Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeiemôre!  ☀️☀️☀️ Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -23 minutes ago
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -9 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -10 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -10 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 10/03/2019 - 05:53

Dusty was al twee ure gelede hier.  Waar is jy nou Dusty, slaap jy alweer?laugh

Lappies, ek hoop die wind gedra hom sodat die wedren kan voortgaan.  Jy moet dit geniet en lekker trap!

Len, bederf jou vrou met baie liefde daar by die hospitaal.  Hoop dit gaan goed vandag.

Voortrekker is seker al terug op SA bodem?   

Ek hoop julle het almal 'n rustige en aangename Sondag.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 10/03/2019 - 07:34

Antie, ek dwaal maar so deur die huis en luister maar so na die naggeluide. Bly nie die heeltyd op die forum nie.

Anton, welkom terug in sonnigd SA.

0
Middelburg

Noel

Sun, 10/03/2019 - 07:50

Goeie more almal.  Pragtige sonskyn dag vanoggend. Anton,  "welcome back " en jy moet lekker rus vandag.  Mag julle almal n wonderlike dag sal he yes

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 10/03/2019 - 07:52

Hoop dit gaan goed by almal. Hier juig ons - daar het tot nou toe amper 40 mm reën geval en ons het goeie hoop vir nog 'n bietjie. Ons watertenke loop sommer met so 'n boog oor.

Bly jy is veilig terug Anton.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 10/03/2019 - 07:59

Sarel, ek is so bly om te hoor van julle reën.   Ons het tot nou amper 30mm gehad.   Dit is volgens die reënmeter maar dit het nie so gelyk nie.  Ek dink daar het meer in die nag geval as wat ons besef (of gehoor) het.   Dit lyk nog steeds na reën.   Ek hoop ons (en julle) damme het water gekry.

Voories, bly jy is veilig terug.   Geniet jou gesin en huis vandag.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sun, 10/03/2019 - 08:05

Welkom terug Chief.

Geniet julle Sondag.

Gaan later probeer braai, het eers onderhoud met nuwe moontlike werker hier by my.

Wees veilig

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 10/03/2019 - 19:44

Welkom terug Voories. Ja Frieda die wind was redelik tot by Simonstad en dan weer so bietjie aan die gang by Chappies en Suikerbossie. Maar het ons darem gehelp ook op plekke, behalwe vir die laaste paar km's, toe was die wind sommer weer rof. Genadiglik eintlik sommer net baie lekker en het my 10de ene veilig kon klaar maak. My tyd was maar stadig, 5 ure 28 min

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 10/03/2019 - 20:59

Dis net jou jeug wat jou gehelp het. 

Nee ernstig, ek weet nie hoe oud jy is nie, maar as ek kyk na die die foto van jou saan met Lennie, dink ek jy het rede om baie trots op jouself te wees.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 10/03/2019 - 21:13

Goeie naand vriende !

Baie rede tot dankbaarheid vandag :-

  • Heerlike, harde bui reën gehad en twee van my drie reëntenks is vol !  En nog reën word vir môre voorspel
  • My annerhelfte se herstel na haar rugoperasie Donderdag is fenominaal  -  sy is vanaand ontslaan en terug by die huis ! Sy loop al die hele wêreld vol, sonder krukke of 'n loopraam !
0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 10/03/2019 - 21:20

Len, dit is nou dubbele goeie nuus.

Eerstens jou vrou wat so goed herstel, en ook die reen wat die kaap kry. Ek lees net nou op Maroela, dat daar effense  verligting op tuin nat maak aan gekondig is, damme is 53%  vol teen oor verlede jaar se 24%.

Sê ek mos, die Here sal nie sy tuin verwaarloos nie.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sun, 10/03/2019 - 21:29

so bly dat Annatjie so goed se herstel. So 'n rugoperasie is niemand se maat nie.

As ek kyk na die weervoorspelling kan julle dalk nog heelwat reën kry. So dankbaar en bly. 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 11/03/2019 - 02:12

Goeie more almal.

Len, is ook bly dat sy al soveel beter is. Als net te danke aan die Vader se liefde vir ons as sy kinders.

Ons sit ook weer vanaf 10h00 gisteraand sonder krag.

Mag elkeen n lekker Maandag en n goeie week geniet

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 11/03/2019 - 04:28

Nog steeds geen teken van krag wat gaan aankom nie. Gelukkig kon ek darem vir my koffie maak. Het so 5 jaar gelede my ekektriese stoof met n gasstoof vervang en kon toe water kook. Daar is nog geen taal of tyding oor wat gebeur het nie. Dalk is daar weer kabels gesteel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus