Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel?? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 minutes ago
Slim plan hier bo Lag 'n slag Rona du Plessis -1 hour ago
Diesel is duur Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

DINOKENG - Die Groter Prentjie

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

Daar word deesdae baie gepraat en verwys na Dinokeng en dit kan nogal verwarring veroorsaak vir diegene wat nie die "Groter prentjie" en storie agter die Groter Dinokeng en Dinokeng DGR (WildReservaat) ken nie.  Juis daarom het ons besluit om in 2019 op kampforum te fokus op hierdie area in Gauteng en spesifiek op die kampeerplekke in Dinokeng en wat die area aan ons kampeer liefhebbers bied!

Dinokeng word gebruik vir die groter area noord / oos van PTA en sluit Roodeplaat en die historiese myndorp Cullinan in.   Dinokeng Wild Reservaat (DGR - Dinokeng Game Reserve is die ge-registreerde handlesnaam vir die Wildtuin) en is op sy eie.

 

Dinokeng DGR

Meer oor Dinokeng Reservaat:

"The destruction of our environment, rampant pollution and the loss of natural resources has to be the biggest threat to humankind. Human encroachment into wilderness areas has lead to habitat loss and the accelerated extinction of species. Conservationists around the globe are fighting a battle for open ecosystems. These endeavours need universal support. While the human race continues to grow in numbers the struggle for the survival of our environment has to be supplemented with new models of conservation where people and nature exist in harmony.

The Dinokeng Game Reserve presents a rare opportunity to develop a model for future conservation. The DGR is unique in a sense that we are the only residential Big5 game reserve worldwide located within the boundaries of a metro city and just half an hour from the city centre. We are pioneering a model where the Big5 roam freely and live in harmony with resident land owners."    Geneem van Dinokeng DGR Webwerf: (lees meer)  Dinokeng Game Reserve

Groter Dinokeng: Vanuit  SA-Venues.com  :  " Referring to an area, rather than a particular town, Dinokeng is part of an initiative by the government to establish a tourist destination close to urban Gauteng that lies roughly in the catchments area of two rivers - the Elands and Pienaars - that subsequently flow into the greater Olifants and Limpopo Rivers.

The land has witnessed a number of different cultures, which together form something of a melting pot of history. The Tswana, Pedi, Afrikaans, Ndebele, English and Tsonga-speaking people have all had significant effects upon the land and rolling grasslands of Dinokeng; and Anglo-Boer War blockhouses, battle sites, cemeteries and forts are all evidence of the conflicts that have left their mark.

There is a lot to do and see in the Dinokeng Region. Three dams lie in the area - Mkhombo, Rust de Winter and Roodeplaat; the historic homes of the Sammy Marks Museum, the village of Rust de Winter, and what remains of the Wallmansthal Mission all reflect the old ways of life; whilst Dinokeng is one of the country’s prime bird watchingareas, second only to Ndumo in the St Lucia area in terms of the diversity of species.

The Dinokeng Game Reserve, part of the government’s initiative, is run by a non-profit company and combines about 270 property-owners’ land in what will be a 90 000 hectare game reserve that offers Big Five game viewing, a wealth of archaeological sites that take visitors back to the Stone Age, and a unique cultural experience in the form of art and craft studios for local artisans."

Kampeerplekke

Hieronder 'n lys van kampeerplekke in Dinokeng Reservaat en Groter area met skakels na hulle lysing op kampforum. Daar is vele lodges en privaat fasiliteite in die  Dinokeng Reservaat  wat deel is van 120 privaat eiendomme en initiatief.  Daar is moontlik nog kampeer fasiliteite en ons sal die kaart en lys aanpas om nog kampeerplekke en fasiliteite by te voeg.

Kamp  De Rust

Kamp WillemsRus

Kamp Thorn Tree Bush Camp

Kamp Kyleu Bush Camp

Kamp Tshikwalo

Kamp Tamboti Vreugde 

Kamp Dinokeng Resort  (Buite reservaat)

Kamp Bass Lake Lodge  (Buite reservaat)

Kamp Almega  (Buite reservaat)

KampLebra's Rest (Buite Reservaat)

           

      Dinokeng in Gauteng

Dinokeng

Kyk gerus die video wat hieronder aangeheg is vir meer inligting oor Dinokeng.

Dinokeng

video

Hi Sarel

Ek sou beslis n extra aand of twee kamp om die ware DGR en sy wildlewe te kan wardeer.   Kyleu is n mooi kamp gelee binne die resevaat met geen  heinings om die kamp pleke  -  jy kamp in die boss  en word gereeld besoek deur lede van die groot 5. 

Kamp groete 

 

0

Middag kampeerders, en Dinokeng

Ek het nou die deurmekaar inligting oor fooie probeer ontsyfer. Ek glo dit maak perfek sin vir peroneel wat heeldag daarmee werk, maar dit het my totaal afgeskrik.

 

Eerstens is daar nou 2 gebiede, genaamd die reservaat en dan die gebied wat die groot 5 huisves [reserve] Reserve in afrikaans is reservaat.

Nou die kostes kan mens probeer afbreek as volg;

1] kampkoste byvoorbeeld in Willemsrus of Almega--hulle fooie

2] "Conservation fee": is dit bloot die dagbesoekersfooi om in watter reservaat te kom. Is dit per dag per persoon, hoe word dit bereken as mens 'n aantal dae kom kamp

3] Selfry Widrit fooi: Daar word net losweg na reservaat verwys, die groter ene of die groot 5 reservaat.?

As ek die lot bymekaartel, raak dit 'n moerse bedrag vir 'n gesin om daar te kamp. 

Ek begryp nou Arie se opmerking tevore

Groete

Wessel [nie blinkblaar boom nie]   

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 12/01/2019 - 19:44

Dankie vir daai video, dit is pragtig, nou is ek lus om daar te gaan penne in kap. Miskien sommer more oor 'n week, vir 5 nagte.

Watter oord sal julle aan beveel vir groot karavaan kombinasie, met warm swembad (vir die ou tante😂) en die groot vyf?

0

Hi Wessel

Kostes afgebreek: -

1) Elke Product / lodge het hulle  fooie vir kamp staan plek, akomadasie ens. 

2) "Conservation fee/ bewarings fooi" die word aan die DGR - groot vyf resrevaat betaal as daar langer as 1 uur binne die DGR Spandeer - kampers wat gerbruik maak van kamp plek binne die groot vyf area (DGR) sal dit betaal.  -  op die oomblik is dit n eenmalige bedrag ongeag die hoeveelheid dae spandeer in die DGR.  Kamp plekke buite die groot fyf gebied hoef nie die fooie te betaal nie indien hulle net gerbuik maak van die kamp pleke en nie die DGR se groot vyf area nie. 

3) die self ry permit - is net noodig  indien besoekers op die self ry roete binne die groot vyf gebied will ry, dit is ongeveer 155 km twee spoor wildbesigtigings paie binne die groot vyf gebied.  

kamp groete

0

Middag Dinokeng

Dankie vir jou verduideliking, stadigaan word die prentjie meer duidelik.

Al waar jy my nou verloor is;

1] ek lei af daar is dus paaie [nie 2-spoor] wat dagbesoekers of ook kampeerders mag ry, want ek het bewaringsfooi betaal;

2] dan is daar ekstra 2-spoor paadjies wat gebruik mag word slegs as die self ry permit ook uitgeneem word.

Ek sal graag julle fasiliteite wil gebruik, daarom al die derms uitryg. Ek wag net dat dit aansienlik koeler word daar.

Nogmaals dankie, jou geduld word waardeer

Wessel

 

0
Centurion

Wit Eland

Mon, 14/01/2019 - 14:58

Dagse aan almal en geseend en voorspoed vir 2019.

Mense julle moet kom kuier in dinikeng dit is wonderbaarlik om te sien hoe n klomp boere saamstaan en die drade laat sak het. Ons klomp is maar n klomp harde kwaste. Ons kom baie daar en elke keer sien jy vooruit gaan, jy sien mense saam werk om onkruit uit teroei, dis baie lekker en daar le nog baie werk vir die mense voor maar soos hulle nou aan gaan gaan hulle dit maak (regering moet net weg bly) ons kuier altyd baie lekker daar vir die dag of vir n naweek. Sterkte Dinokeng als van die beste.

0

Middag Wessel

Ja dit is beslis  warm en bedompig nog daarby vandag. 

Net n plesier om te help - daar sal ander kampers ook wees wat will vra. 

Ek kom terug oor jou vra  - ek wag net vir n digitale DGR kaart om te kan aanheg vir jou - dit sal dit duidliker maak vir almal. 

Groete

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 16/01/2019 - 09:56

Mense, ek is nie iemand wat maklik kla oor 'n oord nie, maar wragtig, ek sukkel nou vanaf Saterdag om 'n reaksie van Willemsrus te kry.

5 x e-posse, 3 van hul website, en 2 van my eie e-pos adres. Lg op aanbeveling van die dame - die webblad goed gaan glo nie deur nie.

1 x sel oproep - voice mail  (ek kon nie 'n voice mail los nie) 

1 x sel oproep, antwoord die dame, sy is op pad na kleinkinders se atlitiek,  en sal vannaand  (gisteraand gaan kyk vir e-posse)

Vanoggend, stuur ek om 08:36 'n sms, nog steeds geen antwoord nie.

Sy beweer die e-posse gaan nie deur nie.

Ek wil regtig graag daar gaan kampeer, nou wonder ek, wat as ek net opdaag, en hoop ek kry plek?

Dinokeng oord, buite die wild reservaat, het my binne minute geantwoord en 'n prys met staanplek met privaat ablusie gestuur, maar dit sal beteken, ek moet nog steeds addisioneel betaal om in die wild reservaat te gaan ry, dit is juis my rede waarom ek sooheen toe wil gaan.

0

More Johann

Ontspan  en gee hulle dan gas!!! Die probleem is opgesluit in hulle naam. Die klem moet verskuif van die "rus" af.

Groete

Wessel

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 16/01/2019 - 10:37

@ Wessel, ja, ek dink ek gaan net opdaag, en hoop vir die beste👍

@ Anton, ek het die e-pos adres met Jeanette bevestig, sy het ook my no gestoor, soos Wessel sê, dalk moet ek net ontspan😂

Die e-pos wat sy vir my gegee het, is ook die een op hul webblad.

Sy klink baie aangenaam oor die foon, dalk oor reageer ek net, en het hulle dalk 'n internet probleem, mens weet nooit, miskien het President Emmerson van Zimbabwe hulle internet ook af gesit😂

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 16/01/2019 - 15:40

Daars hy, ek was onodig ongegeduldig, plek is bespreek en betaal.

Ons ry Sondag oggend tot Vrydag oggend en staan op jo 14.

Sien baie uit na die kampering. 

0

Middag Johan

Onthou om "bubble rap" en blink seil saam te bring. Dit is baie warm hier rondom Pretoria/Brits

Lekker kamp en kom doen verslag asb.

Wessel

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 16/01/2019 - 16:23

Ek is so effe afgepie met Dinokeng Resort.  Laas November het ek vir Coleen die eienaar gevra wanneer kan ek bespreek.  Haar antwoord was skat eers in Januarie 2019 .

Kort na ons terug is (9 Jan.2019) het ek weer e-pos gestuur om te hoor wat is die koste toe ek die enigste groot geplaveide staanplek wil bespreek sê hulle hy is reeds bespreek.  Vra toe wanneer het hulle bespreek, geen antwoord nie, vra toe ook vir watter tydperk het hulle bespreek.  Hulle kom toe eers 14 Jan. terug na my toe met die boodskap "Unfortunately P7 is only available till the 23 of December 2019".  Later kry ek nog 'n e-pos wat sê "They are on P7 from the 21h of Dec to the 28th of Dec".

.

Ek het toe weer vir Coleen 'n messenger gestuur aangesien ek geweet het sy is nog met vakansie.  Kry toe nie antwoord van haar nie maar het op fb gesien sy het vir iemand haar persoonlike e-pos adres gegee waarop ek toe vir haar ook 'n e-pos gestuur het.

.

Ek het tot nou nie 'n antwoord van Coleen gekry nie, net van die kantoor wat sê hulle gee nie mense se inligting uit nie.  Ek het toe maar weer my antwoord vir die kantoor en vir Coleen gestuur waarop ek noem dat hulle nie vir my wil sê wanneer daai bespreking gedoen is nie.

My beskeie vermoede is dat die kantoor het vir iemand (vriende) gesê dit is die enigste groot geplaveide staanplek en ek doen navraag, daarom dat hulle my eers 5 dae na my e-pos my geantwoord het en nou nie met die mense wil onderhandel om te ruil nie.

0

Hi Wessel

Onder is n foto van die DGR se  Self Ry Roetes(SDR)  Daar is 155 km.

1) die bewaring fooi laat jou nie toe om op die self ry roetes (SDR) te ry nie- dit is vir bewaring net soos by enige ander resevaat.  jy kan wel die paaie D48, D1333, en ook D734 - ook die ander toegangs paaie wat in geel op die kaart aangedui is. 

2) die Self Ry Permit is nooding om op die 155 km roetes (bruin op die kart) te kan ry. tusse 6 am and 6 nm. 

die klein nr is Rooi is die SDR  roete merkers 

die bruil groter Nr is die lodges binne in the resevaat. 

Groete

0
Pretoria, Gauteng

Heidi

Fri, 04/12/2020 - 12:08

Ons is lief om by Dinokeng se oorde te gaan kamp, maar die grond pad deur dinokeng skud ons karavaan so dat ons elke slag skade kry. Moes nou die yskas vervang.  Kan daai pad nie geteer word nie asseblief.

Dankie

Heidi

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus