Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 minutes ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -14 minutes ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago

Roemenië - 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos gister op die ou gesprekslyn (Roemenië 2022) genoem, het ons baie skielik besluit dat ons vir ons ver kinders wil gaan kuier. Dinge het in plek begin val vandag. Ek het 'n bietjie rond ge-"shop" t.o.v. vlugte se pryse en uiteindelik vasgehaak by ons voorkeur redery, naamlik Turkish Air. Afgesien van hulle goeie pryse versus die Wes-Europese rederye soos KLM, Air France, British Air en Lufthansa, vind ons dit baie gerieflik. Ek is inderwaarheid verstom oor die hoë tariewe van die ander genoemde rederye. Qatar bied ook baie mededingende  pryse, maar ek het sekere kriteria waaraan vlugte verkieslik moet voldoen.

Beide Turkish en Qatar laat jou 2 x 23 kg ingeweegde bagasie in die ekonomiese klas toe, terwyl meeste van die ander rederye slegs 1 x 20 kg toelaat. Ons vind die groter bagasie-toelating gepas omdat die kinders gewoonlik bestellings vanuit Suid-Afrika het. En dit pas ons ook om dingetjies vandaar af terug te bring.

Maar die grootste vereiste is die "lay-overs" by jou aansluitings-lughawe. Ek verkies 'n minimum van 2 uur en 'n maksimum van 3 uur. As jou vertrek vertraag word in bv. Kaapstad, dan kos dit soms hardloop om 'n aansluiting by die volgende lughawe betyds te haal. Só het ons bv eenkeer net-net ons aansluiting by Schiphol in Asterdam gemaak, maar ons bagasie het agterweë gebly - nie lekker nie. En dan het ons eenkeer 7 uur op Zürich gewag vir 'n aanluiting en eenkeer 5 uur op Charles de Gaulle in Parys. O donkie - dan gaan tyd darem stadig verby en jou gatvol-metertjie loop hoog in die rooi.

Gevolglik vind ons Turkish baie gerieflik. 10 Uur 25 minute nadat ons uit Kaapstad vertrek het, land ons in Istanbul waar ons 'n 2 uur 30 minute "lay-over" het. En die vlug vandaar na Bucharest is slegs 1 uur 15 minute. Met die terugkeer is dit net so gerieflik. Dit pas ons soos 'n handskoen.

Noudat die vlugte bespreek en betaal is, is dit nog net die visum-aansoek formaliteite wat gedoen moet word. En gelukkig het Roemenië 'n konsulaat in Kenilworth, Kaapstad wat dinge baie vergemaklik. Nou is dit net die nodige dokumentasie se bymekaarmaak waarvan die een 'n bietjie tyd vat, naamlik 'n uitnodiging wat my dogter aan ons moet rig. Dit moet opgestel word deur 'n notaris.

En voila - as alles volgens plan verloop vertrek ons Maandag 14 Augustus vanuit Kaapstad 17:05 en arriveer in Bucharest die volgende oggend om 08:15 - vir 6 weke by ons ver kinders. O.a. is ons daar vir my kleindogter, wat daar gebore is en grootgeword het, se 17de verjaarsdag. Ouma is kinderlik opgewonde.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 16/06/2023 - 10:49

Vir die Roemeense visum-aansoek moet jy etlike dokumente aanheg by jou e-visum-aansoek. O.a. afskrifte van jou paspoort, vlugkaartjies, uitnodiging van my dogter, bewys van fondse, mediese versekering en paspoortfoto's.

Ek wag net vir die uitnodiging wat deur 'n notaris opgestel moet word en die paspoortfoto's moet nog geneem word. Die res is reeds in PDF-formaat op my rekenaar gelaai en moet net aan die aansoek geheg word. Ek reken dat visum-aansoekkostes is ook maar 'n "rip-off". Ek sal eers bevestiging ontvang van die koste in Rand wanneer die aansoeke ingedien is, maar intussen sien ek op die Roemeense konsulaat se web dat dit €80 beloop - m.a.w. bykans R1 600 per visum.

Steeds is dit vergelykbaar met 'n wildtuin/Eiland Spa vakansie se kostes. My vlugkaartjies en visumkostes sal so net minder as R30 000 beloop. En soos voorheen genoem - ons verblyf kos ons niks behalwe vir ons bydrae tot die alledaagse huishoudelike kostes, wat ons in ieder geval ook maar tuis sou gehad het. Sou ons iewers heen gaan sal pa natuurlik maar die brandstofkostes en verblyf betaal, want my kinders het as sendelinge nie 'n vaste inkomste nie.

Ons was oor die jare, sedert 2005 se eerste besoek, bevoorreg om bykans met elke besoek 'n ander deel van Roemenië te besoek. Ons het dus die grootste deel van die land reeds gedek, met die uitsondering van die verre noordweste wat aan Hongarye grens. Ek hoop en vertrou dat ons dié gedeelte dalk vanjaar kan besoek - maar moet maar inpas by die kinders se baie besige program in hulle somermaande. Dit is die tyd wat verskeie oorsese "spanne" (uit die VSA, Engeland, Ierland en veral Noorweë) hulle besoek om te kom handgee met hul onderskeie projekte.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 16/06/2023 - 12:02

..........vir julle vorderingsverslag  -  interessant om op hoogte te kom van al hierdie dinge want ons oorsese besoeke sal nie sommer weer plaasvind nie.  Sou van ons kinders ook oorsee woonagtig gewees het, sou dit seker anders gewees het.

Ek hou dop hoe julle vorder.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 18/06/2023 - 18:44

Ek is maar verplig om my naam van Chris Kanselleer Boucher (ala Wildehont) gestand te doen.

Met ons skielike besluit om Aug/Sep Roemenië toe te gaan, is ek verplig om my Karoo Nas Park bespreking (8 - 21 Sep) hetsy te kanselleer óf uit te stel óf selfs na 'n ander park te skuif.

Ek en Ralie het so pas besluit dat ons die bespreking intussen gaan oordra na Ebb & Flow gedurende Februarie 2024. Dit val ook in die gryskoptyd, maar met die verskil in kampeertariewe tussen dié twee parke blyk dit dat ons dalk 2 aande langer by Ebb & Flow kan kamp. Ek sal gou môre finaliseer by EZI Bookings.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/06/2023 - 08:16

Chris, miskien moet jy wag met die besluit om die bespreking nou al te skuif. Dalkies gaan jy van besluit verander op n later stadium.devil.  Moet erken, die wat van ons maters hier hulle kampe en kuiers n hele jaar vooruit beplan, is moeilik om te begryp. Ja, seker vir n spesifieke plek met beperkte getal gaste, en baie populer sal ek dit oorweeg. Maar vir al die res, nee wat wil darem so bietjie buigbaar wees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/06/2023 - 14:29

Met Sanparke se beleid t.o.v. besprekings, laat hulle jou nogal baie buigbaarheid toe - mits jy net nie jou verandering in minder as 30 dae voor jou oorspronklike aankomsdatum maak nie. Ek was verplig om met die kansellering van ons Kgalagadi-bespreking, ander besprekings te doen. Dit het gelei tot die afgelope 3 nagte elk in Ebb & Flow, Bergkwagga en Karoo. Maar omdat daar nog 'n groot balans oor was, het ek besluit op 14 dae se kampering gedurende September in Karoo. En nou, met Chris Kanselleer se skielike besluit om eerder vir sy kinders in Roemenië te gaan kuier, kan/sal die September-trip Karoo toe nie realiseer nie. En sou iets voorval dat ek ook nie Februarie wil/kan Ebb & Flow toe gaan nie, dan doen ek maar net weer my verworwe naam gestand.

Terloops - ek het my vereiste uitnodiging ontvang.

Roemenië

Ek verstaan niks wat daar staan nie, maar ek glo dit is 'n uitnodiging. Ek sien darem my dogter en my en Ralie se name daarop verskyn.

Om deesdae sekere dokumente vanaf 'n bank te bekom is darem 'n "schlep". Ek benodig 'n dokument ter bevestiging van die limiet op my FNB krediet kaart wat ek waarskynlik in Roemenië gaan gebruik. In die verlede het jy geskakel en dit is vir jou per e-pos gestuur. Deesdae moet jy dit self "aftrek" m.b.v. die bank se "App". Om de dood kon ek nie daarin slaag nie. Na 'n ellelange telefoonoproep, waarmee jy ook sukkel om by iemand uit te kom, is ek uiteindelik geholpe - of is ek? Want ek moet minstens 4 ure wag vir die betrokke e-pos om verwerk te word. Dit is nou bykans 3 ure later. Hoekom twyfel ek of ek dit gaan kry?

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/06/2023 - 17:46

Met die onlangse besoek aan die Kgalagadi, probeer ek om ons laaste 3 aande bietjie te verander. Ons was bespreek vir 2 aande in Twee Rivieren en die laaste aand in die Kalahari tented kamp. Ek is meegedeel dat daar nie een nag in enige van die wilderniskampe in die Park beskikbaar is nie.

Ek seg toe vir die dame dat ons so pas 11 dae in die wilderniskampe deurgebring het, en nie een van die 11 aande was selfs die kampies met net 4 hutte vol nie. 

Toe verduidelik sy "mnr, daar word besprekings gemaak sodra dit oopmaak, 11 maande vooruit. depositos word betaal. Waneer dit 10 maande later nodig raak om die balans te betaal, gebeur dit nie, so die bespreking word gekanseleer. Maar omrede daar n betaling gedoen is op n hut, kom dit nie los op die sisteem nie.

Die wat Chris sy bespreking  vroegtydig verander, is sekerlik die mees "gentleman" manier om te doen en gee dit hopelik vir n laat beplanner n geleentheid. Maar sou iemand eers 9 maande wag voordat sy bespeking verander word, raak die kanse maar skraal dat die kanselasienou vir iemand sal pas op so kort kennisgewing.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 20/06/2023 - 15:48

Nadat "vars" foto's vir visum-doeleindes vanmiddag geneem is, is ons e-visum aansoeke 'n paar minute terug ingedien. Nou is dit maar wag om te sien of die Roemene ons weer sal toelaat in hulle land.

Ek moes op die aansoekvorm aandui of ons al voorheen in Roemenië was. Ek moes bietjie in ons huidige en vorige paspoorte gaan rondsnuffel om ons vorige besoeke aan te dui. Hierdie sal sedert 2005 my en Ralie se 8ste gesamentlike besoek daar wees. Sy was op haar eie daar tydens ons kleindogter se geboorte in 2006 en ek was eenkeer alleen daar toe ek 'n maatskappy-vergadering in Italië moes bywoon in 2008. Toe't ek gou-gou vir 'n paar dae oorgeglip. En elke keer sien ek daarna uit - om by my ver kinders te wees. Maar ek verpes dit om daar en terug te kom. Ek verpes vliegtuie en lughawens.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/07/2023 - 15:15

My verbasing was groot toe ek vandag, op die Sondag, e-posse ontvang om te meld dat ons visum-aansoeke is "validated" en dat ons eerskomende Dinsdag om 10:00 & 10:30 onderskeidelik, afsprake het by die Roemeense konsulaat in Kenilworth. Synde dit nog dieselfde konsul-generaal is as verlede jaar, hoop ek dat ons visums sommer Dinsdag afgehandel sal word. Soos gebruiklik moet ons, ons paspoorte en stawende dokumente saamneem. Waar ons by vorige geleenthede altyd 'n week of later moes terugkeer om ons paspoorte, met ingeplakte visums, te gaan afhaal, was hulle verlede jaar so gaaf om alles sommer dadelik af te handel en kon ons huistoe keer met ons visums.

Ek het gisteraand vir Ralie gesê dat ek só uitsien om by die kinders te wees, maar dat die langer as 10 uur vlug tussen Kaapstad en Istanbul soos 'n berg voor my lê. Om vir só 'n tydperk in 'n ekonomiese klas sitplek te verkeer met my 1.88 meter en 119 kg lyf is nie sports nie. Genadiglik duur die vlug tussen Istanbul en Bucharest beswaarlik 'n uur en intussen kon ek darem weer 'n bietjie bene rek (en vreklekker koffie drink) op Istanbul lughawe

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/07/2023 - 16:24

Bly julle reëlings is opkoers  -  14 Augustus is sommer om die draai !

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/07/2023 - 17:04

Chris, hoe op aarde jy jou lyf in die stukkie spasie indruk moet bitter wees. Ons is ewe lank, ek weeg so middel tagtig in goeie gesondheid, maar kon nog nooit my sit kry nie. Praat nie eers van slaap nie, nee, kyk tv die hele nag deur.

Gisteraand na n paar Sauvignons trek Von los en sy se,"ek is amper reg om te vlieg. Kyk sy is niks lekker op die Swartberg pas nie. Kan jy indink daar bo naby die hemel! .  n Trip Engeland toe, sien sy voor kans! Vanoggend is sy stil, ek hoop sy het anders besluit in die nag.

Chris byt vas met die styfsit, en glo julle gaan weer so scenic trip doen soos verlede keer. Daai bergpas was iets besonders!

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/07/2023 - 17:43

Herman, bedoel sy dat sy reg is om te vlieg, of jyself. Ek vermoed sy wil vir die kinders gaan kuier in Engeland. Bederf haar, jou ou rowwe Swartberger

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/07/2023 - 20:37

Alhoewel die sogenaamde slim mense jou afraai om 'n slaappil tydens lang vlugte te drink, sal ek dit nooit maak sonder so-iets nie. Gevolglik kry ek 'n voorskrif vir twee lekker sterk slaappille by my GP - een vir die heenreis en een vir die terugreis. Daarsonder kom ek soos 'n zombie by my bestemming aan.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 10/07/2023 - 07:33

Môre  Chris, baie bly julle dinge trek nou na 'n punt toe.

Julle moet die toer geniet, verdra maar ongerief van die ongemaklik sit, dit raak erg, maar die kuier by jou kinders maak meer as op daarvoor.

Ons Australia visums is nou elektronie aan ons paspoorte gekoppel, die nuwe paspoorte het niks in nie, als op rekenaar. Enigste stempel is ook net Johannesburg se uit vlug en terug koms, Australia skandeer net die paspoorte en sie daar. 

Ons drink ook elkeen 'n slaap pil en die 12 uur vlug (direk) is dan sommer baie korter.

Hoe raak die nuwe aanlyn sars verklaring julle, ons was gelukkig om dit te mis.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 08:15

.... ek is maar agter die klip wat SARS se dinge aanbetref. Ek gebruik 'n belasting-adviseur al vir etlike jare toe ek na my amptelike aftrede nog 'n "side" inkomste verdien het en genoodsaak was om voorlopige belasting te betaal. Nou's ek weer terug na die ou norm, maar "pass" maar nog alles aan na die balasting-adviseur. Van tyd tot tyd kry ek 'n e-pos en/of SMS van SARS dat daar iets op E-filing is waaraan ek moet aandag gee. Maar dit "forward" weer vir die belasting-adviseur. Ek sal darem met haar skakel voordat ons mid-Aug vertrek om te verneem watter dokumente ek vir haar moet stuur om moeilikheid met Jan Taks te vermy. Ek wil tog nie daar in die verte sit en nog daaroor ook gepla wees nie.

Ek hoor wat jy sê van die lang ongemaklike sit en dat die kuier by die kinders opmaak daarvoor. Ek stem. Die ergste is egter die terugkeer. Dan moet ek ook lank ongemaklik verkeer, maar die kinders is nie hier om op te maak daarvoor nie. Haai - hoe ondankbaar klink ek nou. Ek kan my spreekwoordelike ou skoene agterna gooi dat ons nog in staat is om vir die kinders te gaan kuier.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/07/2023 - 09:49

ChrisB, ek het nou nie jou lengte en gewig nie, maar kan my indink dat dit 'n uiters ongemaklike situasie moet wees.  Ek is baie dankbaar dat al drie my kinders en hulle gesinne darem nog in Suid-Afrika (en nogal hier in Kaapstad ) by ons is en dus het my gevliegery tot 'n einde gekom na my aftrede.  Veral die laaste klompie jare voor aftrede het ek 'n oordosis van vlugte na verskeie lande gehad en plaaslik, veral tussen Johannesburg en Kaapstad en dan ook tussen Luanda, Harare en Kaapstad.  Dis nie net die vlugte self nie, maar alles wat vooraf en daarna daarmee gepaard gaan - die taslewe, die hele prosedure om by die lughawe uit te kom en om na al die ondersoeke by die vliegtuig uit te kom en dan anderkant, na aankoms weer alles in die teenoorgestelde rigting.  Om nie eers te praat van die visum-stories nie en die soek na billike vlugkaartjies.  Sjoe, ek is nou sommer moeg van net hierdie goed neerskryf.

Aan die anderkant Chris, alles sal die moeite werd wees om by julle kinders te kan kuier en ons sien uit om hier vanuit ons gemakstoele saam in Romenië te kuier.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 10:54

... ek wil my gevoel oor vliegtuie en lughawens amper beskryf as 'n allergie. Na baie jare se vlugte, hetsy binnelands of buitelands, is ek só gatvol van al die dinge wat jy noem. Toe ek in 1987 by my aftree-werkgewer begin het, het ek aanvanklik soos 'n "jetsetter" gevoel. Dit was destyds baie lekker, veral toe ek na slegs 6 weke diens die eerste keer kon oorsee gaan vir 'n vergadering in Verona, Italië. Stelselmatig het die opwinding van vlieg al hoe meer afgeneem. Die laaste 5 jaar van my werkende lewe was amper 'n straf. Ek moes elke tweede week in Johannesburg wees - en meeste van die tussenin weke hetsy iewers in Afrika of Europa. Dit was 'n straf. Gevolglik het ek 'n renons in vlieg, maar my liewe vroutjie geniet elke oonblik daarvan. Sy's klein en fyn en ervaar nie die probleme met ruimte wat ek ondervind in 'n vliegtuig nie. En sy geniet dit om in lughawe-winkels rond te drentel - wat ek weer verpes.

Maar nou ja - om die voorreg te kan geniet om by jou ver kinders te gaan kuier is ek bereid om opofferings te maak.

Die kinders het só 'n bedrywige program dat ek wonder of daar veel kans gaan wees om op ander plekke uit te kom. Hulle woon eerskomende naweek 'n troue by in Oekraïne. Dit laat 'n ouer maar ongerus voel, maar hulle reken hulle bestemming (Reni) is heel veilig. Reni is net aan die anderkant van die Donourivier, wat die grens vorm tussen Roemenië en Oekraïne. Hulle gaan tuisgaan by Michelle Potgieter - 'n sendeling uit Suid-Afrika.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 17:24

... vir môre se besoek by die Roemeense Konsulaat. Dit is, mits die verkeer "okay" is, sowat 1 uur 30 minute se ry van ons af tot in Kenilworth Die afspraak is vir 10:00, maar ons beplan om 08:00 in die pad te val.

Ek het gou vanmiddag die Hilux se tenk laat volmaak. Ons ry deesdae so min - ek was self verbaas toe ek sien ek het laas op 21 Mei, toe ons teruggekeer het van Oudtshoorn af, met diesel volgemaak. Ek is amper bang dat die diesel begin dalk gis in die tenk.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/07/2023 - 13:05

Ons het toe Dinsdag ons paspoorte en gepaardgaande stawende dokumente by die Roemeense konsulaat gaan afgee en gehoop om sommer dadelik ons visums te kry (soos verlede jaar). Laasjaar se visums was geldig vanaf ons aankomsdatum tot ons vertrekdatum wat op die vlugkaartjies aangedui was. Ek het Dinsdag verneem of die visums nie vir 'n langer periode kan uitgereik word nie - Roemenië laat 'n maksimum van 3 maande toe vir 'n 'short stay visa). Ons is meegedeel dat ons eers volgende week ons visums/paspoorte kan kom afhaal.

Maar vroegaand Donderdagaand bel die vriendelike mnr Nicolae Zaharescu (konsul-generaal) om te sê ons visums is gereed. Ons ry toe sommer gisteroggend Kenilworth toe om dit te gaan afhaal en was aangenaam verras om te sien dat ons visums is geldig vanaf 15 Aug (ons aankomsdatum) tot 11 Nov. Sou ons dus besluit om langer te kuier (onwaarskynlik) kan ons dit doen.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/07/2023 - 19:25

Chris, hoop dit gaan beter met julle vlugte as my maat wat vandag van af Holland terug is. 

Moes éérgister hier aangeland het, maar vlugte was om die of daai rede uitgestel, vertraag en selfs deur Nato afgestel.  Hy het gister boodskap gestuur " ek duik nou in, begin solank swem"

Daai deel van die wêreld waarheen jy jou begeef, is pragtig, maar met Prigozin en trawante as bure.... Ag ek is net n ou man wat net rustig wil wees sonder bobbejaan gaan soek.  Gaan ń lekker kuier wees.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/07/2023 - 20:47

.... my kinders is juis vanoggend Oekraïne toe vir 'n troue. Hulle bly oor by Michelle Potgieter - daar was baie van hulle geskryf in plaaslike media oor hulle werk in Oekraïne. Dit laat ons maar 'n bietjie "jittery" voel, maar ons berus daarby.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus