Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.
Hoop dit val waar dit nodig is 🙏
29mm hier op Fochville gekry…
29mm hier op Fochville gekry, sal maar 2 kort broeke aantrek as dit koud word
Ons het eergister `n slegte…
Ons het eergister `n slegte haelbui gehad. Die tuin is sleg verniel en ek het gister heeldag skoongemaak en plante getrim. Kon geen reënlesings neem nie want die reënmeter het dit ook nie gemaak nie. Ek vermoed hy was al lekker bros van die son want daar is van hom feitlik niks oor nie.
Dit het gisteraand beginne reën en dit doen nog steeds. Sulke lekker sagte reën op die sinkdak.
Groetnis
Chris, 50km N W van…
Chris, 50km N W van Oudtshoorn dorp, reg onder die Swartberg pas. Hierdie is nie ñ boerdery nie, net n stokperdjie -besigbly- aftreeplasie.
Neef .....
.... dan het ek darem 'n goeie idee in watter kontrei jy woon. Dit is maar ou "hartse punt" wêreld vir my. Ek het op 'n stadium nogal baie daar rondgery (baie jare gelede). My skoonmense het in Prins Albert-distrik geboer en die Swartbergpas was maar die meer algemene pad tussen Oudtshoorn en Prins Albert. Ek maak die aanname dat jy waarskynlik 'n entjie af op die pad tussen Kango en Kruisrivier woon. Maar nietemin, mooi ou wêreld.
Ek het self 'n kortstondige verblyf op Oudtshoorn gehad (die eerste 6 maande van 1980) en sedertdien het ek 'n groot liefde vir dié dorp. Geniet hom!!
geniet....
Geniet julle laaste reëns, ons beurt gaan kom !
Oudtshoorn : Ek hou ook van die dorp en die omgewing. Ons het tot twee jaar gelede elke jaar gekamp by Kleinplaas in die dorp tydens die jaarlikse KKNK. Die besoeke altyd baie geniet, maar nou 'n bietjie briek aangedraai omdat die tydperke te na aan ons Wildtuin-besoeke is - mis die kuiers baie !
Fantasties......
.......Willem, as ek so 'n hoeveelheid reën kry is my drie reëntenks tjok en blok vol. Net vandag twee van die drie in die swembad leeggemaak. Maar ek hoor 'n senior weervoorspeller sê 'n koufront tref die Weskaap Sondag en dan is dit ons beurt.
Ek verstaan daar in Wonderboom-Suid (of is dit nou Rietfontein ?) se wêreld het hael kwaai skade aangrig aan tuine en karre.
4 mm of rain
Petrol dorp did have 4 mm of rain i also see Phalaborwa did have some rain as well
Eish it was i test Willem
Willem ek probeer maar ja die rooi kom ek nie meer reg ek stick maar by my gemaklike mooi natuurlike taal ![]()
Spietkop en die taal
Môre vriende
Jare gelede was daar 'n "spietkop" op Robertson, en die man het ook blykbaar gesukkel met die rooitaal. Sy bynaam was Jack ten bob.
so word vertel ,hy stop eendag 2 studente vir spoed. Die knape weet hulle is in die bollie, maar ken sy swakpunt. Trek hulle los en praat die Queens royal english sommer so gelyktydig. Seg oom Jack--- please do not speak twice together, speak once upon a time.
Groetnis
Ek bly maar Sleep Nou
Chris daai Tow Now klink soos n insleep diens ek se nog altyd die ingels Juff wou ontslae raak van my toe sit sy my deur ![]()
Shaun...
... toe ek aangesluit het by die forum en ek sien iemand wat deelneem as Sleep nou, het ek in elk geval gedink dit is seker 'n ou wat 'n insleepdiens bedryf. Toe ek agterkom jy's van Petroldorp, het ek gedink jou insleepdiens is daar. Eers later besef jy werk by Sasol.🤪🤪
Noord Kaap (Luckhof)
My jongste en haar man is tans in Noord Kaap hulle se dit reen lekke daar sien ander dele in Noord Kaap sowel landwyd kry ook reen![]()
Ek het gister 45mm uit…
Ek het gister 45mm uit gegooi. Vanoggend reën dit saggies hier
Gister ...
Ek het net 1mm uitgegooi, vajoggend soyn die son maar is gedeeltlik bewolk.





Ons het so 20 mm gekry!
Ons het so 20 mm gekry!