Daar word deesdae baie gepraat en verwys na Dinokeng en dit kan nogal verwarring veroorsaak vir diegene wat nie die "Groter prentjie" en storie agter die Groter Dinokeng en Dinokeng DGR (WildReservaat) ken nie. Juis daarom het ons besluit om in 2019 op kampforum te fokus op hierdie area in Gauteng en spesifiek op die kampeerplekke in Dinokeng en wat die area aan ons kampeer liefhebbers bied!
Dinokeng word gebruik vir die groter area noord / oos van PTA en sluit Roodeplaat en die historiese myndorp Cullinan in. Dinokeng Wild Reservaat (DGR - Dinokeng Game Reserve is die ge-registreerde handlesnaam vir die Wildtuin) en is op sy eie.

Meer oor Dinokeng Reservaat:
"The destruction of our environment, rampant pollution and the loss of natural resources has to be the biggest threat to humankind. Human encroachment into wilderness areas has lead to habitat loss and the accelerated extinction of species. Conservationists around the globe are fighting a battle for open ecosystems. These endeavours need universal support. While the human race continues to grow in numbers the struggle for the survival of our environment has to be supplemented with new models of conservation where people and nature exist in harmony.
The Dinokeng Game Reserve presents a rare opportunity to develop a model for future conservation. The DGR is unique in a sense that we are the only residential Big5 game reserve worldwide located within the boundaries of a metro city and just half an hour from the city centre. We are pioneering a model where the Big5 roam freely and live in harmony with resident land owners." Geneem van Dinokeng DGR Webwerf: (lees meer) Dinokeng Game Reserve
Groter Dinokeng: Vanuit SA-Venues.com : " Referring to an area, rather than a particular town, Dinokeng is part of an initiative by the government to establish a tourist destination close to urban Gauteng that lies roughly in the catchments area of two rivers - the Elands and Pienaars - that subsequently flow into the greater Olifants and Limpopo Rivers.
The land has witnessed a number of different cultures, which together form something of a melting pot of history. The Tswana, Pedi, Afrikaans, Ndebele, English and Tsonga-speaking people have all had significant effects upon the land and rolling grasslands of Dinokeng; and Anglo-Boer War blockhouses, battle sites, cemeteries and forts are all evidence of the conflicts that have left their mark.
There is a lot to do and see in the Dinokeng Region. Three dams lie in the area - Mkhombo, Rust de Winter and Roodeplaat; the historic homes of the Sammy Marks Museum, the village of Rust de Winter, and what remains of the Wallmansthal Mission all reflect the old ways of life; whilst Dinokeng is one of the country’s prime bird watchingareas, second only to Ndumo in the St Lucia area in terms of the diversity of species.
The Dinokeng Game Reserve, part of the government’s initiative, is run by a non-profit company and combines about 270 property-owners’ land in what will be a 90 000 hectare game reserve that offers Big Five game viewing, a wealth of archaeological sites that take visitors back to the Stone Age, and a unique cultural experience in the form of art and craft studios for local artisans."
Kampeerplekke
Hieronder 'n lys van kampeerplekke in Dinokeng Reservaat en Groter area met skakels na hulle lysing op kampforum. Daar is vele lodges en privaat fasiliteite in die Dinokeng Reservaat wat deel is van 120 privaat eiendomme en initiatief. Daar is moontlik nog kampeer fasiliteite en ons sal die kaart en lys aanpas om nog kampeerplekke en fasiliteite by te voeg.
Dinokeng Resort (Buite reservaat)
Bass Lake Lodge (Buite reservaat)
Almega (Buite reservaat)
Lebra's Rest (Buite Reservaat)
Dinokeng in Gauteng

Kyk gerus die video wat hieronder aangeheg is vir meer inligting oor Dinokeng.

Kyleu Bush camp
Sien Kyleu Bush camp is op die nuuste Wegry & Wegsleep boek daar wil ek ook draai
Hoekom???
Middag Shaun
Hoekom wil jy soheentoe gaan? Seker maar oor daar 'n Bush lapa Kewer in hulle fotos verskyn![]()
Ek twyfel of ek daarvan sal hou om te kampeer en die hele tyd op my hoede te wees vir die wilde honger diere. Dit verg sekerlik 'n aanpassing en ander tipe ingesteldheid. Aan die ander kant, die wild is moontlik so skaars, dat mens daar kan kamp sonder dat 'n wilde dier ooit daar verbykom.
Groete
Kyleu Bush ...
Nie geweet daar is kampe in Dinokeng wat oop is in die wilde diere reservaat nie, gedink almal is omhein ?
Wessel Kyleu Bush camp
Dit moet lekke wees om so te kamp ja jy moet maar versigtig wees so kamp die ouens ook in Namibia waar dar ook roofdiere is die bos is in my moelik om te verduidelik
Oop kampe
Ek is nie n voorstaander vir hierdie oop kampe nie. Sou daar iets gebeur, trek die dier gewoonlik die kortste end. Dis dieselfde in die KNP met die stap in die veld....waarom n vreeslike groot kaliber jag geweer saamdra? As jy so braaf wil wees om tussen die big 5 te wil stap of te kamp.....doen dit sonder n geweer! Hoekom n geweer as n beskerming hê as jy in die area wil stap of kamp wat afgekamp is vir wilde diere? Diere in n Big5 area is gevaarlik.....daarom word daar genoem dat jy nie uit jou kar mag klim nie.....nou word daar stap toere en kampe gedoen met gewere
Stap met/sonder ‘n geweer
As jy so braaf wil wees om tussen die big 5 te wil stap of te kamp.....doen dit sonder n geweer!
Ek het 33 drie dag staptoere gelei as gids in ‘n konsessie in die Linyanti streek van Botswana. Die konsessie was 150 000ha (omtrent 7,5% van die grootte van die KNP) en daar was tussen 5 000 en 6 000 olifante. Die digtheid van olifante was dus meer as drie keer soveel as in die wildtuin.
Boonop was daar toe nog gejag in Botswana, ook in die konsessie waarin ek gewerk het - 70km van waar ons staptoere gedoen het. Die olifante was dus nie lief vir mense nie, veral nie vir mense wat stap nie. Jag was net te voet toegelaat in Botswana, en die olifante het elke mens wat stap as ‘n moontlike jagter gesien.
Om ‘n lang storie kort te maak; daar is nie ‘n manier wat ek in Botswana sou gaan stap het sonder ‘n .458 of .375 nie. Ek het nooit nodig gehad om myne te gebruik, behalwe vir oefen nie. Na my mening is dit die teken van ‘n suksesvolle loopbaan as staptoergids. Enigiets kan egter in die bos gebeur, en as ‘n olifant besluit om ‘n stormloop deur te voer is dit net die olifant wat lewend wegstap as jy nie gewapen is en weet hoe om te skiet en waar om te mik nie.
Stap is ‘n baie dieper natuurervaring as wildritte, en as dit verantwoordelik en met respek vir die diere gedoen word het dit baie minder van ‘n impak op die natuur en die diere. Mens kyk nie hoe naby jy aan die diere kan kom nie. Jy betrag hulle van ‘n veilige afstand binne hulle gemaksone. Dis stresvol vir die diere as ons te naby aan hulle kom. Onthou, mense maak vandat ons voorvaders begin regop loop het jag op diere. Ons is die super roofdier wat alles doodmaak, en hulle het instinktiewe kennis dat ons baie gevaarlik is.
Terwyl die onderwerp nou gelug is, dis net SA, Namibië en sommige dele van Zimbabwe (Hwange en dalk Matopos, maar die kamp waarin ons in lg gebly het was nie omhein nie) wat kampe in wildtuine en wildtuine self omhein is. As jy verantwoordelik en versigtig is, kan jy heeltemal veilig kampeer in ‘n groot vyf gebied sonder heinings. Die hele Botswana werk so, Mana Poele in Zim, parke in Zambië, Tanzanië ens. As jy vir moeilikheid soek sal jy dit egter gewoonlik vind.
wilde diere ...
Ok hier is die storie.
"At 01:30 this morning a guy from National Geographic was attract by a lion sleeping in his canvas tent in the Delta, the lion attacked and bit him through the tent, his partner woke up from the noise got up and hit the lion with a stump, the lion kept on mouling the guy in the tent, he then got in his 4x4 and drove over the lion with both wheels before the lion left the guy in the tent and ran off into the bush.
The guy is pretty messed up but will survive we are evacuating him to Namibia"


Daar is nog foto's maar ek dink dit is genoeg. Sal dit op die WhatsApp groep ook dit.
Waarna ek verwys
Hierdie insetsel van Willem is n voorbeeld waarna ek verwys. Die berig skryf dat hulle die leeu eers met n stomp geslaan het en daarna met die 4x4 met beide wiele bo oor die leeu moes ry voor hy pad gegee het. Hoe lyk die leeu se been struktuur na hy met n stomp geslaan is en met 4x4 bo oor hom gery het.... Die leeu kon net sowel gesterf het in die aanval....ONNODIG
Die natuur betaal
Ek hoor wat jy sê Geert. Dit is ongelukkig so dat die natuur ‘n waarde (geldwaarde) moet hê, anders kan dit nie bewaar word nie. Dis nou maar hoe ons ekonomie werk.
As die bewaarde gebiede nie ‘n inkomste genereer nie, kos die bewaring daarvan net geld. In Afrika konteks “ontneem” die bewaring daarvan ook mense van geleenthede soos mynbou, jag en landbou. Die geleentheidskoste moet ten minste ten dele verhaal word, en die fisiese bewaring kos ook geld.
Ek probeer nie sê ons kan maar nou en dan ‘n dier offer op die bewaringsaltaar nie. Dit is egter onvermydelik dat daar konflik gaan wees tussen mens en dier, en dit moet so ver as moontlik beperk word. As die aantal besoekers aan bewaarde gebiede in ag geneem word is die gevalle waarin mense en/of diere beseer word egter weglaatbaar klein in vergelyking met die aantal besoekers aan sulke gebiede.
Dis altyd hartseer as ‘n dier moet lei of vrek omdat ‘n mens hulle habitat besoek en in konflik kom met die dier, wat na die tyd of in die proses gedood word. Wees egter verseker dat ordes meer diere vrek in jagtogte, en niemand huil daaroor nie. Dis ook ‘n bestuursmeganisme en bron van inkomste vir bewaring.
'n Goeie uiteensetting van…
'n Goeie uiteensetting van die breër prentjie Chris WH.
Dinokeng
Dankie vir verduideliking....maak sin. Maar by gesê ook nie in alle gevalle nodig nie. Hier waar dit gaan oor Dinokeng.....Dinokeng is nie afhanklik van grenslose kampe om te oorleef nie, KNP is ook nie afhanklik van stap roetes in veld met gewere om te oorleef nie. Dan dink ek dit sal ook meer paslik wees om met Roof top tents in sulke tipe areas te gaan kamp....minder kans dat jy aangeval sal word en sodoende ook onnodig om dier seer te maak om jouself te beskerm
Veiligheid in ‘n tent en inkomste uit bewaring
Ek sal baie verbaas wees as die leeu die man deur ‘n toegeritste tent gebyt het. Geen roofdier verstaan dat ‘n tent van materiaal gemaak is, wat geskeur of vertrap kan word nie. Vir hulle is dit ‘n soliede voorwerp soos ‘n rots. Selfs al sou jy iets wat hulle kan lok in die tent los, sal hulle waarskynlik ondersoek instel maar moed opgee. Tensy dit ‘n bobbejaan is. Hulle het duime en kan ritssluiters oopmaak. Vra my, dit het met my gebeur in Savuti en by die lodge wat ek in die Delta bestuur het.
Ek weet van ‘n voorval in Botswana baie jare gelede waarin ‘n hiëna ‘n seun uit sy tent gesleep en gedood het. Die seun se tent se deur was oop, en hy het op die grond geslaap daarin. Bygesê; die hiënas by van die kampeerplekke in Botswana is nie meer bang vir mense nie, want mense voer hulle. Wilde diere wat nie deur gevoer te word hulle vrees vir mense verloor het nie, is bang vir mense en gaan ons nie uitsnuffel om te eet nie.
Die teorie van mensvreter leeus is ook ‘n mite. ‘n Leeu (of ander roofdier) kan nie ‘n smaak ontwikkel vir ‘n sekere dier se vleis soos ons nie. By hulle gaan dit oor oorlewing. Hulle moet so veel as moontlik energie bespaar. ‘n Leeu sal ‘n vrot seekoei vreet wat al in die water lê vir ‘n paar dae nadat dit in ‘n geveg met ‘n ander bul gevrek het. Dis gratis kos waarvoor energie nie vermors hoef te word nie. Dit verteer seker makliker ook. Ek het twee gesonde leeumannetjies dit sien doen in Moremi. ‘n Gesonde leeu gaan nie mense uitsnuffel en hulle deur ‘n toe tent probeer bykom nie.
Ek het die storie waarvan foto’s op die draad is op Google gesoek maar kon niks kry nie. Ek sê nie dis fopnuus nie, maar indien dit werklik is sal ek die omstandighede wil weet. Was die tent bv heeltemal toegerits?
‘n Laaste punt oor bewaring. Die Kruger wildtuin is ons flagship park. Dit, en dalk Tafelberg is die enigste park wat ‘n wins maak (meer inkomste as uitgawes het). Die inkomste gaan na SANPARKE, nie net na die wildtuin nie. Dit gaan dus in die poel in, en subsidieer die ander nasionale parke wat almal teen ‘n verlies werk. SANPARKE se befondsing van die regering af is lankal gesny, en in ons land met omtrent 50% werkloosheid kan jy maar seker wees dat die ANC veel eerder stemme sal koop met sosiale toelaes as om geld te “mors” op bewaring.
Dis hoekom SANPARKE besluit het om die aktiwiteite in die wildtuin te intensifiseer rondom bestaande nodes, en die wildernisgebiede aan te hou bewaar. So kan hulle die inkomste verhoog in die 20% van die wildtuin wat reeds ontwikkel is en gereeld besoek word, en aanhou om die 80% wat ongerep is te bewaar. En hulle doen dit oorwegend met die nodige sensitiwiteit, ten einde die impak so laag as moontlik te hou.
Jy slaap nooit
Ek my huiswerk inligting nie net hier gekry nie maar ook op 4x4 community forum in oorgrens parke , parke privaat wildsplaas waar ook al wat die groot 5 of van hulle in daai area beweeg slaap jy nie op die grond nie maar wel in n karavaan of RTT of Rondavel so verseker jy die konflik tussen mens en dier vind nie plaas nie
Chris Wildehont ...
.... dankie vir jou sinvolle insette hierbo.





de Wagensdrift pad
Middag vriende
Ek hoop eintlik dat die Dinokeng verteenwoordiger hierdie pleidooie lees.
Ek het begrip as die wildpaaie effe swak is, want ek het 'n keuse of ek dit wil gebruik, teen 'n fooi.
Die toegangspad, de Wagensdrift, is 'n SKANDE!!!! Ek vermoed daar kom selde of ooit, 'n padskraper daar naby. Ek was in September 2020 na Willemsrus, en het maar die ongeveer 2 km gekruip met my Kavango boswa. Ek het gesien hoe iemand van voor, se hele National Luna uitskud, en amper teen 'n paal afgery word. Dit is veral die geval vanaf die westelike indraai, tot net verby Patrysstraat. Daarvandaan aan, in oostelike rigting was dit heel rybaar.
As die kampeerplekke binne Dinokeng, soos Willemsrus, Tambotievreugde wil bly besoekers trek, sal Dinokeng 'n plan moet maak. Die ander opsie is maklik;
boikot die plekke, sodat hulle dit aan hulle sakke voel, dan mag daar dalk iets gebeur. Dinokeng is elkgeval NIE so 'n fantastiese wildbesigtiging plek nie. Al wat dalk in hulle guns tel, is die nabyheid aan Pretoria.
Groete