Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Kyk net hoe mooi lyk Herman…
Kyk net hoe mooi lyk Herman se Jurgie. Ek hoop jy kry daai kleure, Gerhard.
Neef daai wa van jou is…
Neef daai wa van jou is netjies.
Het hom al op TV beskou, met jou saam ![]()
Het al ook so projek oorweeg, maar ek weet nie of ek weer kans sien nie. Moes maar my ou 1975 Gypsey 2 gehou het . ![]()
Gerhard, ek sal probeer…
Gerhard, ek sal probeer uitvind by die man wat gespuit het. Het jy nie dalk nog erens iets met van die kleur op nie,die vents op dak het dalk, of die kappies bo die vensters, paneelkloppers kan dit dan meng vir jou.
Dankie Harry, ek kort weer n projek, maar raak nou kort aan spasie.
Daai kleur lyk amper vir my…
Daai kleur lyk amper vir my soos kapoen? ![]()
Neef Herman...
Neef Herman daai tyd toe my ouers die wa gekoop het was dit so verblyk dat ons niks kon sien nie. Ongelukkig is daar niks meer van daai groen iewers op nie. My ma wou toe ook nie die wa daai kleur verf nie so ek moes die wa wit en blou spuit daai tyd. Einde 2016 het hulle besluit om die wa weer te spuit en sy wou lig grys gehad het toe is daar verkeerde verf vir hulle gegee.
Ek hoop om volgende jaar die wa weer wit en groen te spuit. Hoop die finansies werk uit, want van einde Mei die jaar af het als net skeef begin loop en is nog glad nie reg nie.
Foto van die wa met die wit en blou
Na 'n maand...
Na 'n maand weer tyd vir verder werk.
Voor ek die aluminum begin verf het
Na die tyd



Ek het ook begin met waaiers wat in gebou word dan hoef ons saam te ry nie

Stuk vir stuk
GerhardM so stuk vir stuk kom jy na n kant doen wel gedaan ![]()
Gerhard, baie welkom hier op…
Gerhard, baie welkom hier op Kampforum, o ja, jy was net bietjie weg![]()
Baie netjiese joppie Gerhard, Ou Lady begin nou regtig besonders mooi te word, voor jy sien is sy klaar en kamp julle heerlik in haar.
Ek oorweeg om waiers in te…
Ek oorweeg om waiers in te bou wat die koel lig onder die wa inte trek en dan onderlangs uit te blaas.
Nog foto's
Nog foto's. Eerste laag nou klaar orals, sal iewers die week begin met die 2de laag verf. Ek het agterkom dat die datum op die kamera verkeerd is na ek afgelaai het ![]()
Gerhard, ek dink van ons is…
Gerhard, ek dink van ons is amper net so opgewonde soos jy om daai eind resultaat te sien. Jy moet nou jou gat roer sodat jy kan kom brag by Sionbergh😂
Baie netjiese taak wat jy doen.👍
Dit begin darem nou baie…
Dit begin darem nou baie netjies lyk!
Jy het al BAIE werk en tyd ingesit! ![]()
Jy mag maar GerhardM
Nice Gerhard jy mag maar jy moet dit begin doen as beroep jy en Ski sal geld maak dan kan julle meer gaan kamp ook![]()
Verder geverf gisteraand
Na die verkoue en tuin werk wat moes opgevang word, het ek gisteraand weer geverf.
Die bankies het nou 3 lae verf op en dit begin darem beter lyk elke keer. ![]()
Voor ek begin verf het.
Met die eerste laag op.
En nou met 3 lae verf.










Thanks
Dankie oom Warren, ek onthou nog.