Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -19 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -22 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -22 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -31 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -32 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -38 minutes ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Meyerton

Segekok

Tue, 25/09/2018 - 10:02

Ek meng my glad nie by hierdie soort van goed in nie...  Ek gebruik die maklike uitweg....  Vertel die personeel dat dit moet af en skoon kom...  hulle probleem.....

 

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 02/10/2018 - 20:55

Dis lekker met die skool wat toe is, bietjie kans om nou deur die week ook te werk. smiley My werk tyd aan die 'Ou Lady' is 15:00 vandag bietjie deurmekaar gekrap met die goeie nuus dat die aansoek vir die duet huis suksesvol was, so ons moet pak om te trek einde Oktober. sad

Ek gaan gou net Donderdag middag die 3 agterste mure klaar verf dan weet ek dis reg. Die projek sal weer aangaan sodra die trek verby is en die wa staan by ons nuwe blyplek. smiley

Hier is die fotos vir vandag.

voor

sykant

sykant

dak

Sal nou Donderdag die laaste werk vir 'n maand doen en hier opsit. smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 02/10/2018 - 22:06

Dankie oom, ja nee dit gaan lekker wees om die wa by ons te hê. 

Die Ou Lady begin nou mooi te lyk binne.

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 03/10/2018 - 06:57

Dankie.

Ja vroulief sê gister sy sal die hele huis self inpak en weer uitpak maar die garage wil sy niks van weet nie, dis 'n trek op sy eie wink 

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 03/10/2018 - 07:49

Oom Stoffel, ek kan dink. Oom hulle is ook al omtrent solank soos my pa-hulle daar. Hulle bly al amper 31 jaar daar en daai garage is erger as myne laugh

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/10/2018 - 09:34

Sterkte met die pakkery.

Ek wil nie die dag beleef wanneer ek moet trek nie. Hopelik net lang bome toe

Ek stem, anders maak jy net die deur oop en sê kom vat.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/10/2018 - 12:01

Hier staan 'n ou Jurgens en langs hom 'n 3B soos wat ek het.  Die ou met die 3B het meeste uitgehaal en vir hom en sy vrou 'n eiland bed in gebou, met groot yskas en 'n mikrogolf.  Het nog nie in die ou Jurgens gekyk nie.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 03/10/2018 - 12:47

Stoofel en Gerhard, julle het my nou BAIE benoud!!!, praat van lank bly, ek/ons was 1 Augustus presies 44 jaar in bestaande huis. Ons is besig om te begin leegmaak (ek hoop nie dit is terwille van oppad na lang bome!!!!), en wil ook eers in huis bietjie skoonmaak.

Sal een of ander pandjieswinkel se eienaar inkry vir verkoopbare produkte. oorbly goed sal ons dame by kerk kontak om te kom laai vir ouetehuis ens.

My grootste probleem is ook daai "pakhuis van baie goedere", die garage. een helfte is vir kar, ander helfte is vir  . . . . . goed, gereedskap ens., en dit is die ens. wat my bekommer! 

Voor die dubbelgarage is 12 x 6 m afdak, toegebou met expanded metal, en hek/deure. Daar is my staal voorraad aan een kant, jinne, ek sioen ek het nog meor baie staalwerk om te doen!!!!!, volgens daai klomp goed wat ek sien!!!

Visstokke - Indian Cane stokke wat my oorle Pa nog gebou het, langggeees en kortes. Ek wag reeds vir ou forumlid van Wegsleep, en jarelange kennis, om nou met Aardklop se tyd, as hulle van Jaansberg af kom besoek aflê, te kom stokke uitkies. Dit gaan hartseer wees om ontslae te raak, maar as dit tyd is, is dit tyd!!!

Voorspoed en sterkte vir almal wal pak, moet pak, wil pak en die wil nog gaan pak!, ek kom beslis NIE help nie!!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus