Slot
Ek het bietjie opgelees en toe op Takealot ‘n laaier met ‘n pulse repair funksie gekoop. Dit het maar R349 gekos, so ek het besluit om dit te probeer voor ek R5000 vir twee nuwes betaal en dan sommer die laaier in die Kavango te hou.
Wat dit doen, is om tussen 15,2V en 14,8V te pols terwyl die repair modus aangeskakel is. Dit is veronderstel om hitte en vibrasie in die plate te veroorsaak wat sulfasie laat loskom. Ek het die Kavango battery wat swak getoets het daarmee gelaai, en gaan vandag weer die batterye toets. As dit nie die probleem opgelos het nie sal ek maar nuwes moet koop.
Die forums waarop ek gelees het is verdeeld oor die sukses van so ‘n repair charge. So ek kyk maar self. Wat vreemd was, is dat battery 2 wat nie eers twee ure gehou het nie 12,7V gemeet het nadat dit ‘n paar dae gestaan het. Wat ek wel weet, is dat my Snomaster die spanning van die batterye laer lees as wat dit meet oor die pole. Dit sny dus vroeër uit as die limiet wat gestel is. Dit kan bloot wees omdat hulle te dun (of lang) drade gebruik het in die Kavango van die battery af na die yskas se sok toe.
Verder is alles in orde. Ek werk nog die komende week. Die Ranger gaan Dinsdag na Pierre Nolte toe. Dis in Februarie gediens maar daar is teen lae revolusies sedert verlede week so effense fluit as ek versnel. Ek wil net seker maak die turbo is gesond. Hy gaan sommer die Ranger op die dynamometer sit en die sagteware verander ook. Toe hy dit gediens het, het hy vir my gesê hy kan voel die bakkie lewer minder as wat die moet. Hy ken die enjins (hier is baie meer Rangers as Hilux) en het self een gehad wat hy ingeruil het op ‘n nuwe reeks een.
Ctek laaiers
Chris S, al die Ctek laaiers se 1ste stap is juis die desulfisering. Ek gebruik myne al jare uitsluitlik vir die voertuie se papperye. Ongelukkig kos die laaiers omtrent 'n nuwe battery se prys.
Hoewel dit die batterylewe aansienlik verleng het, kom daar maar 'n tyd wat 'n battery se lewe kaputt is.
7 stap laaier
Die laaier het ‘n sewe stap laaiproses in sy gewone siklus. Die eerste stap is ook desulfasie. Maar dis nou vir roetine laai. Dan is daar die puls funksie vir herstel van ‘n battery wat reeds sulfasie oorgekom het. Ek toets tans die batterye en sal laat weet of die herstel funksie ‘n verskil gemaak het.
Battery toets
Ek het gister die twee gel batterye wat in die Kavango was in parallel gekoppel sodat hulle kan gelyk trek. Vanoggend het ek die blou prop uitgetrek om te kyk hoe vaar hulle. Dit het beter gegaan as voordat ek die puls herstel laaier op die een gesit het, maar gaan steeds nie deur die nag hou by Tsendze nie.
Gistermiddag het vriende iets kom vat hier, en Salomien het duidelik laat blyk dat sy glad nie Tsendze geniet nie want daar is nie krag nie en ook nie selfoon sein nie (presies hoekom ek daarvan hou). Ek sal maar twee nuwe batterye moet koop. Die keer gaan ek dit nie tussen toere op float hou nie. Dalk hou batterye nie daarvan nie. Ek sal maar die wa uitgeprop los en die Snomaster van 220V af laat loop om die kompressor aan die gang te hou. Die batterye sal ek net een keer ‘n maand met die nuwe laaier met die sewe stap siklus laai.
Hier is die vergelyking tussen die batterye voor en na die puls herstel laai.
Tsendze geniet
Môre Chris S
Ek wonder sommer, wat is jou vrou se grootste beswaar? Die feit dat daar nie selfoon sein is nie, vir haar werk. Ek bedoel al was daar 220V en steeds geen sein nie, gaan haar werk situasie nie juis verbeter nie.
My beterhelfte is ook nie gaande oor "kragloos" nie, sy hou van haar mikrogolf en hare gereedskap. Tog geniet sy Tsendze, maar nie Balule nie. Laasgenoemde se donker ablusie skrik haar af.
My karavaan batterye is ook tussen vakansies nie op enige krag gekoppel nie. Ek gaan kyk maar elke maand, en as dit effe volts verloor het, koppel ek die panele en laai dit tot dit float. Dan bêre ek weer alles.
So het my wa gestaan van laasjaar Oktober tot nou Maart, toe ons eers weer gaan kamp het.
C tech laaier
Die C tech laaiers kan permanent aan ń battery gekoppel bly. Het ñ onderhouds siklus vir waneer die battery vol is. Dan glo ek nie aan om battery te laat afloop, dan te laai, weer afloop, strategie nie, dit eet mos in die siklusse wat batterylewe bepaal in, of hoe.
Ek glo dat ...
... meeste (indien nie almal) weet dat my kennis omtrent tegniese dinge so na-aan "nul" is as wat jy kan kry. Ek weet (en begryp) dus niks t.o.v. die aspekte oor batterye en battery-laaiers nie. Al wat ek weet is dat my karavaan se battery 'n diep-siklus battery is (aldus die plaaslike SupaQuick wat dit jare gelede aan my verkoop en geïnstalleer het). Hierdie battery staan 24/7 op "charge" met die karavaan se ingeboude laaier. En vir jare (is dit 5- of 10 jaar?) het dit my nog nooit in die steek gelaat nie.
Nou kan hierdie leek nie verstaan waaroor al die ge-"oe" en "-a" oor batterye en hul laaiers is nie. Verskoon my gebrek aan kennis.
Ouderdom
Ek het deurmekaar geraak met die Kavango se batterye se ouderdom. Toe ek nou gaan kyk sien ek hulle is meer as vier jaar oud. Die ontwerpleeftyd is volgens die www “tot” ses jaar indien dit vol gelaai gehou word. Die Kavango se batterye het tussen toere diens gedoen in die huis met my ou Mecer omsetter voordat ek die AGM batterye gekoop het waarvan ek een in die Kavango getoets het verlede naweek.
So nou verstaan ek hoekom hulle nie meer so lank hou nie. Dit is dus seker maar tyd vir ‘n nuwe stel. Gelukkig sê my vriend wat by Diesel Electric werk dis nou onder R4000 vir twee. Dis nou met sy afslag by, wat ek gelukkig kry.
Gawe vriend...
...wat jy het. Ek sal daai vriendskap koester.
Probleem opgelos
Ek het gistermiddag 16:00 die twee batterye wat met die huis se omsetter gewerk het voor ek hulle verlede jaar met ‘n LifePo4 vervang het in die Kavango gesit. 14 ure later staan hulle op 12,53V en is dus nog nie eers 50% ontlaai nie.
Die batterye is maar twee jaar oud. Ek het gedink fase 6 beurtkrag het hulle gebreek, en toe die LifePo4 gekoop. Ek dink hulle het maar net nie kans gekry om vol te laai destyds toe die beurtkrag so erg was nie. Ek weet dis nie gesond vir ‘n battery nie, maar dit lyk darem of hulle nie seer gekry het nie en ons deur die nag sal sien by Tsendze. Nou moet ek net deur die week by die werk kom.
Tsendze en Salomien
Dis waar, maar ek dink die twee in kombinasie gee vir haar ‘n mental block. Salomien het nie grootgeword met kampeer of toer nie. Sy het dit by my geleer vandat sy 27 was. Voor ons kinders gehad het, het ons lekker agter in my Colt Trailbuster geslaap en met ‘n sakstort oor die weg gekom. Krugerwildtuin, Kgalagadi, Mabuasehube, Sentraal-Kalahari, Chobe, Zimbabwe en Mosambiek toe.
Toe kom die kinders, en vir vier jaar sit ons met ten minste een kind wat nie ouer as twee is nie. Toe ek weer wou begin kampeer toe Kara twee is, was dit met ‘n Venter Bushbaby. Dis omtrent toe ek by die forum aangesluit het. Salomien het dit nie geniet nie (die Bushbaby). Dis toe dat ek begin soek het vir ‘n bos wa. Sy het gesê as ons een kry kan ons weer kampeer. Sedert Oktober 2019 geniet ons die Kavango.
Dis nie dat sy Tsendze haat nie, dis die gesukkel om haar werk gedoen te kry terwyl ons daar is. As die yskas dan afgeskakel moet word om batterye te spaar is dit vet op die vuur.
Het jy al 'n omsetter....
...in Kavango??
Ek het 'n kleintjie [1kWatt] laat insit, saam met opgradering by BPE. Dit moet eintlik 'n 2kWatt wees, om haardroër ens te trek, maar dit hou mammie gelukkig.
Sielkunde is 'n bliksem, as Marie sien ek begin sweet as dit bewolk bly, is die vet ook uit die pan uit
Probleem opgelos Dit is…
Dit is nou 'n bonus
Omsetter in Kavango
Die Kavango het ‘n kleintjie in, maar ons gebruik dit nie. Gelukkig is Salomien nie gepla oor ‘n haardroeër vir haarself nie (Kara se hare word wel droog geblaas na dit gewas word) , en ons kampeer nie in die winter waar daar nie krag is nie (Tsendze tel nie, want dit word nie regtig winter daar nie so hare word in die dag gewas en word self droog). Fone word sommer in die Ranger gelaai. Sy 12V sokke bly krag gee al is die sleutel uit.
Salomien se werklus.....................
As ek Salomien se skoonpa was, sou ek gesê het : "Salomientjie, vakansietyd is 'n tyd om saam met jou gesin te ontspan en die gewerkery moet tuis gelaat word. Dis 'n mooi eienskap om hardwekend te wees, maar daar MOET perke gestel word. Selfs vir eienaars van hul eie onderneming MOET daar 'n ruskans wees, veral saam met hul gesinne - gesinne verdien dit ook."
Eenvrousaak
Dis maar die probleem met ‘n eenmansaak en die aard van haar werk. Sy doen nie net fotografie nie, maar ook webwerwe en sosiale media bemarking. Lg verg plasings en nuusbriewe op sekere dae en tye. Van dit kan vooraf geskeduleer word, maar een van haar kliente is Hussar Grill. Hulle hoofkantoor moet elke plasing eers goedkeur so sy moet dit eers vir hulle stuur, wag dat hulle dit goedkeur en dit dan plaas op Facebook, Instagram ens. Daarom dat die gebrek aan internet lol.