6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

elektriese stelsels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek sit sommer en kyk na watter boswaens gebruik modulêre Victronstelsels.  dit wil voorkom of fie neiging van woonwa bouers is, om victron komponente te gebruik.

Die volgende verskaffers maak tans van Victron stelsels/komponente gebruik; 

Bush Lapa, Berg, Infanta, Okto

Gecko maak gebruik van 'n Wolmacor-stelsel. In die verlede was hierdie persone betrokke by stelsels vir ECHO produkte. Ek vermoed dat hulle moontlik steeds stelsel vervaardig vir ECHO.

Soos Chris S nou ervaar, is daar legio probleme verbonde aan ge-integreerde laaistesels [220V, son, voertuig] as so iets breek. Veral as mens vêr is van die vervaardiger.

Rugsteun van mens se duur aankope is tog van belang. 

   

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 23/06/2025 - 17:28

Miskien verstaan ek te min om my bek te rek. Dalk ook net genoeg om gevaarlik te wees. Maar, hier is my siening. In ń pad wa waar als 230 volt is, is ń klein db met aardlek en ń trip switch vir die proppe en en een vir die ligte genoeg. Nie eers nodig vir ń hoofskakelaar nie, die aardlek is daar.

Nou vir ń boswa, het jy basies dieselfde beginpunt. Behalwe dat jy nou onafhanklik wil wees met solar en daarmee gepaard is dan nodig panele, laaier, batterye en invertor. Nou kan jy ń eenvoudige laaier kry wat solar en battery werk, net dit. Nou het jy 12 volt batterye vol gelaai, maar volgende is ń 12 volt na 230 omsetter, en die is ook dan ń los model. Volgende sit jy ń change over switch in jou db waar jy of mains of invertor kies.

So mens kan dit eenvoudig doen sonder al die " bull shit baffles brains". Of so lyk dit vir my.

Persoonlik as ek moet wa bou, of onherstelbare probleme met huidige stelsel kry  ń Victron apparaat kry wat al die funksies ingebou het. 

Groetnis.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/06/2025 - 17:46

....gaan soek Wolmacor op die internet, en kyk na sy spesifikasies wat so 'n ge-integreerde stelsel behels. Sy prys vir kompleet eenheid word ook getoon.

Dit sal baie insiggewend wees om die totale koste verbonde aan 'n stelsel bestaande uit modulêre victron eenhede daarmee te vergelyk. 

Soos ek seg, afhangende van hoe naby mens aan die verskaffers is, kan die deurslag gee. Ek weet van persone wat boswaens koop, en aandring dat dit GEEN elektriese komponente bevat nie. Dan laat bou hulle stelsels in by mense soos Wolmacor of PBE, om paar te noem. 

Ek weet hopeloos niks van die goete, dus is ek aangewese op goeie produkte en voortdurende gewaarborde rugsteun. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/06/2025 - 18:03

....is die relays wat benodig word, om te keer dat aldrie insette, hetsy voertuig, son, 220V nie teen mekaar werk nie, en dat stelsel vanselwers die inset en laaier tipe kies.

Ek het egter nog nooit byvoorbeeld 220v en sonpanele gelyktydig aan myne gekoppel nie. Dis mos eenvoudig, as daar nie 220v is nie, waarom dit inprop. Omgekeerde is ook waar, as daar krag is, waarom sonpanele inprop. 

My stelsel het heeltemal aparte uitset proppe, wat gevoed word uit onsetter. Het dus nie eers 'n "change over" skakelaar nie. 

Hoekom die gesprek, dis donners insiggewend vir my altans. Dit laat hopenlik potensiele boswa kopers dink aan die uitdagings wat elektriese stelsels op die lange duur kan inhou. Waar kry mens daai rugsteun, veral as dit kom by gesofistikeerde stelsels.  

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/06/2025 - 19:27

... van dié goed waarvan julle praat nie. Al wat ek wel weet is dat Victron een van die mees gerespekteerde stelsels is wat jy kan kry. Volgens my inligting is dit ook die mees algemene stelsel wat op groot skepe gebruik word. 

Die installeerder van my huis se solarstelstel het destyds gesê dat ek sonder twyfel goedkoper stelsels sal kry. Maar as ek die beste van die bestes wil installeer, sal ek aandring op 'n Victron-stelsel. Hy kon vir my 'n goedkoper stelsel installeer, maar ek het maar volstaan by Victron.

