Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte vir Daan (en vir jou… Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -37 minutes ago
"Opgevang" Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Tuis Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Donker Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
14 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago

En die reën val lekker

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.

Hoop dit val waar dit nodig is 🙏 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 07/04/2019 - 13:10

Dit was nou n lekker ogetraan lag gewees. "Kenhart het net die blitse op die horison gesien !!!!!" Man ek is versot op sulke humor.

0
Centurion

Dusty

Mon, 08/04/2019 - 12:38

Is gister na n ander saal in die hospitaal verskuif. Is nou by n venster en kan die weer buite sien. Onweer en winderig. Sien die boom se blare wieg in die wind

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 04/04/2020 - 14:54

Ek het so by 12:00 die meter leeg gemaak, hy het op 90mm gestaan, lekker, swembad het oorgeloop.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 05/04/2020 - 17:18

Ja Shaun, maar dit was vir eers die laaste, vanoggend 2mm uit gegooi.

Dit is dalk die laaste goeie reën tot na die winter.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 07/04/2020 - 12:39

Len sê daar is so mistige reëntjie by hulle.

Sien gister op die nuus SA Weer voorspel goeie kans vir reën maar "yr" wys maar min ?

.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/04/2020 - 15:18

Ja Willem, die weervoorspellers sukkel maar om die Kaapse reëns voorspel te kry.  Wat hierdie voorspeller wel weet, as die suid-oos kwaai hier waai, dan kry julle daar in Sodom en Gomorra 'n dag of wat daarna sommer lekker reën.  Dis nou windstil hier by ons net ingeval jy wil weet of julle nog reën kan verwag.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 12/04/2020 - 08:38

Die Kaap doen maar toe weer sy ou gewoonte gestand deur met Paasnaweek sy eerste winterreëntjie te kry. Ek het so pas 11 mm uit my meter gegooi, nadat ons vroeër dié week ook 20 mm gemeet het.

Die Wes-Kaapse saaiboere maak reg vir planttyd. Ek hoop en vertrou dat ons 'n "normale" winter sal beleef wat reën aanbetref. Die Wes-Kaapse koring- en garsbedryf het dit dringend nodig na 'n ondergemiddelde seisoen verlede jaar.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 12/04/2020 - 19:59

....vanoggend was dit my beurt om 20mm se oornag -reën uit te gooi !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus