Voortrekker, ek ervaar Kampforum baie, baie stadig in vergelyking met ander webblaaie en forums waar ek ook gesels. Ek het 'n Telkom ADSL-lyn wat my probleemvry en vinnig diens op alle ander platforms behalwe by Kampforum ervaar ek dit baie stadig. Ek gebruik Chrome om by Kampforum uit te kom, maar ervaar dieselfde as ek via die ou Internet Exporer of die nuwer Windows 10 Edge gaan.
Kan iets daaromtrent gedoen word ?
Len, probeer bietjie Q20 of…
Len, probeer bietjie Q20 of Prolong op die sleutelbord?
Dieselfde hier Len
Dankie dat jy dit noem Len ek het gedink dis net ek wat so sukkel . Die Forum vat baie lank om te laai en ek gebruik Fire Fox . Arie ek het q20 op die keybord gespuit nou se dit " This user have no access to the Forum " weet jy dalk wat fout kan wees ![]()
Die draad het seker 'n knak…
Die draad het seker 'n knak in van al die verkeer hier ?
Ek ook gewonder
Ek kon ook nie inkom nie maar vanoggend loop die forum soos stroop





Anton
Anton, ek ervaar die Kampforum se webtuiste weer baie stadig (let wel, hierdie keer nie hond stadig nie).
Kan jy asseblief weer doen wat jy laas gedoen het ?
Dankie