Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -33 minutes ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -12 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 10/06/2018 - 12:27

Hallo Gerhard,

Goeie werk ! Ek is nuut hier by die forum en nou eers die onderwerp gesien, Het jou wa ook die gladde aluminium sykante ?  

Freda het hierbo genoem van my Jurgie, 1969  11a deluxe.

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 10/06/2018 - 13:25

Hallo neef Herman

Baie dankie. Ek het Jurgie se storie gesien en gelees waar dit geplaas is. Ek het gegoogle en op die storie afgekom. Ek moet ook sê dis baie goeie werk wat op Jurgie gedoen is. Ek probeer om die "Ou Lady", (soos almal hier haar gedoop het) so na moontlik aan oorspronklik hou. Die uitleg bly maar dieselfde maar die mure gaan wit geverf word en die kassies 'n ligte cream en dan moet sy buite weer wit en beidge gespray word.

Dankie sommer aan almal wat hier lees altyd.

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 10/06/2018 - 19:12

Neef Herman skies ek sien nou ek het nie gesê nie, maar ja die sykante is die gladde plaat.

wa

Bietjie verf werk ook gedoen vandag. Ek het gister die skuins kassie se deure uitgehaal en vandag begin regmaak so tussen die werk hier by die huis. 

kas

Eers die grysplak papier afgetrek.

deure

Gom verwyder met bezine op die oorspronlike kleur

deure

En die eerste laag verf gedoen.

verf

verf

 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 10/06/2018 - 19:17

Lekker besig...

Ek is ook weer besig met restorasie, maar sal dit op 'n ander forum moet gaan plaas.  My amper 20jr oue Wharfedale PA sisteem word heeltemaal oorgebou smiley nadat dit vir meer as 5 jaar in stof afgeskryf en gebroke was.

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 10/06/2018 - 19:22

Lekker Anton, geniet dit. Altyd lekker om iets te bou.

Ja, Marelize kla ek is te besig en rus te min, ek slaap mos so 5 - 6 ure elke nag laugh. Ek het die heeltyd iets om te doen en dan help ek nog graag uit in die huis met die werk nou terwyl sy leer vir die eksamens. 

0

It was pure genius that conceptulised and put that kassie together.... One of the very best cupboard designs I've ever had the good fortune to come across.

The way it slants back at the bottom to give better counter and general space utilisation is brilliant...

UNLIKE... the latest offering from the new bunch of clowns, the Gypsey WIMPY

I had occasion to pop my head into one on Saturday

So, you come in at the door. On the left is an Island bed under the front window.

There is no bedding on the bed which WILL make the bed bigger..... Bear this in mind for a wee while

On the opposite wall is a cupboard at the R corner of the bottom of the island bed.....

All good so far....

The you open the cupboard door and there are 2 little draws at the bottom of the cupboard

So... YOU CAN'T BLOODY WELL OPEN THE DRAWS ! WHY? Because the cupboard door can't open enough because it fouls on the corner of the yet unmade bed!

AND FOR THIS CRAP THEY EXPECT YOU TO SHELL OUT R160 000.00 !!!!!!

So to carry this particular beef one step further....

Anyone got a write-up of either the Jurgen's lite or the Wimpy from Caravan and outdoor magazine?

I'll bet a steakhouse meal that they say it's the best thing since sliced banana-bread and everyone must immediately run out and buy one......

And there people is exactly what is wrong with this industry..... Nobody is prepared to tell it like it is because there is only one player in the field....

Rant over.......................

Sorry GerhardM ....... Jy En Neef het goud beet... Daai waan's van julle is van die beste wat ooiit gemaak is..... Bly om te sien dat U soo veel mooite maak om hom weer te laat blink...

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 11/06/2018 - 07:14

Thanks oom Warren, I just love the older ones better and would like a lot more service years from this "Old Lady". smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 16/06/2018 - 21:56

Yskas kassie voorberei vir die blad. Kry morê die blad en dan gaan hy volgende week in. smiley Die kassie is bietjie laag gewees vir die yskas en moes lig, maar ons het besluit om 'n mooi rantjie bo te maak om anders te lyk as die normale kassies. Al die skroewe kry daai plastiek doppies sodra die verfwerk afgehandel is.

Voor die tyd.

voor

Na die tyd

na

kas

Nou net aluminum op die 2 hoeke bysit

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 23/06/2018 - 17:49

Die einde is al amper insig. Die soliede blad is op die kas en die binne rak is bietjie nuut gemaak.

blad

Voor

voor

Na

na

Het die vakansie bietjie meer tyd om in die week ook te gaan werk as my werk by die skool klaar is.

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 23/06/2018 - 18:03

Dankie.

Oom Stoffel ek het oom se voorstel by my pa gekry laasweek en vandag die prop omgedraai, ek het nie eers daaraan gedink nie smiley

Anton jou mascot gaan hopenlik einde Julie klaar wees. wink

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 14/07/2018 - 17:22

Seel al die laste met stonechip oor dit maklik deur die son stukkend brand soos silcone nie.

Voor

las

Agter

agter

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 14/07/2018 - 18:46

Ek het R45 vanoggend betaal vir die 1 liter. 

Ek het 'n kwotasie by die plek gekry vir die 'Ou Lady' se verf ook vanoggend. Dis R270 vir 5 liter wit QD verf en R350 vir 5 liter khaki QD verf. Die thinners is R95 vir 5 liter. Ek gaan my bonus se ogies nou druk einde Julie tot hulle traan maar die 'Ou Lady' het haar nuwe kleure teen Desember ook op.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus