6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -17 minutes ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -20 minutes ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -36 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago

Maak jou eie kampligte

Pretoria Tuine
Submitted by DK on
Forums

So jaar of twee het ek gaan rond kyk vir netjiese kamp ligte om voor die Rally of Sytent te plaas.

Tot verbasing moes ek geskok omdraai en my sente oor tel omrede ek weier om R 250-00 vir 'n kamp lig te betaal wat jy self kan maak basies van afval en weggooi items.

Ek het so bietjie in vroulief se ''laundry '' gaan rond krap en ou ''Squeezy's'' gevind wat net die plek onnet laat lyk.

Ek het die verlepte ''Squeezy'' koppe verwyder en net die teleskopiese stok gedeelte gebruik.

By ''Builders'' het ek kompleet lampe gaan koop teen R 35-00 elk.

In die motorhuis het ek elektriese koord gevind wat asgate toe gery sou word en toe begin ek  om my eie kamp ligte te maak wat my minder as 'n uur geneem het.

Die totale bedrag wat dit my uit die sak gejaag het was R 65-00 per lig.

1) R 35-00 vir die kompleet lamp.

2) R 30-00 vir geel gloeilamp.

lig

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/05/2017 - 11:11

Oulike idee, DK  -  ek hou veral van die uitskuif  "squeezy"-paal wat jy gebruik het.  Ek het 'n klompie jare gelede vir my (en vir elk van my kinders wat ook kamp) iets soortgelyk gemaak met die verskil dat ek gewone PVC elektriese pyp gebruik het wat in die middle ontkoppel kan word om verpakking in die neuskas makliker te maak.  Ek het ook 'n staalvoetstuk gemaak wat met 'n hamer in die grond ingekap word en dan gly die PVC pyp daarin.

Kamplig

Pretoria Tuine

DK

Tue, 16/05/2017 - 11:59

In reply to by Len Loader

Len, om my ligte laat staan het ek 'n silinderkop klep geneem en 'n pyp aan die bokant gesweis wat ek dan die klep gedeelte in die grond kap en die lig bo-oor die pyp plaas.

l

 

Pretoria Tuine

DK

Tue, 16/05/2017 - 14:27

Dit is so oom Johan, as jy arm is moet jy maar plan maak vir die goedkoopstelaugh.

Hier by die werk het die teenoorsgestelde gemeenskap alreeds my die bynaam gegee van ''Eish,boeremaak 'n plan''

Vaalpark

Johann L

Tue, 16/05/2017 - 21:05

Baie oulike idee Dennis, ek laaik. Sal probeer onthou om een of ander tyd 'n foto van myne te laai. Ek het een soos Len,  en dan een wat om die pale haak.

Soort gelyk aan Len sin, maar kort pyp met 'n stuk 5mm ronde staal wat 'n half maan vorm en aan die pyp vas gesweis is, dan nog 'n U vorm hoër op wat soos 'n weerhaak werk, dit keer dat die lig gly.

Die is ge "powder coat" om 'n weerstand teen gly te bevorder. (Die smart een het ek jare gelede by 'n boere mark in Bloem gekoop vir R15.00)

Vaalpark

Johann L

Tue, 23/05/2017 - 20:05

Dennis, jou idee van die teleskopiese squeezy pyp het my laat krap in die stoor, daar kry ek alles wat ek benodig?

Kompleet lig gemaak van materiaal wat reeds beskikbaar was, selfs 'n ou solar lantern se houer as lamp skerm wat ek so bietjie moes aanpas.

Vir 'n anker gebruik ek 'n reguit pen met pyp aan geweld.

Stel moer
Die blou is die verstel skroef
Lig
Centurion

Dusty

Wed, 24/05/2017 - 04:39

Ek het weer 'n lig wat iemand wou weggooi gebruik. Dit is amper soos Len sin behalwe dat die pype van staal is en die gedeelte wat hy inslaan wat los is is by my weer vas.

Sien die meeste gebruik "twinflux" draad wat eintlik nie vir 220v geskik is nie.

Johann, die latern lig lyk baie netjies. Jy het my nou weer iets gegee wat ek die naweek gaan doen.

Ek het 3 solar latern ligte wat ook nie meer werk nie en besluit om jou raad te volg en vir my dieselfde te maak.

Dit lyk baie netjiesyes

Ek sien ook "die meeste gebruik "twinflux" draad wat eintlik nie vir 220v geskik is nie".

Kry eerder van daai "twin core" draad wat lyk soos die "captyre" maar het net twee drade in.  Ek gebruik die "twinflex" vir die 12vDc ligte.

Vaalpark

Johann L

Tue, 30/05/2017 - 20:54

Ek hoor (lees) wat julle sê van ripcord, maar die isolasie is beter as daai wat deesdae aan bed lampies kom, en in my geval, trek dit net 'n 4watt led gloeilamp?

Volgens die verskaffer waar ek dit koop, is dit 220v rated. (Ek het gaan navraag doen,  na die inset, want ek was maar bekommerd).

Ek het net nooit gedink om die amp rating te vra nie

Heidelberg GP

StephanS

Fri, 15/09/2017 - 15:57

Ek het sommer 'n klamp prakseer aan die 5 watt spotlight. Ek haak hom nou net aan een van die tentpale en skuif hom waar ek lig kort.

Hy is net sterk genoeg en verblind jou nie

Centurion

Voortrekker

Fri, 15/09/2017 - 16:18

 StephanS. Dis nou oulik, baie beter as daai enkel paal ligte, nou gebruik jy sommer jou tent pale en nie nodig om ander saam te sleep nie.   Natuurlik net vir die mense wat tent PALE het.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus