6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Desember Vakansie 2019

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek het laat geslaap met my bespreking die 1 November vir Desember 2019 by ATKV.  Ek stuur toe maar 'n e-pos na die Eiland Spa toe en lys so klompie staanplekke wat ek gemerk het wat ek gemaklik op kan staan.  So stuur Anri vir my 'n e-pos met die vraag wat is my datums, maar kry toe nie weer 'n antwoord nie.

Donderdag kry ek 'n e-pos met hulle Kersete en besluit om weer te vra vir 2019, kry toe e-pos terug en sien Anri is eers volgende week terug op kantoor maar ek kan Katlego Lebogo 'n e-pos stuur.  Stuur toe vir Katlego die e-pos en binne paar minute kry ek 'n bespreking.  Baie bly, ek wonder toe watter staanplek en vra weer vir Katlego en dadelik word ek geantwoord die eerste een op my lys C25.  Dit is die staanplek wat ek nog altyd wou gehad het maar kon hom nooit kry nie.

So my bespreking vir Desember 2019 is gedoen op die staanplek wat ek nog altyd wou gehad het van 5 Desember 2019 tot 8 Januarie 2020.

.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 14/05/2019 - 15:08

Ja en so het my beplanning vir Desember 2019 mos staan en verander sad

Surette wil nie weer Desember Eiland toe gaan nie toe soek ek maar 'n plek met genoeg "slides" vir Wijan.

So het ek toe besluit na ek gaan kyk het na die park en staanplek vir Desember my plek bespreek en nou begin ek uitsien en kan nie meer wag nie.

Wijan het ook nou sy eie kamer (Multi Room)

.

.

.

Dit is die staanplek wat ek het vir die hele Desember 6 tot 6.

Die plaveisel is nogals lekker groot 10 x 10m

Ek sal nader aan Desember eendag deur gaan om te kyk hoe die son loop sodat ek kan besluit hoe om te staan.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 14/05/2019 - 15:15

Koos

Sal jy asb. vir my 'n foto van P9 neem met 'n lyn van hoe die son Junie/Julie oor die staanplek beweeg.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/05/2019 - 19:54

.................ek verstaan nie  -  as jy nie meer in Desember 2019 Eiland toe gaan nie, waar het jy nou bespreek ?

Koos Mol : hulle toer deur Namibië op die oomblik as ek dit nie mis het nie.

Nelspruit

Koos Mol

Tue, 14/05/2019 - 20:39

Willem......

Ek doen dit met plesier. Gee my weer so 'n herinnering hier teen einde Junie. Ons is nog tot ten minste 23 Junie in Namibië/Botswana.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 15/05/2019 - 14:35

Die hitte pla my gladnie, maar ja baie nader en Wijan hou van die glybane, hy neen nie aan die andergoed deel by die Eiland nie.  Ek gaan net daai groot warem swembad mis 😢

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus