dagse ek soek bietjie raad vandag
wat dink jul manne van die raley tente in sake wat werk soos n awing aan die kant van die karevaan slaan hy viniger op en af of wat is jul ondervinding met dit gee asb bietjie advise indien jul dit gebruik
Bena, ek sien dit ook soos…
Bena, ek sien dit ook soos Willem met die nat oprol.
Ek het egter verlede jaar in die kaap iemand met 'n Palma gesien wat sy Fiama awning so genaak het dat dit ook kante kan aan rits. Baie oulike idee.
Ons probleem is egter, my gewone awning het nog net eenkeer op gekom, ons gaan selde alleen kamp.
Weet nie so mooi nie jong,…
Weet nie so mooi nie jong, die manne wat dit het, glo in dit, seker te skaam om te aanvaar hullle het eintlik stront gekoop
.
Jy spaar seker 15 min in tyd met opslaan ja, maar daai goed is maar flimsy, as die wind waai het ek al gesien hoe slaan hulle die goed af, meeste van hulle kan ook nie sides vat nie, die dak is ook kleiner as die standard awning.
Nee wat, ek is van mening dat jy baie meer gerief het met n standard awning en sides wat jou 15-20 min langer vat met opset as daai pieperige goed, meer stabiel en sterker ook in wind, reen ens.
Die dag as ek te lui raak om my awning op te slaan, dan hou ek sommer op met kamp, but to each their own se hulle ne![]()
Ek het gesien dat mense hul…
Ek het gesien dat mense hul raley tente sakke aanwerk en dit dan so langs die kan soos die awing laat werk ek kamp egter net met n raley met sykante ek dink n ou spaar bietjie tyd met opslaan maar soos willim se as hy nat is sal n ou weer moet opslaan ek dink dis n oulike idee omdat hy sy plek het langs die wa en nie nodig om.in n ou se wa te stoor nie so n ou wen ok bietjie spasie ok en als het dan ma sy plek klink my elke ou het ma n idee wat dit vir hom lekker maak ek dink as n ou toer is dit handig ok jy spaar 10min se kamptyd
Dankie vir almal se raad sal nog bietjie dink voor ek n besluit neem
Dink ook nie dis so…
Dink ook nie dis so wonderlik as wat die mense se nie





Ben…
Ben
Ek het nie ondervinding van hom nie, maar al wat ek kan sien is dat dit jou spaar om hom in te ruig. Die probleem wat ek met dit het is dat sou jy in die reen opslaan moet jy daai nat rally oprol en in daai sak probeer kry.
???