Sy woorde aan my was dat jy verskillende stelsels kry, waartoe hy toegang gehad het. Maar Victron is die Toyota van sulke stelsels - die mees betroubare (aldus my installeerder).

Vaalpark

Johann L

Mon, 23/06/2025 - 20:33

Laat ek ook maar my nuttelose stukkie by gooi. Het al vertel van die Penta se laaier (deel van die Herculus 10) wat op gepak het, nou ja, my keuse was om 'n duur, goeie en  betroubare stelsel oor in te sit, of my eie kop te volg.

Toe sit ek 'n goedkkoop db (plastiek) met earthleakage en twee circuit breakers in. Een vir die wa se 220v en een vir 'n "smart charger" wat die batery vol hou. Ek het die so gemaak, dat wanneer daar nie krag is nie, skakel ek net die breker af en sit oor na die solar waarvoor daar 'n controler in gebou is (self in gebou). Dit laai die batery en gee ook 12v na die invertor vir 220v na die noodsaaklike punte in die Penta.

Wessel en Chris B, ek trap nie op jul tone nie, gee net my denk rigting deur👍

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/06/2025 - 21:26

jy trap nie op my tone nie. Wat hierdie onderwerp aanbetref het ek eintlik glad nie tone nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/06/2025 - 07:22

...ek hoop jy lees Johann se doeltreffende oplossing hierbo. [klippie in blikkie]

As dit in praktyk goed werk vir hom, is dit dalk die roete vir jou probleem ook.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 24/06/2025 - 07:46

Die feit dat die Vicron stelsels van die beste en betroubaaste toerusting is wyd bekend. Die groot voordeel is dat dit moduler is en aangepas kan word by jou behoeftes.

Ek het vir `n vriend `n 24v stelsel gebou op `n trollie wat bestaan uit die Estner inverter en 100ah 24v battery wat hy aan die oord se kragpunt en sy wa koppel met `n oorskakel skakelaar.

Hy is `n langstaner wat soms moet betaal vir krag waar hy staan dan gebruik hy die trollie en 4 200w panele wat alles aan die gang hou en sou hy nie betaal vir krag nie het hy rugsteun krag sou daar `n onderbreking wees. 

Normale inverters is bonkig groot en raserig en dit is waar die Vicron perfek inpas in `n karevaan of boswa.

Centurion

Voortrekker

Tue, 24/06/2025 - 08:47

Maar kry die Victron met bluetooth funksie. Dit is die moeite werd om alles te kan sien en monitor op die foon.  Weet net dat die 100 / 20 20A gekombineerd is. m.a.w 20 A lewering deur die eenheid na die las + laaistroom vannaf panele. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/06/2025 - 08:52

...hoe kom die rugsteun kundiges na vore!!!!

Jis, is ek bly ek ken mense soos Johann, Slowstrike, Herman, Ski en wie nog, wat dinge self kan regsien, bou en vervaardig .

Ek beny mense soos julle, en ek lig my laphoedjie!!! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 24/06/2025 - 08:56

Ek kan nie saamgesels nie want ek het nie 'n boswa nie, maar wat ek wel kan noem is dat ek GEEN van hierdie ingewikkelde probleme het as ek byvoorbeeld by Balule of Tsendze in die Wildtuin kamp nie, of as beurtkrag sou toeslaan.

My wa se kragboks genaamd Apollo werk al 20 jaar sedert die Exclusive se geboorte probleemvry om 220v beskikbaar te stel vir elektriese komponente en 12v vir ligte en die waterpomp, en dan laai hy nog die 12v battery ook.

As 220v krag nie beskikbaar is nie, gaan ek soos volg te werk. Start die yskas en vrieskassie op met gas en vergeet van die sonpanele, genoeg son en al daardie derglike dinge.  Die 12v battery verskaf krag vir die ligte en waterpomp asook krag vir my piep-klein , draagbare invertetjie wat my laptop, ons selfone en my skeermes met 220v kan laai. Tydens 7-dae kampe in die Wildtuin sonder krag, het die battery die volle tyd gehou, maar ek kon te enige tyd die karavaan battery omruil met 'n spaar battery wat agterin my sleepvoertuig vol-gelaai gehou word.

Wat is nou makliker en meer betroubaarder as dit ?  Ek is amper bly ek het nie 'n boswa nie, maar die nadeel is natuurlik, ek kan nie in diep beboste gebiede met ver grondpaaie ry nie.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus