Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
GOOGLE aanteken Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -29 minutes ago
Hennie... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, ek kan nie "thumbs… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -2 hours ago
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -14 hours ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 12/12/2018 - 09:32

Neef daai wa van jou is netjies.

Het hom al op TV beskou, met jou saam smiley

Het al ook so projek oorweeg, maar ek weet nie of ek weer kans sien nie. Moes maar my ou 1975 Gypsey 2 gehou het . angry

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 12/12/2018 - 09:45

Gerhard, ek sal probeer uitvind by die man wat gespuit het. Het jy nie dalk nog erens iets met van die kleur op nie,die vents op dak het dalk, of die kappies bo die vensters, paneelkloppers kan dit dan meng vir jou. 

Dankie Harry, ek kort weer n projek, maar raak nou kort aan spasie.

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 12/12/2018 - 10:16

Neef Herman daai tyd toe my ouers die wa gekoop het was dit so verblyk dat ons niks kon sien nie.  Ongelukkig is daar niks meer van daai groen iewers op nie. My ma wou toe ook nie die wa daai kleur verf nie so ek moes die wa wit en blou spuit daai tyd. Einde 2016 het hulle besluit om die wa weer te spuit en sy wou lig grys gehad het toe is daar verkeerde verf vir hulle gegee. 

Ek hoop om volgende jaar die wa weer wit en groen te spuit. Hoop die finansies werk uit, want van einde Mei die jaar af  het als net skeef begin loop en is nog glad nie reg nie.

Foto van die wa met die wit en blou

blou
Die wit en blou verf. Die foto is geneem Des 2005 op stand A74 by Eiland Spa met ons honeymoon.

 

0
Elarduspark

GerhardM

Wed, 16/01/2019 - 07:51

Na 'n maand weer tyd vir verder werk.

Voor ek die aluminum begin verf het

Voor
Die aluminum word nou toe geverf

Na die tyd

Verf

verf

verf

rak
Rakkie bo die voor ruit ook al eerste laag verf op
ruit
Groot vensters se rame word ook geverf

Ek het ook begin met waaiers wat in gebou word dan hoef ons saam te ry nie

waaiers

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 16/01/2019 - 08:43

Gerhard, baie welkom hier op Kampforum, o ja, jy was net bietjie wegwink

Baie netjiese joppie Gerhard, Ou Lady begin nou regtig besonders mooi te word, voor jy sien is sy klaar en kamp julle heerlik in haar.

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 19/01/2019 - 23:35

Nog foto's. Eerste laag nou klaar orals, sal iewers die week begin met die 2de laag verf. Ek het agterkom dat die datum op die kamera verkeerd is na ek afgelaai het blush

verf

verf

verf

verf

verf

rak

toets
So stukie waar ek 'n toets tot op 'n 3de laag gedoen het en hy lyk baie goed met 3 lae verf

 

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 20/01/2019 - 06:16

Gerhard, ek dink van ons is amper net so opgewonde soos jy om daai eind resultaat te sien. Jy moet nou jou gat roer sodat jy kan kom brag by Sionbergh😂

Baie netjiese taak wat jy doen.👍

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 21/01/2019 - 11:14

Nice Gerhard jy mag maar jy moet dit begin doen as beroep jy en Ski sal geld maak dan kan julle meer gaan kamp ooksmiley

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 07/02/2019 - 07:52

Na die verkoue en tuin werk wat moes opgevang word, het ek gisteraand weer geverf.

Die bankies het nou 3 lae verf op en dit begin darem beter lyk elke keer. smiley

Voor ek begin verf het.

voor

Met die eerste laag op.

1 laag

En nou met 3 lae verf.

3 lae

3 lae

3 lae

3 lae

3 lae

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus