6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -20 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -23 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -39 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Kaapse draai - Geert

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Oppad

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/12/2023 - 06:03

Geniet julle vakansie en ons wag reikhalsend vir opdaterings met fotos.

Waar was die wegspring geneem, lyk soos Zambezi/N1 omgewing??

Pretoria

Geert

Wed, 20/12/2023 - 18:00

Waar was die wegspring geneem, lyk soos Zambezi/N1 omgewing??

Net voor Krugersdorp

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/12/2023 - 19:54

Naand Geert, ek is bly julle is veilig daar. Klink of jy kole gegooi het. 

Volgens die bietjie wat ek op foto sien, lyk die oord heel netjies. Geniet Orania, en gaan op die toer deur die dorp. Onthou net, julle moet op eie uitry na die koppie met al die monumente, of vra spesifiek om soheentoe ook te gaan.

Ry gerus uit na die Van der kloofdam, neem ook die paadjie onder die damwal oor die enkelbaan bruggie. 

Pretoria

Geert

Wed, 20/12/2023 - 20:44

 

Ek is nie n groot bierdrinker nie....nog minder n craft bier aanhanger. Die wat ek al gedrink het elders was om die regte woord te gebruik, vieslik. Maar ek weet nie of dit die dors...of hitte....of gemoeds toestand was nie, maar het soos n muis met slippers geloop. Seker alles saam. Ek wou bottel saamneem, maar moes dan R10 ekstra betaal

Vaalpark

Johann L

Wed, 20/12/2023 - 21:00

Geert, dit lyk lekker daar, dink so goue koue in daai temperatuur kan amper net so lekker wees as 'n groot glas yskoue Coke wat ek met een sluk weg slukcheeky

Geniet die dorp en maak soos Wessel sê, daar is die museum in die dorp en dan bo-op die koppie soos genoem, moeite werd om te besoek.

Watter oord staan julle op, is dit die een in die dorp as jy inkom van Uppington af?

Worcester

Wildehont

Wed, 20/12/2023 - 21:02

Alles smaak en is mos lekkerder op vakansie, en die omstandighede het sekerlik bygedra tot die genieting. As jy dit saamgeneem het was jy dalk later teleurgesteld. 

Pretoria

Geert

Thu, 21/12/2023 - 05:48

Goeie môre vanaf n pragtige oggend. Gister het ons eers laat middag opgeslaan, nie net oor die hitte nie, maar die harde winde wat hier gewaai het

Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/12/2023 - 05:55

More Geert

Indien die tyd in Orania julle begin verveel, en julle gaan na die dam kyk, ry julle by Sandgat se ingang verby. Kyk of julle ingelaat sal word, en gaan kyk na die oord. 

Soos julle dam toe ry, seker so ongeveer <10km voor dit, is Sandgat se ingang op linkerkant. Jy kan dit eintlik nie mis kyk nie.

Gaan jy steeds tot na Krismis daar kuier? Waarheen dan, na KarooNP 

Pretoria

Geert

Thu, 21/12/2023 - 06:19

Aan die Oewer is weer oop. Skaduwee is skraps nadat winde laasjaar hul bome omgewaai het. Vol bespreek vanaf môre. Baie netjiese plek

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus