Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -2 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -12 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -14 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -15 hours ago

Nuwe karavaan in ons toekoms...

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Ons huidige Fleetline is al met ons sedert 1999 en het ons nog nooit probleme gegee nie. Maar tydens die afgelope Scotties kamp het die Goewerment al hoe meer begin skimp dat ons onse ouderdom in gedagte moet begin hou, 70 wink die komende jaar vir oom Grootwind en Vroulief het pas 65 geword, gerief begin dus al hoe belangriker word. Ons toekoms het nou glo 'n wa in met meer geriewe, veral dinge soos 'n badkamer met stort, troon wat minder "agricultural" is as die huidige Porta Potti, lug reëling, asook movers (verkieslik Ewiks sinne) en geen "pop roof" nie. Dubbelas is ook uit soos koekies innie weeshuis, te omslagtig om te hanteer (so geen Exclusive of Maia of soortgelyk nie). Tans lyk onse kortlys iets soos Jurgens Classique, Destination DeeVee of dalk'n Quantum Comfort de Luxe (die ene met badkamer). Lg is 'n oulike wa maar die goed kom net met 'n afskeep Rally tent wat my effe afsit. Die DeeVee en Quantum is tans skaarser as hoendertanne, terwyl daar heelwat Classique's beskikbaar is, maar natuurlik is houtvrot 'n moontlike probleem, terwyl dit nie die geval is met die DeeVee en Quantum nie. Opinies, voorstelle? Tyd is nie tans 'n probleem nie behalwe dat ek duidelik laat verstaan word dat die nuwe wa met volgende jaar se Scotties kamp gebruik sal word....sien uit na die aanbevelings van die forum se komitee van wyses!

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 15/01/2026 - 16:07

Nou dat die muur mooi duidelik gesien kan word, besef ek dat die klippe nommer nie hier nodig is nie. Die muur is met klippe gebou soos dit uit die aarde kom. Grotes, kleintjies enigeen wat ń lêplek kry is in.

Die bestaande muur lyk heel netjies. Daar is ń beginsel vir goeie klip-bou wat ek hier sien op die stukkies sigbaar. Dit is dat ñ klip altyd op ń " angle of repose" ingebou word. Wat dit ook al in Afrikaanse terma mag wees. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 15/01/2026 - 16:16

Dis blykbaar die Afrikaanse vertaling en beteken:

Die steilste hoek waarteen ‘n materiaal stabiel kan stapel. 

Daar leer ek iets.
 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 05:03

...ek hou van die Chromadek- plate hek. Dit gaan baie beter lyk as die repe Aluminium wat so met kronkels ingevleg word.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 10:57

Grootwind, ek het al gevind dat as ek 'n foto met die foon neem, en daarna op die "galery" of "camera" daarna kyk, is dit reeds onderstebo.

Dalk laai jy ingedagte 'n onderstebo foto vanaf die foon se geheue.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 16/01/2026 - 11:02

Dis juis die ding. In die galery is alle foto's regte kant bo. Dit lyk of die Forum se stelsel willekeurig die goed roteer, die eerste paar nou die dag was nie onderstebo nie, gister was die nuwes onderstebo. En ek doen niks anders nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 19/01/2026 - 16:16

Die hek veranderinge se staalwerk is klaar, die hek lyk mooi en werk soos verwag. Vandag het die grond eienaars vereniging se mense meeste van die elektriese heining se veranderinge gedoen en ook sekere bekabeling so geplaas dat dit nie die klip bouers sal pla tydens die bouwerk nie. More begin die klip bouer met sy deel. Behoort nie langer as 3 dae te neem nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/01/2026 - 08:53

Die klip bouer het gister dele van die muur afgebreek en die nodige bouwerk gedoen om die hek opening groter te maak. Een of twee kleiner probleme sal hopelik vandag uitgeklaar word waarna 'n spul bourommel verwyder moet word. Tans spog ek nou met 'n hek opening van sowat 4 meter, wat meer as genoeg is om die Sensasie se breedte van 2.55 m gerieflik te kan hanteer...Sodra die bouer klaar is sal die elektriese heining mense ook hulle deel voltooi (deel is al reeds vervang met nuwe drade), Daarna is dit net nog finale skoonmaak en dan is hierdie Omie reg om te gaan kamp! Moet byvoeg, bouery bly darem maar 'n straf, daar is altyd 'n klomp irriterende probleme.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/01/2026 - 09:20

Grootwind, ek is bly jy het vasgetrap en daai hek verbreed. Jy het nou bietjie hoofpyne en onkoste daaraan verbonde, maar die voordele kom, elke keer wat jy deur daai hek gaan sleep.

Ek weet nie hoe lyk jou werf uitleg nie, maar met so 'n wye hek, sal ek sommer daai waentjie vanuit die straat agteruit stoot tot op sy staanplek.laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/01/2026 - 09:51

Oprit is effe aan die kort kant maar die insleep (en nou uitsleep ook) is nie te moeilik nie. Lastigheid is dat die straat  'n baie besige pad kan wees, geen manier om agteruit in te stoot nie. Gelukkig met die nuwe wa kan die Ewiks Movers nou hulle ding doen dmv 'n afstand beheer. Die goed laat mens toe om 'n sg "pivot" draai te doen waar die wa effektief om sy eie as draai...Ek voorsien nie juis enige probleme vorentoe nie...ekke hoop!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 21/01/2026 - 10:01

...nou is die geheim uit!!! Watter een van die kastele/paleise/forte in ou Irene is joune. ??laugh

Moet nie straatnommer gee nie, netnou daag ek sonder afspraak hoed in die hand daar op.wink

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 21/01/2026 - 10:38

Kom koop melk oppie melk plaas en laat weet my jy is daar..dan stap ek sommer gou oor en koop 'n koffie met regte Irene melk net so uit die koei uit vir jou!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 21/01/2026 - 13:51

... het vir jare by Irene proefplaas gewerk. As hy Kaaptoe gekom het, of as ons in die noorde gaan kuier het, was daar bykans nie 'n enkele geleentheid wat ons nie kaas van die proefplaas af gekry het nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/01/2026 - 17:02

....is al die bouwerk afgehandel???

Het die beterhelfte die GV spreitabel afgeteken.??laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 25/01/2026 - 17:03

Yip, die konstruksie is klaar! Hek is nou lekker breed. Laaste werk is Vrydag oggend gedoen om die elektriese heining weer op te kry. Plan is om rondom einde Feb of 1ste week in Maart 'n vinnige mid-week by Klein Kariba of so in te pas. Dis net om seker te maak alles innie wa werk soos dit moet, ons kry die tent reg opgeslaan en dat die wa nou maklik deur die hek beweeg.  Enigiets wat dan nog werk kort sal daarna gedoen word in voorbereiding tot die lang staan by Scotties in Junie/Julie (waar anders!) Sou graag later die jaar so 2 weke by die willetuin wou inpas (as ons plek kon kry) maar met die vloede seker nie. Sal maar sien.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus