6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Kamp woordeboek

Submitted by Lennbos on

Lennbos:   Ons het so n ryk en interresante kampkultuur dat dit lyk asof ons al hierdie woorde en gesegdes iewers moet aanteken sodat ons daarop kan uitbrei. Daar is honderde woorde wat op kampery van toepassing is soos Voortrekker se eiergooikommunikasie vir die raasbekke. Ek dink veral aan die die woorde en gesegdes wat met humor of kamptradisie gelaai is. Daar was vir jarelank n wilde woordeboek in sommige tydskrifte wat goed was.Die hele idee hiermee is om almal wat dit lees aan die dink te sit.

Kan ons probeer om die woordeboek ook prominent te plaas sodat enige kamper wat toegang tot Kampforum het dit kan sien en aanvul met hul eie insette. Wat dink julle?

Onderskeiding kan aangeleer word.

Voortrekker:  Goeie Dag Lenn   (as die draad loop dan word hy gestick)  goeie idee.

Dit is waar wat jy se.   Daar is baie woorde.Ek vind dit bietjie moeilik om aan nog woorde te dink so vroeg op die maandag oggend, maar gaan probeer.

Eiersgooi of Draad knip
  ...- vir daai harde musiek.   Alhoewel ek al die eiergooi self toegepas het het ek nog nooit die sidecutter metode gebruik en 'n ou se kragkabel geknip nie - wil nou nie graag dit hier stel assof dit 'n aanvaarbare metode is nie -  het iemand dit wel al gedoen?

EK kan aan nog 'n woord dink: 
  
Stortsnot
wel daar is 'n hele draad hieroor, so ek gaan nie weer verduidelik nie -  Storsnot Draad

Dusty:    Gietergat
Iemand wat 'n toilet bemors

Freda:  Ek het twee, wat met hout te doen het:

HOUTSUIER    Iemand wat sonder hout opdaag, sonder dat hy eers uitgevind het of daar hout te kope is by die park.  Dan kom hy na jou en vra of hy van jou hout kan oorkoop.   Jou hout beteken vir jou baie meer as die paar rand wat hy jou gaan gee.

HOUTDIEF    Iemand wat sonder hout opdaag en dan joune in die nag kom steel.

Frikadel:    PATATA TOON - Daai mense is gewoonlik op oorde wat ek nie sal besoek nie omrede ek daar is om te ontspan en ek like nie faait baie nie.

Die lewe is n lied, tokkel daai kitaar en laai die vuur!!

WilleWillemien:   Grensbewoner: Die ou wat so naby aan jou opslaan dat sy penne op jou werf staan.

WilleWillemien:  Renosterkoffetjie: Oggendkoffie ge-dous met 'n brandy of whisky.

WilleWillemien:  Tokkel-lok: Die ou wat aanmekaar in die oggende die wasbak tokkel met sy skeermes terwyl hy skeer.

Stort-snuiter: Die ou wat sy neus innie stort uitblaas.

Bruller: Die ou langs jou wat sulke harde winde los dat jy dink die Leeus is aan die brul om jou wa.

Riem trek: Toue weer vir 'n slag gaan styf trek.

Grasvreter: die ou wat die oord se grasperke uitmekaar spin om sy wa in posisie te trek.

KAMP BLY STEEDS BETER AS WERK.

Frikadel:

WilleWillemien het geskryf:

Tokkel-lok: Die ou wat aanmekaar in die oggende die wasbak tokkel met sy skeermes terwyl hy skeer.

Stort-snuiter: Die ou wat sy neus innie stort uitblaas.

Bruller: Die ou langs jou wat sulke harde winde los dat jy dink die Leeus is aan die brul om jou wa.

Riem trek: Toue weer vir 'n slag gaan styf trek.

Grasvreter: die ou wat die oord se grasperke uitmekaar spin om sy wa in posisie te trek.

Dankie tog n tent se toue is nie gemaak van draad nie!!

Die lewe is n lied, tokkel daai kitaar en laai die vuur!!

Voortrekker:

Frikadel het geskryf:        WilleWillemien het geskryf:

Tokkel-lok: Die ou wat aanmekaar in die oggende die wasbak tokkel met sy skeermes terwyl hy skeer.

Stort-snuiter: Die ou wat sy neus innie stort uitblaas.

Bruller: Die ou langs jou wat sulke harde winde los dat jy dink die Leeus is aan die brul om jou wa.

Riem trek: Toue weer vir 'n slag gaan styf trek.

Grasvreter: die ou wat die oord se grasperke uitmekaar spin om sy wa in posisie te trek.

Dankie tog n tent se toue is nie gemaak van draad nie!!

Ek wou iets soortgelyk se maar toe onthou ek dat ek super voorbeeldig moet wees.

WilleWillemien:   Teesakkies wat in parafien geweek word en vir vuuraanstekers gebruik word:Brakpanoesters .-    Dankie Antie Hester.

KAMP BLY STEEDS BETER AS WERK.

Voortrekker:   Kampfoeffel

WilleWillemien:   Wat doen 'n kampfoefol?:)

KAMP BLY STEEDS BETER AS WERK.

Frikadel:

WilleWillemien het geskryf:

Wat doen 'n kampfoefol?:)

Karfoefel word gedoen in n kar.
Kafoefel word gedoen by die huis op die bank voor die TV.
Kampfoefel word gedoen in die karavaan of tent.

Kampfoefol is die ou wat wat die lede wat kampfoefel afloer.

Die lewe is n lied, tokkel daai kitaar en laai die vuur!!

Voortrekker:

Frikadel het geskryf:         WilleWillemien het geskryf:

Wat doen 'n kampfoefol?:)

 

Kampfoefol is die ou wat wat die lede wat kampfoefel afloer.

Kon dit nie self beter se nie.

Johann L:  Snotseperator
Wat ek daai ou noem wat so snot spoeg. (In stort en elders).  -Die lewe is 'n lied - die natuur voorsien die musiek.


Lennbos:  n Struikelaar is nie iemand wat struike aahou of by n kwekery koop nie. Ek het by n ou kollega gehoor dat as n fees lank aanhou kan n man n lastige systappie ontwikkel en dan word hy maklik n struikelaar in die proses om by al die tent toue verby te kom.

Onderskeiding kan aangeleer word.

dassie:  Kamp-oemfie dis die ou wat elke keer sy kar was nadat hy n ent in die bos gery het

Len Loader:    Spellessie : 
- outomaties eerder as automaties
- karavaan of woonwa eerder as karefaan

Len Loader
 

Voortrekker:   Dankie Len!

WilleWillemien:   Kierrie-korting: Pensioenarisafslag.

Bird Watcher: Die ou wat heeltyd oor jou skouer loer wanneer julle voor die krip staan piepie.

SkaamJannie: Die ou wat sy rug so half op jou draai wanneer jy langs hom by die krip kom wee.

Papvreter: Die ou wat sy tollie so erg afskit dat dit kompleet klink soos 'n Bulldog wat pap vreet.:)

 

Len Loader:    Spellessie :   - weer eens eerder as weereens

BATMAN:   Len, ek verskil. Die korrekte spelling is weereens

Frans Pretorius:   Albei is in gebruik, weer eens, en weereens

KOFFIE!! KOFFIE!!! Waar's my KOFFIE!!!! 

WilleWillemien:  Wat van Eeens weer, = eendeweer.

BATMAN:   Frans, jy's reg ek het nou weer gekyk. Albei word aanvaar

2015 Subaru Forester 2.5 CVT & 2016 Le Busha Overlander Boswa

Len Loader:   Ek sit in Hartenbos en het nie 'n woordeboek byderhand nie en kan dus nie stry nie.  Maar as jy reg is, het ek mos ook nou ietsie geleer !  Gaan beslis dit opvolg !

Len Loader:    Jammer mense, ek was gedeeltelik verkeerd.  Weer eens kan los of vas geskryf word volgens 'n stuk van die Noordwes Universiteit :-
TAALWENK    -Weer eens of weereens?
U sien waarskynlik in skryfwerk dat die bostaande spelvorme gebruik word en dan wonder u
dalk wat die korrekte vorm is. Die patroon in die verlede was dat slegs die losgeskrewe vorm
weer eens aanvaarbaar was, maar in die 1991-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en
spelreëls is besluit dat beide die los en vasgeskrewe vorm aanvaarbaar is hoofsaaklik omdat
daar so ʼn uiteenlopende gebruikspatroon tot stand gekom het. Hierdie gebruik word voortgesit
in die beplande nuwe uitgawe van die AWS (wat waarskynlik in 2002 gepubliseer sal word).
Die goue skryfreël in so ʼn geval is: wees konsekwent met jou keuse. Dus weereens of weer
eens. Moet hulle net nie meng in dieselfde skryfstuk nie.
Die interessantste hier is dat slegs by weer eens en nog eens word die los skryfwyse naas die
vaste skryfwyse erken. In alle ander gevalle word verbindings met eens vas geskryf, bv.
ineens, meteens, opeens.     WAMC
Ter versagting, ek was 53 jaar gelede in matriek en soos hierbo vermeld, was dit destyds so !
Ek is nou nog meer in my skik met hierdie onderwerp.  As dit nie hiervoor was nie, het ek nie vandag iets geleer nie ! -Len Loader

Frans Pretorius:

WilleWillemien het geskryf:

Wat van Eeens weer, = eendeweer.

WW, jinne, ons eet nou nie eintlik eend nie!!!???, maar het vandag eendeweer hier in Klerksdorp!!!

KOFFIE!! KOFFIE!!! Waar's my KOFFIE!!!! 

Freda:   Ek kan redelik goed spel, maar daar is maar min mense wat nooit twyfel oor die spelling van een of ander woord nie.   Daar is heelwat verwarring in Afrikaans of 'n woord los of vas (soos weereens) geskryf moet word en ook wanneer om koppeltekens te gebruik.  Vir baie lank al neem ek elke dag deel aan "Beter Afrikaans" se speltoets.  Dit is net vier vrae per dag, van Maandag tot Vrydag.   Vir elke korrekte antwoord kry jy 25%.   Dus, jy kry 0%, 25%, 50%, 75% of 100% vir elke toets.   In al die tyd wat ek dit doen, het ek nog nooit 'n gemiddeld van 100% vir die week gekry nie.  So paar weke terug was ek amper daar, toe kniehalter hulle my weer met 2-deur-Renault.  Ek het 2-deur Renault gekies.    Selfs as jy woorde google, kry jy dikwels verskillende spellings en dit van mense of instansies wat behoort te weet wat die regte spelling is.

dassie:  Ja Afrikaans is nogal n fyn taal en die mooiste beskrywende taal ooit .

Lennbos:  Verskonings: As jy sukkel met n taak wat nie rocket-science is nie, dan is dit gewoonlik die son wat in jou oe skyn of jou hammer wat te lig is. As jy dan nog jou vinger raakslaan trek n goeie woordeboek sy buiteblaaie toe om die kerriewoorde te weerstaan.

Onderskeiding kan aangeleer word.

Len Loader:   Spellessie vir die dag :-    Kampeerders eerder as kampers

Voortrekker:  Dankie Len

Len Loader:  Vandag se spellessie (Engels hierdie keer) :-

- "eyelet" eerder as eyelid of eyeled.  Dis die gaatjie in 'n seil met 'n metaal ringetjie om dit te beskerm van uitskeuring.   Ek kon nog nie 'n Afrikaanse woord hiervoor opspoor nie.

Len Loader

Frans Pretorius:  Len, die normale gebruikswoord in Afrikaans kon wees "ogie"of "vetergaatjie", waar laasgenoemde eerder by skoene bekend sou wees. Die selfstandige naamwoord eyelet sou dan in Afrikaans wees "metaalringetjie". Ons gebruik sowat 1000 tot 1500 per maand!!!

Mens raak so gewoond aan die Engelse beskrywing, ons gebruik die metaalringetjies feitlik daagliks in die vervaardiging van leer en plastiese sleutelhouers, en dis moeilik om vir klante te verduidelik in Afrikaans watter komponent van die " klaargemaakte produk" uit voorraad is, in Afrikaans, die publiek verstaan dit nie!!! As jy egter sê: die eyelets het nog nie gekom nie, verstaan hulle!!!    Jammer vir die kaping van die draad!!!

KOFFIE!! KOFFIE!!! Waar's my KOFFIE!!!! 


Len Loader:  Frans, as 'n mens "metaalringetjie" in die konteks van kampeer-seile gebruik, behoort almal dit te verstaan.  Daar kom egter nie so 'n selfstandige naamwoord in my Woordeboek van die Afrikaanse Taal voor nie, seker maar omdat metaalringetjie baie betekenisse kan hê en nie noodwendig 'n "eyelet" is nie.  Dis egter interessant dat "eyelet" in my Oxfort Dictionary presies omskryf word as "a small hole through which a rope is passed and a metal ring strengthens it".

Somerset-Wes

Dirk

Tue, 09/05/2017 - 12:08

WilleWillemien, ons noem daardie koffie met brandewyn 'n broffie. Met 'n broffie sluit jy 'n wintersaand om die kampvuur goed af.

Vaalpark

Johann L

Mon, 05/06/2017 - 20:49

Help my reg as ek verkeerd is.

Add a room - 'n ekstra vertrek wat aan jou hoof tent vas zip. Dit het normaal net drie kant panele en geen vloer nie.

Multiroom = 'n add a room, maar het vier kant panele waarvan een 'n deur in het,  en kan ook los van hoof tent op geslaan word. Dit het ook 'n seil tipe vloer wat reeds aan die vertrek vas gestik is. (Soos 'n apparte tent op sy eie).

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 23/06/2017 - 13:52

Nee wat ek los maar die nuwe woorde, ek word gerdreig as ek nuwe woorde herhaal?!

Net een regstelling, ou WW noem 'n noem 'n man wat jpou beloer 'n "Birdwatcher"? die korekte term is 'n voelkyker.

Birdwatcher is 'n ou wat vir die mooi meisies op die strand of by die swembad kyk.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 23/06/2017 - 14:07

Oom Voorie, ek sal nou soos Spekkies se "FAAAAAAAIIIT!!!!!

Maar jy ek glo jy is in die kol met jou behoefte bepaling?

Persoonlik gee ek nie om as dit net by behoeftelikheid bly nie, solank dit net nie oorgaan in uitvoerbaarlikheid nie!

Secunda

Sleep nou

Sun, 29/07/2018 - 00:41

Jy sal soms hoor iemand se (bol in die hol) betekenis ek moet gou n toilet kry

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 29/07/2018 - 05:52

He-he, dis nogal lekker om die ou draad weer te lees.   Sê vir my, ek wil graag weet, bestaan Speknek nou nie meer nie?    Ek verlang nou regtig na die ou.  Niemand kan sy plek vat nie.laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus