Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
1970 Jurgens 500 Deluxe
Sterkte daar. Laat my dink aan die 3B wat ek ook reg gemaak het.
Nuwe skokbrekers,
Onderstel geseël,
Al die ligte LED's gemaak,
Beddens verander,
Ruite uit gehaal en geseël,
Plafon geverf,
Vloer oor geplak,
Nuwe rims en bande,
Ens.
Hier is die skakel na die draad. http://www.blad.kampforu…
Groot taak wat vir jou wag…
Groot taak wat vir jou wag Gerhard, sterkte, ons kyk uit vir fotos?
Lekker projek ons wag vir…
Lekker projek ons wag vir winter dan gaan die avion heeltemal herbou word alles word uitgehaal en oorgebou vensters word vervang met groter vensters as word geupgrade. Vol badkamer met stort en wasbak met toilet gas geyser water tank bine buite kombuis. So paar weke se werk dan kamp ons weer. Moet net sy lesensie koop in april dan weet ons hy gaan bly.
Nico, het jy al vantevore…
Nico, het jy al vantevore tot by 'n nuwe lisensie uit gehou, ons hou dop.
Ek het nog net vir 1 wa n…
Ek het nog net vir 1 wa n lesensie gekoop en toe sommer 7 in n ry. Sk as die lesensie uit gehaal is april weet ons hy bly.
Trek jou been Nico, ons…
Trek jou been Nico, ons weet jy hou van bou en verbeter, ook van verkoop?
Julle manne weet van bou en…
Julle manne weet van bou en herbou, ek sien nie kans vir so iets nie. Sal maar na die fotos kyk en bewonder.
Hier is 2 tekening huidige…
Hier is 2 tekening huidige avion oorgedoen en nuwe wa op nuwe onderstel. Alles hang af van n sekere exclusive wat af geskryf is se papiere.
Dankie...
Dankie almal.
Ek het gedink dis net die houtwerk en seel werk om te doen en toe kom die bedrading probleme ook uit,
maar nou ja ek is nie bang nie.
Die yskas se muurprop is verkeerd gekoppel en die earth switch sou nie trip as daar 'n probleem ontstaan het nie. Ek het meeste van die goed om mee te bou reeds, hopenlik het ek nou Saterdag darem die hout om die muur mee reg te maak.
Wilsur dankie vir die link na die 3B se draad. Ek het bietjie idees gekry met van die goed nou. Ek moet die rubbers op my voor en agter venster se rame ook vervang en ek het gesien die 3B se rubbers lyk omtrent dieselfde, waar gaan ek dit kan kry?
Die kant vensters se rubbers is ook vrot gebak deur die son maar dis daai wat so dun insert het om die rubbers te laat uit sit om die glas vas te hou.
Ski sterkte met daai Avion as julle begin met die werk. ![]()
Gerhard en Nico
Gaan groot julle twee sterkte met groot werk soos Johann se ek hou draad ook dop met vordering sodra daai waens klaar is gaan julle n hond uit n bos kamp
Hangkas rakkies
Die hangkas rakkies het houtjies voor en agter op om hulle te versterk as daar goed op gepak word, maar die dun spykertjies wat dit moet vas hou trek uit, so ek het klein skroefies ingesit. Ek het vandag die wa se nuwe binne verf kleure getoets op die een om te sien of dit gaan werk.
Baie netjies Gerhard, watse…
Baie netjies Gerhard, watse materiaal gebruik jy vir die rakkie self, is dit 3laag hout?





Fotos
Voor die tyd...
Na die tyd...
yskas ook uit
En die res sal volg soos ek werk elke saterdag.