Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Auchterlonie Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Molle Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -2 hours ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 07/07/2021 - 09:05

Goeie more Kampeerders,

Ek het nou die hele draad deur gelees en baie goed gevind wat behulpsaam is maar ek het net 2 vrae:

Op die intelligent solenoid charger, moet dit 2 van die selfde batterye wees of kan my bakkie se battery n 80AH wees en my diep siklus battery 105AH wees wat agter in die Kanopie is, sal die solenoid my deep cycle battery vol laai of gaan hy stop wanneer my bakkie se battery vol is?

2de vraag:

Ek het n son paneel (150watt) op my Kanopie permanent, kan ek die solenoid ook koppel terwyl die son paneel ook gekoppel is, gaan ek nie die solenoid seer maak of deur mekaar maak of dalk die diep siklus battery te vinnig laat laai en dan laat "kook" nie?

Net n ander onnodige vraag maar sal graag julle insettinge wil sien, veronderstel ek kamp iewers, ek beplan nie om te ry om my battery te laai nie, ook is dit effens bewolk maar die son paneel laai effens maar nie effektief nie, kan ek n 220v charger koppel op die battery om die battery te help laai, selfde prinsiep soos vraag 2!

 

Hoor graag van julle

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/07/2021 - 09:50

Ander sal seker beter kan terugvoering gee, maar soos ek verstaan een laaier op 'n slag gekoppel en as een laaier 2 batterye laai moet dit die selfde wees ?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/07/2021 - 12:32

Hoop die kan help ?

.

Hier is die geskryf ge(copy/paste)

SPAN DIE REGTE DRAAD!
Deur Mic van Zyl 22 Mei 2020
WEG TYDSKRIF
Uitgawe Augustus 2019
Illustrasie: Dominic Wienand
As jy ’n ys-vrieskas in jou veldryer laat installer, is dit belangrik om die bedrading rég te doen.
Laasmaand het ek gesels oor hoe belangrik dit is om enige installasies aan jou 4x4- voertuig korrek te doen, veral wat die bedrading betref. Uit ’n veiligheids- en betroubaarheidsoogpunt maak dit net sin.
Een van die belangrikste toevoegings tot ’n veldryer is die installering van ’n ys-vrieskas, omdat vars vleis en ’n koue bier of glas wyn hoog op die lys is van dinge wat vir ’n aangename reis sorg. Heelwat 4x4-voertuie rol van die fabrieksvloer af met ’n kragpunt agter in die bagasieruim, en mense vra my gereeld hoekom ’n mens nie net die ys-vrieskas dáár kan inprop nie.
Daar is twee fundamentele probleme met dié voorstel. Eerstens word die elektrisiteit by dié kragpunt deur jou ryding se hoofbattery voorsien. As jy dus die ys-vrieskas aanskakel terwyl die voertuig afgeskakel is, loop jy die gevaar dat jou voertuig se battery afloop en dit kan jou hoog en droog in die middel van nêrens laat.
Dit is hoekom soveel veldrygeesdriftiges ’n tweede battery en ’n dubbelbatterystelsel laat aanbring. Sodoende maak jy doodseker jou ys-vrieskas kry sy krag by die toegewyde tweede battery wat onafhanklik van jou ryding se hoofbattery werk. Die tweede rede hoekom dit nie ’n goeie idee is om jou ys-vrieskas by die bestaande kragpunt in te prop nie, is effens meer gekompliseerd – en moontlik belangriker. Dit gaan oor die dikte en lengte van die bedrading wat die voertuigvervaardigers gebruik wanneer hulle hierdie kragpunte installeer.
Die dikte van die elektriese bedrading hou verband met die koperkern en word in vierkante millimeter (mm²) gemeet. Bedrading met ’n koperkerndeursnee van 4,5 mm het ’n dikte van ongeveer 16 mm², en staan dus bekend as 16 mm-draad. Die kragpunte wat deur die vervaardiger in die fabriek aangebring word, het gewoonlik bedrading met ’n dikte van 1,5 mm².
Wanneer jy egter jou ys-vrieskas by die kragpunt inprop, sal jy sien die spanning neem af. As jy stroomspanning op dié bedrading toets, kry jy gewoonlik ’n lesing van 12-13 V. Wanneer jy egter jou ys-vrieskas by die kragpunt inprop, sal jy sien die spanning neem af weens ’n kombinasie van die dun bedrading en die afstand tussen die kragpunt en die battery as kragbron.
Kom ons kyk na ’n tipiese voorbeeld. Die kragpunt agter in ’n sportnutsvoertuig se bagasieruim is sowat 7 m van die battery af en die dikte van die bedrading is 1,5 mm². Sodra jy die yskas inprop, trek dit ’n stroom tot 4,5 A wanneer jy dit aanskakel. Die afname in stroomspanning word uitgewerk teen ongeveer 6% of sowat 0,75 V vir 1,5 mm²-bedrading teen 7 m.
Dit beteken die spanning het gedaal tot 11,25 V. Heelwat moderne ys-vrieskaste het ’n bekermingseenheid wat hulle laat afskakel teen ’n lae stroomspanning om permanente skade te voorkom. ’n Ironman-4x4-yskas sny byvoorbeeld teen 11,7 V uit op die hoë verstelling. Deur bloot die bedrading te verander – in dié geval na ’n dikte van 6 mm² – word die afname uitgewerk op ongeveer 1,5% of net 0,18 V. Dit beteken die stroom is steeds op 11,82 V, en dit is dus heeltemal veilig vir jou ys-vrieskas.
Peter Slement, ’n kenner op die gebied en die eienaar van National Luna, vergelyk dit met tuinmaak. Hy sê as jy dun bedrading gebruik is dit net soos om jou tuin met ’n dun tuinslang nat te lei. Dit maak nie saak hóé groot jy die kraan oopdraai nie; die dun tuinslang keer die vloei van die water en dus kan die sproeier nie tot sy volle reg kom nie. ’n Tuinslang met ’n groter deursnee wat aan dieselfde kraan gekoppel is, sorg vir meer vloei en jou tuin is in ’n japtrap nat.
Peter slaan myns insiens die spyker op die kop!

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 07/07/2021 - 16:09

Wow, maar julle maak darem battery-dinge ingewikkeld.  Gelukkig hoef ek dit nie te verstaan nie want my Exclusive met sy 102Ah mover battery het by twee geleenthede, 5 dae elk, by Balule en Tsendze die nodige krag voorsien sonder om ons in die steek te laat.  Die battery is vir ligte, radio, waterpomp en die mover (redelik intensief) gebruik met aankoms en vertrek by hierdie twee kampe. Gelukkig het die yskas en vrieskas baie doeltreffend op gas gewerk.

0

Middag Josef

Ek wil voorstel dat jy dinge eenvoudig hou.

1] Ek is van mening dat as jy enige 2 batterye gelyk, in parralel wil laai, hetsy met batterylaaier, of sonpaneel, dat die batterye identies is in volts, laaistroom, spannings benodig vir laai, float ens en dan seker ook in kapasiteit.

2] Moenie met 2 laaiers, waarvan die sonpaneel ene is, gelyk laai nie. As 220v beskikbaar is, sonskyn of onweer, gebruik dit. Sonpanele is vir "geen 220v" beskikbaar, en dan hoop ons maar die son is nie te flou nie.

As jy nie stroom en spanning kan meet tydens laaiproses nie, werk jy effe blind. Al wanneer dit OK is, is jy 'n slimlaaier het wat dit monitor, en as batterye vol is [14.6v] die stroom afskaal na amper niks.

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 14/07/2021 - 07:57

Josef solank jou voertuig engin nie loop nie sal dit nie stroom deurlaat deur die solenoid na die 2de battery toe nie.   Dan kan jy maar 'n ander laaier koppel. Die 2de laaier sal ook nie stroom terug laat vloei na jou voertuig battery toe nie, behalwe as die solenoid so' n funksie ingebou het vir ingeval jy self jou hoof battery wil laai van agter af.  Die NL solenoid beheerder het so 'n funksie. 

Na watter solenoid kyk jy?  NL?  

Onthou die solenoid is nie' n laaier nie en moet die voertuig se laaier ingesoan word. 

DC to DC is dalk 'n beter opsie.  Victron maak' n baie goeie DC to DC vir baie goedkoper as die ander ouens. 

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 14/07/2021 - 08:25

Ek het weer teenspoed met my National Luna intelegente selinoide gehad.

Met ons rit na Zelpy het ek agter gekom die Anderson prop gee 'n 0 volt lesing aan die kar se kant, ek het die kar toe na die Auto Elek terug gevat wat die stelsel geinstaleer het. Hy het my gewys dat die selinoide se relay op gepak het, en toe die drade direk op die kar se batery gekoppel vir die rit.

Sy bewering is "Die goed neuk maar rond" ek sou die kar na hom terug vat as ons terug is, maar het besluit ek gaan nie weer R2000 betaal vir 'n nuwe instalasienie, ek ry nou net so en sal net die Anderson prop ontkoppel as ek gaan stop vir langer as 'n paar minute (bv. stop vir eet ens)

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 14/07/2021 - 09:38

Voortrekker, ja ek het die NL dual Battery Solenoid gekoppel, ek het ook my son paneel op n skakelaar van die begin af op my kanopie, so wanneer ek stop en die solenoid skop uit, dan kan ek net my Son paneel se krag aansit om dan die Battery vir my verder vol te hou.

 "behalwe as die solenoid so' n funksie ingebou het vir ingeval jy self jou hoof battery wil laai van agter af.  Die NL solenoid beheerder het so 'n funksie."

Wat stel jy voor Voortrekker? as ek stop om te kamp, moet ek die BH plug ontkoppel sodat daar nie krag terug gevoer word na die hoof battery toe nie, maar wat is die doel van die Solenoid dan of verstaan ek verkeerd, Soos ek verstaan bly die solenoid gekoppel al is die enjin afgeskakel totdat die volts val tot op 12,7 dan ontkoppel die solenoid eers? 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 14/07/2021 - 10:07

Josef die NL het die funksie  indien jou motor battery pap geraak het en jy wil jou voertuig start met jou 2de battery.   As ek reg onthou sit die funksie op die NL beheer apparaat wat opsioneel is.  Dit bypass dan die diode - maar dit is nie altyd aan nie en jy moet dit self selekteer - so geen bekommernis - jou batterye sal altyd geisoleerd wees van mekaar, behalwe as jy self anderste besluit.

Ek het 'n klein 5 A slim laaier wat ek saamry indien ek by 'n plek kom wat krag het en dit dalk bewolk is of reen en die sonpaneel nie genoeg krag kan lewer nie.  Dan moet die sonpaneel ontkoppel en die laaier gaan direk op die bettery.    

My battery is nog glad nie gekoppel aan die voertuig se laaier nie. Geen DC to DC of solenoid nie. Ek wonder nog of dit werklik nodig is?   Ek dink ek sal eerder my 2de battery heeltemaal ontkoppel van enige laste as ek ry en die laste dan direk koppel aan die voertuig se battery d.m.v van 'n sellekteer skakelaar op die battery boks?    Swaai dan weer om as ek by die kampeerplek kom.   

Wat solenoids en DC to DC laaiers aanbetref kan dit jou battery beskadig veral as jy kort afstande ry en die battery laai nie altyd heeltemaal vol voordat dit weer 'n las dra nie.   Sekere batterye hou nie daarvan nie, veral sekere deep cycle batterye en AGM's.   Jou standaard loodsuur geen nie veel om daaroor nie.   Die standaard tipe voertuig batterye werk lekker saam met die solenoids veral as dit baie dieselfde is as wat alreeds op die voertuig is.   Maar 'n duurder meer fancy deep cycle battery as 2de battery sal meer deeglik gemonitor en vol gelaai word.

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 28/07/2021 - 07:39

Goeie more Kampeerders,

Vanoggend krap ek kop en ek verstaan nie lekker nie, gister is ek toe besig om alles te begin reg kry vir die naweek se kamp, laai toe die battery in die kanopie en koppel die BH proppe en gaan ry toe n draai met die bakkie, seker so 20 km gaan ry dat die NL Solenoid kan inskop en die battery laai en kyk dat alles mooi werk, terug gekom by die huis, bakkie onder die afdak gestop en toe gou die olie's en water na gegaan in die enjin kajuit, toe kom ek agter maar die solenoid skop nie uit nie,  het toe alle drade na die hoof battery ontkoppel en ook die BH prop agter in die Kanopie ontkoppel, drade weer gekoppel op die hoof battery maar die solenoid se oranje liggie bly brand, het die solenoid n bietjie getik met n rubber hammer, maar liggie brand nog steeds.

Nou hoe maak ek nou, het die NL solenoid die gees gegee en vas gesteek, wat is my opsies, moet ek maar vir my n DC-DC charger nou eerder kry, dan is daar geen meganiese parte wat kan vassteek nie?

Watse DC-DC charger moet ek kry en wat is die kostes so plus minus?

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 28/07/2021 - 08:37

Môre Josef, ek het dieselfde oor gekom met my NL solenoid, dit uit gegooi en die kabels direk op die hoof batery gekoppel. Die enigste nadeel nou is: mens moet net gedisiplineerd wees om te ontkoppel as jy langer as bv sê 30 minute gaan staan.

Ek was by 'n auto electric in Vanderbijlpark, hy wou 'n hele nuwe instalasie doen en die eerste een was reeds meer as R2000, ek sien nie kans om weer soveel te betaal nie.

As ek die DC to DC reg verstaan, is dit die pad om te loop. Hoe so ding gaan werk op my opset sal ek graag nog meer oor wil uit vind. Ek laai net my karavaan se batery tydens sleep, en waar nie 220 is nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/07/2021 - 09:57

Punt nr. 1  :-  Ek is geen kenner van dit waarvan julle praat nie (DC to DC en NL Solenoid) en kan dus nie kommentaar lewer wat is fout met Josef se NL nie.

Punt nr. 2 :-  'n Elektroniese ingenieur het vir my 'n apparatjie gebou om die krag na my vrieskas agterin die P/F se laairuim af te sny sodra die P/F-battery daal tot op 'n punt net genoeg om weer te "start".  Wanneer die vrieskas nie gekoppel is nie, bly die apparaatjie aangeskakel (omdat die P/F se batterykrag mos bo die afsnypunt is).  Ek het gevoel dis onnodig omdat vir lang periodes is daar nie 'n vrieskas gekoppel nie en het toe self 'n skakelaartjie voor die apparaatjie geïnstalleer wat ek afgeskakel hou totdat ek weer die vrieskas koppel.

As die NL solenoid op dieselfde basis werk, is daar mos niks fout nie  -  sy "job" is om af te skakel as die battery te laag daal, of praat ek nou twak ?

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 28/07/2021 - 11:07

Soos ek verstaan het, is dit presies wat die NL solenoid moet doen, sonder 'n apparte skakellaar, maar volgens die auto elektrisièn, pak hulle baie op en hy vervang dit gereeld met 'n ander metode (dmv ignition skakeling dink ek?)

As die NL solenoid op dieselfde basis werk, is daar mos niks fout nie  -  sy "job" is om af te skakel as die battery te laag daal, of praat ek nou twak ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/07/2021 - 12:10

Ek wonder of dit nie die rede is hoekom die NL so dikwels ingee, naamlik die feit dat dit NOOIT afskakel tydens nie-gebruik nie.  Selfs al is die voertuig afgeskakel, sal die solenoid 24/7 aangeskakel wees en dis die rede hoekom ek in myne 'n skakelaar ingesit het en alleenlik die solenoid in werking stel waneer ek 'n vrieskas van krag voorsien.  Myne is dus heeltemal ontkoppel en word net aangeskakel/geaktiveer as ons sleep.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 28/07/2021 - 12:15

Josef, terug na jou vraag "wat is my opsies" ?

Ek raai daar is niks fout met jou NL nie na aanleiding wat ek hierbo bespreek het.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 28/07/2021 - 12:17

Op die Exclusive se auto water vol maak het ek 'n solenoid klep wat oop maak as die water tenk leeg is, hy het ook opgepak (warm geword) om dat hy heeltyd aan was omdat die tenk by die huis leeg is.  Ek het toe ook 'n skakelaar in gesit wat ek af sit as ek by die huis kom.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 28/07/2021 - 12:27

Victron DC to DC gaan ek ook aanskaf en ook die Victron een wat vanaf jou solar die 2 de battery laai sterkte

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 28/07/2021 - 17:32

Ek het die boekie wat saam met die solenoid gekom het, vandag weer  n keer gaan goed bestudeer, dit noem dat as n tweede battery nie gekoppel is nie sal die solenoid nie inskop nie, sodra n tweede battery gekoppel word en die hoof battery se volts styg hoor as 13.1 volts dan is daar n 5 minute wag periode dan skop die solenoid in en gee krag deur na die 2de battery, sodra jy die bakkie afsluit, is die twee batterye nog steeds gekoppel deur die solenoid totdat die 2 batterye gelyk tot 12.7volts daal, dan skop die solenoid uit en isoleer die batterye van mekaar. 

Ek het die bakkei af gesluit, Kanopie ligte aan gesit, vrieskas aan gesit, bakkie se ligte en lug versorger en radio aan gesit en solenoid wou net nie uitskop nie.

Maar die solenoid steek vas  en drein nou altwee batterye, anders kan ek die solenoid weer terug sit en gekoppel hou en sodra jy stop net die BH prop ager in kanopie uittrek sodat die bakkie se battery nie gedrein word ook nie mar is nie graag die opsie nie, dit is nie hoe die solenoid moet werk nie, vergeet ek om die BH prop uit te trek dan sit ek het n pap Hoof battery.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 31/07/2021 - 07:08

Goeie môre almal, net 'n vraag.

Ek dink daaraan om die Penta se laaier uit te haal en die inteligente laaier in sy plek permanent in te bou. Voor ek met dit begin, wil ek eers hier by julle slim manne hoor of dit sal werk. 

Die sal maklik gedoen kan word maar, ek is bietjie geworry oor die 14.7 volt laai, wat gaan dit aan my LED ligte doen, sal die 2 volt ooit enige verskil aan die leeftyd van die liggies maak? Ek twyfel, maar wil tog seker maak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus