Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -15 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -15 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -19 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -23 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vaalpark

Johann L

Fri, 21/08/2020 - 07:47

Goeie more vriende, geniet die naweek.

More Arie, ek sien jy is aanlyn, baie sterkte vorentoe. Ons weet dat daar nou 'n groot leemte in jou lewe is, maar jou geloof sal jou jou deur dra.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 21/08/2020 - 12:29

Ai tog, die mense wat so lekker kamp maak 'n mens jaloers !  Ek het toe maar iets anders aangepak om my lus te demp.  Sal elders vertel wat ek gister gedoen het.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 21/08/2020 - 20:05

Daai broodjie het geloop soos stroop wink​​​​​​, het vandag n braaibroodjie gemaak saam n stukkie lende skyf (mooi afrikaans). My hele gesin kan brood bak en is altyd n wenner. Dié ene is in n oop pan binne die braai rooster gebak en die skottel braai as deksel gebruik om hitte binne te hou soos n miershoop oond

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 22/08/2020 - 07:10

Dankie Lappies.

Daai brood laat my mond sommer water. Net so met lekker plaas botter of n lekker vye konfyt met so bietjie kaas by smiley

Ons het gister oggend so 8 uur gery en dit het so 2.5 ure geneem. Die voordeel is, dit is weer naweek. smiley Kan klaar voel hoe verskil die skoon lug teenoor die vuil lug. Voel sommer al klaar siek.

Geniet julle dag en bly veilig.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 22/08/2020 - 08:28

Môre môre, bly ek kon julle prikkel met die vars gebakte broodjie. Maak maar plan daar by die huis en bak ene. Ons sal volgende week weer ene bak terwyl ons nog hier staan. Geniet die naweek uit jul sokkies uit. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/08/2020 - 06:19

Son is nog nie uit nie, maar dit lyk belowend vir 'n heerlike dag voor ons weer reën kry in die week.

Ek verstaan by Mammie skaapboud is op die spyskaart vandag en ek gaan dus 'n heerlike dag hê en is vol vertroue jy gaan jou dag ook geniet. En dan, 'n rooi KWV Shiraz staan ook gereed wat vooraf gegaan sal word deur 'n koue Black Lable.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 23/08/2020 - 06:35

Goeie more Len en almal op ons gawe forum,  lekker rustige dag vir julle.

Ek sien hier gaan dit ook warm word vandag, met nog hier temperature vir die week. 

Ek glo Lapskag gaan hierdie week heerlik kamp by Eastco Parys met die in die 20° vir die week.

Len, hire hier die son so paar oomblikke terug oor die horizon begin loer, so mooi goue pink skynsel.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 23/08/2020 - 07:07

Môre. Lê nog en koffie drink, hele bed vol katte, ouma haal rustig asem. Gaan ñ entjie stap, verlede week was die weer darem net te erg.

Die skaapboud klink heerlik, hier sal seker ook iets lekker voorgesit word. Nou ja laat ek my ou lui gedaante aan die beweeg kry. Mooi dag vir almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus