Die dokumenter oor die renoster stropery krisis en die oorlog daarteen is nou op Showmax. Ek is net so oor halfpad daardeur, en ek was laas so emosioneel uitgeput toe my ma oorlede is.
Terwyl ons op ‘n ander draad die (wan)gedrag van ander kampeerders en hoe dit ons genieting van parke soos die wildtuin beïnvloed bespreek, gebeur daar daagliks wandade in dieselfde park teen totaal onskuldige diere wat my telkens laat huil het vanaand.
En dit alles word deur gierigheid gedryf. Ons (die mensdom) is die pad lelik byster en ons beter ons kinders opvoed tot die beste van ons vermoë en ons knieë deurbid dat hulle beter as ons sal vaar.
Die dokumenter is uitstekend nagevors en vervaardig maar is baie grafies. Wees dus gewaarsku maar vat die 2 uur en 15 minute en kyk dit. Ek glo nie ons wat nie direk by die oorlog betrokke is besef die aard en omvang daarvan nie. Dit is skrikwekkend.
Johann, dit moes afskuwelik…
Johann, dit moes afskuwelik gewees het. Wat verskriklik is in die dokumenter, is hoe die kalfies by hulle ma’s se karkasse bly en soms self met byle aangeval word. Hulle getalle word ook nie ingesluit by die totale wat gestroop word nie, so die omvang van die probleem is baie groter as wat die statistiek toon.
‘n Ander skreiende punt wat uitstaan, is dat die stropers as helde gesien word in die gemeenskappe waaruit hulle kom, terwyl die wildbewaarders uit dieselfde gemeenskappe as vyande gesien word. Die rede is weereens gierigheid, want die stropers bring baie geld in en die bewaarders maak dit vir stropers moeiliker om hulle “werk” te doen.
Ek het nog so halfuur van die dokumenter oor, en ek hoop daar is ‘n aanduiding van lig aan die einde van die tonnel. Die eerste uur en 41 minute dui aan dat die dinamika van so aard is dat renosters gaan uitsterf. Binne die afgelope 100 jaar het wêreldwye getalle van al die spesies afgeneem van 1 000 000 tot ongeveer 23 000.
Drastiese afname in renosterbevolking
Ek lees tydens middagete die artikel raak, wat skokkende syfers oor die werklike impak van die renoster stropery bevat. Dit blyk dat die afname in renoster stropery te wyte is daaraan dat daar soveel minder renosters oorbly om te stroop.
ChrisWH, dankie vir die…
ChrisWH, dankie vir die skakel.
Dis 'n absolute tragiese realiteit en 'n mens wonder wat meer kan gedoen word om 'n groter ramp af te weer ?
Tydens ons besoek te Manyane…
Tydens ons besoek te Manyane, het ons op 2 renosters af gekom wat onthoring is, dit is so hartseer dat 'n dier geskend moet word, om hulle teen monsters te beskerm.👹
Ek het nog....
my horing. Geneem voordat die onthoring program geloods was.
Groete
Ek sou so hoop!
Ek het nog....
my horing
Jou eerste plasing sonder die foto het ek effens anders verstaan.
Miervreter se beurt
Middag vriende
Dit is jammer dat vals gelowe so 'n moerse impak maak op ons natuur. Dit wil voorkom of die oosterse aanvraag nou skuif na die Ietermagog.
Dan merk ek ook dat oppad Pilansberg toe, mens skilpaaie en wat nog openlik langs die pad kan koop. Dan is die mark mos die plaaslike burgers.
Groete
Hoor nou die aand op Groen…
Hoor nou die aand op Groen Namibia. Minder as 7000 Jagluipers oor in die natuur, minder as n kwart van die Renostergetalle. Geen bohaai nie, geen plan nie, hulle gaan uitsterf deurdat ons eie boerenasie hulle uitroei. Nou praat ons van die splinter en balk.
Oposisie partye en die media…
Oposisie partye en die media rapporteer nou oral dat die afname in renosterstropery is te wydte aan, soos Chris WH hierbo uitgewys het, verminderde getal renosters om te stroop en nie noodwendig suksesvolle voorkomingsmaatreëls nie.
'n Tragiese toedrag van sake.
Eie mense
Môre neef Herman
Dis om van te kots. Dit verstom my dat eie mense steeds in vandag se dae kan spog hoe hulle luiperds en cheetahs skiet.
Net so walglik is dit om periodiek in die nuus te verneem dat eie mense agter renosterhoring handel sit, en betrokke is.
Groete
Kan skaars glo dat ek nog…
Kan skaars glo dat ek nog nie 'n beroete gehad het nie.![]()
Net 1 500 wit renosters oor in KNP
Ek lees gisteraand hier dat daar moontlik net 1 500 wit renosters oor is in die Kruger wildtuin.
1500?
1500 klink vir my reeds bietjie hoog. Laasjaar het ons ons self vrek gesoek aan hulle....het eers op dag 12 die 1stes gesien in n area waar hulle gereeld voorkom. Ek lees ook laasjaar waar daar gebrag word dat stropery afneem....maar die afname is te wyte aan die feit dat daar so min oor is en nie dat hul werk goed gedoen word nie
Save the Rhino
Baie goeie nuus in vanoggend se Daily Maverick: "R10m windfall for African conservation after Australian 'rhino resque' plan folds up".
In kort: R10m is ingesamel in Australië om Afrika renosters te bewaar. Aanvanklike plan was om 200 wit en swart renosters uit Afrika op 'n plek naby Queensland te hervestig. Die besluit is omgekeer en met die toestemming van donateurs is die geld bewillig aan 7 uitgesoekte organisasies (uit baie aansoeke) in Suid Afrika (5), Zimbabwe (1) en Namibië (1). Die organisasies moes bewys lewer van hul bestaande projek en waarvoor fondse benodig word. Die berig bevat meer detail oor o.a. suksesse wat reeds deur een van die organisasies behaal is, wat dit 'n groot 'goedvoel' storie maak - lees dit gerus.
* Vir rugby liefhebbers - George Gregan ( voormalige Australiese skrumskakel, gebore in Zambië) is een van die kampvegters vir die projek.
Renoster paradys naby my
Ek gaan nou nie die park se naam noem nie, julle weet na watter ene ek verwys.
Deesdae is al die sigbare renosters onthoring, en daar is geweldig baie. Nou wonder ek, mens hoor/lees nooit van stropery daar nie. Om dit nog merkwaardiger te maak, is dat die park omring is met nedersettings.
Die eetbare wild neem egter ooglopend af, gemeet op sigwaarde soos ons jaarliks daar kuier. Nou wonder ek, word daar vleis voorsien, in ruil vir geen stropery, en anti-stroop inligting.





Chris, in ons Julie besoek…
Chris, in ons Julie besoek te Pretoriuskop, het ons op dag een, op 'n renoster af gekom wat gedood is vir die horings, ek kan nie beskryf wat deur my gedagtes gegaan het nie, daai woede kan nie beskryf word nie.