6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/01/2026 - 16:31

Dankie Geert, nou moet hulle net die H1-6, seker die brug oor Letaba rybaar kry, dan is saak reg.

Ek vermoed die H14 tussen P.Borwa hek en Mopani is ook nog toe, weens die bruĂȘ. 

Pretoria

Geert

Sat, 31/01/2026 - 19:12

Hier is beter foto van Letaba brug....lyk of geen concrete struktuur beskadig is nie

Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/01/2026 - 19:54

....is dalk baie bete opsie. Vir 'n paar dae tydens vloed is dit ontoeganklik,, maar weinig skade. Sodra water sak, kan verkeer weer vloei.

Die water gaan los bo-oor en geen bome en opdrifsels hak vas om 'n damwal te vorm nie.    

Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/02/2026 - 19:53

...teerpad is nou oop. Ek sien die H7 pad is oop vir verkeer, met beperking van bo 8 ton trokke oor die Nsemani damwal. Daar is tans net 'n enkelbaan oop. 

Volgens die berig word die S12 en S40  so bietjie opgradeer om as alternatiewe roete bo-om die dam te ry.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/02/2026 - 06:01

sjoe, dis vreeslik. Ek was nog nooit werklik in die kamp nie, maar kyk daai breedte van rivier in derde foto. 

Ek wonder of al die elektriese toerusting van huisies soos koelkaste, lugreeling en mikrogolwe vervang moet word.

Pretoria

Geert

Mon, 09/02/2026 - 10:01

Vanaf Sanparks se facebook blad 

⚠Kruger Camps Update⚠

Status of certain Kruger camps -  9 February 2026

Singwedzi Rest Camp – fence to be restored.  This will take at least another month.

Mopani Rest Camp – limited units available. At least six weeks before camp will be at 100% capacity.  Temporary facilities for the restaurant still need to be set up.

Letaba Rest Camp – extensive damage to accommodation, restaurant and fence. Partial opening of the camp will take at least 3 months.  It is planned that the camp will be fully operational towards the end of this year.

Shimuwini Bush Camp – extensive damage requiring civil and building works which will take many months. 

Olifants Rest Camp – to open once water supply is fully restored and water tested safe for consumption.

Sirheni Bush Camp – to open once alternative access road is completed.

Talamati Bush Camp – to open once access road is opened.

Balule camp – extensive damage which will take months to repair.

Official alerts will be issued as and when definite dates are known.

Pretoria

Geert

Mon, 09/02/2026 - 10:29

Wat vir my vreemd is, is dat Sanparks steeds besprekings inneem vir kampe wat gesluit is. Soos Balule.....lys sĂȘ dit gaan maande neem om te herstel, maar staanplekke is beskikbaar op hul platvorm

Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/02/2026 - 10:38

...dankie vir update. 

Jy kon niks kry oor paaie toegang van Letaba of P. Borwa hek na Tsendze/Mopanie toe nie??

Pretoria

Geert

Mon, 09/02/2026 - 11:03

Hulle het 7de n update gegee, maar is daai tabel soos hierbo. Ek gaan vir jou WhatsApp aangesien dit onleesbaar hier uitkom

Pretoria

Geert

Mon, 09/02/2026 - 11:45

Tans lyk dit nie lekker om in die wildtuin te kampeer nie. Ek het fotos gesien hoe dit tans in van die kampe lyk. Verlate, onversorgd, lang gras....lyk glad nie gesellig nie. En boonop dit is seker 90% van die paaie nog gesluit. Hoop dit verander vinnig.....

Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/02/2026 - 12:10

My vriende gaan 1ste week in Maart Maroela toe. Sal laat weer hoe hulle dit gevind het, en watter paaie hy gesleep het soheentoe.

Worcester

Wildehont

Mon, 09/02/2026 - 20:10

Vir jou deurlopende terugvoer oor hoe dinge vorder na die vloede. Ek dink nie die aanlyn besprekingstelsel hou tred met watter kampe oop is en wanneer die wat nog toe is weer gaan oopmaak nie. Ek het ook gesien dat daar in Letaba bv beskikbaarheid in Junie is. Dis dalk maar net waar die besprekings getrek het voor die vloede. 
 

Ek sal maar nog eers my bespreking hou vir Julie, en voor einde Mei besluit of die toer gaan sin maak. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/02/2026 - 21:57

...jy moet asb weer vir my daai naam gee van die plek in Mosambiek waarheen julle gaan, met julle Junie skoolvakansie. Ek wil dit vir my vriend gee. Hy is 'n geharde 4x4 ou veteraan kampeerder. 

 

Worcester

Wildehont

Mon, 09/02/2026 - 22:41

daai naam gee van die plek in Mosambiek waarheen julle gaan, met julle Junie skoolvakansie.

Dit is geensins ‘n gegewe dat ons in Julie sal kan gaan nie maar ons het daar bespreek.  

Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/02/2026 - 06:28

...baie dankie. Ek dink hy en skoonseun sal dit gaan besoek. Hulle gaan komende Junie skoolvakansie na 'n wildtuin in Zimbabwe.

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/02/2026 - 05:04

Ek twyfel of ons werklik die die totale impak van die vloed besef. Byvoorbeeld, net om heinings om kampe te vervang/herstel, het my ontgaan. Sonder 'n heining, kan die kamp nie gebruik word nie.

Pretoria

Geert

Fri, 20/02/2026 - 08:03

Ek hoor Sanparks praat van versekering in video..so dit behoort dan privaat maatskappye te wees wat herstelwerk gaan doen en nie Sanparks tenders nie?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus