Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 minutes ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -17 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -1 hour ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -1 hour ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Sun, 25/03/2018 - 22:53

Ek het vergeet van foto's neem met die verder strip werk van die hout vrot in wa vandag, jammer. sad Gaan donderdag weer soontoe dan sal ek neem en opsit hier. Het vandag wel by die China mall in Rooihuiskraal 'n draai gemaak ook en LED liggies gekry vir die wa om die ou ligte te vervang mee.

Die ligte was R30 elk, ek het 2 van hulle gevat. Dis vir voor en agter in die wa.

bo

Kant

binne

Sterk genoeg

Ek het huis ligte af gehad met die foto.

Die ou ligte (nog in die wa).

lig

Ek het ook die LED's gekry om die lig op die skuins kas verander. R4 elk.

led

Die lig wat verander word.

lig

Ek het al my hout om die mure mee reg te maak ook darem.smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 28/03/2018 - 21:09

Die LED ligte wat vandag ingesit is. Voor en na fotos.

lig

Die ou lig is in die voorige post.

lig

lig

Nuwe lig in.

lig

lig

Lig verander na LED en gaan clips agter aan sit en in die tent gebruik.

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 29/03/2018 - 07:41

Ou Lady kry vanmiddag haar eerste nuwe muur binne wat vervang moet word ook en dan begin die nuwe bed agter se bou werk ook.

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 29/03/2018 - 19:11

Dankie almal.

Oom Johann, ek is als behalwe kundig, ek probeer maar net my wa regmaak sonder dat dit my meer kos as 'n nuwe wa. Ek het jare terug by 'n maatskappy geleer oor krag bedrading en lewendig op 380V gewerk, verder is ek so 21 jaar in die rekenaar bedryf.

It'l Dodat, ek kort 4 dik pale en 4 van die dun pale. Ek sal Julie kan koop. smiley

Anton as als volgens plan verloop behoort die agterkant binne al klaar te wees met die volgende saamtrek wink

Ek het darem die muur se rondings reg gesny vandag en moet die muur net korter gesny word, dan kan ek hom vas sit. smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Fri, 27/04/2018 - 20:24

Die nuwe kant muur is finaal vandag in en die stukkies onder die agter ruit vrot was is ook vervang vandag. Het ook al begin die nuwe bed bou maar het vergeet om 'n foto neem. sad Sal morê neem en wys. Nog ver van klaar af.

kant muur

agter

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 28/04/2018 - 06:16

"Grand Ou Lady" wees as jy klaar is.

Yip, ek dink daar gaan 'n hele paar oud en jong manne wees wat agter haar lyf gaan aan wees smiley  Jy gaan mooi na haar moet kyk.

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 28/04/2018 - 07:08

Dankie oom Arie, maak nou bietjie van 'n verskil om behoorlike houtwerk masjiene tot my beskiking te hê.

Anton sy het klaar 'n slot voor aan om te keer laugh

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 28/04/2018 - 20:20

Dankie Sleep nou.

Vandag bietjie verder gevorder weer. Al die bedrading is oorgedoen en reg nou. Nuwe muurprop binne ingesit en die "Ou Lady" is bederf met 'n mooi nuwe DB bord wat sy nog nooit gehad het nie, net breakers wat in die kas was. Die nuwe bed se raam teen die drie mure is ook in en vas al.

Fotos:

Nuwe muurprop

muurprop

Nuwe DB (wat my gebyt het surprise) 32A, 20A, 2 x 10A breakers.

DB

Die bed se raam. Die DB kom reg op onder die bed.

bed

bed

bed

Dankie vir almal wat al gelees het, gereply het en nog steeds belangstel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus