Synde Len nou sy draad begin het - en ek nie met my vooruitsigte en beplanning sy draad wil besoedel nie, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.
Eerstens hou ons styf duime vas dat alles gaan realiseer. Ek het my 65ste verjaarsdag in Punda Maria gevier in 2019 en as alles volgens plan verloop sal my 67ste volgende jaar weer in Punda gevier word.
Ons beplan om reeds op 15 April hier te vertrek. En ek wil 'n totaal en al ander roete ry as die normale - dit is nou die gedeelte tot Colesberg. Ons kortste pad tot waar ons by die N1 buite Worcester aansluit is via Villiersdorp. Om dié ellendige stuk pad tussen die N2-afdraai tussen Botrivier en Caledon tot naby die Brandvleidam uit te skakel, het ek in 2019 oor Sir Lowryspas gery en vanaf Klapmuts N1-langs gehou. Ons eerste aand was tot by Goudini Spa. Volgende jaar beoog ek om N2-langs te hou tot net anderkant PE en dan eers binnelands te swaai om met die N10 via Cradock en Middelburg te ry alvorens ons by Colesberg by die N1 aansluit.
Ons is baie lief vir ATKV Hartenbos, maar ek het nou-al soveel goeie dinge van Dibiki verneem dat ons besluit het dat dit dalk tyd is om laasgenoemde te beproef. Ek wou vir 6 aande daar bly, maar hulle het 'n 7-nag spesiale aanbod vir pensioenarisse wat inderwaarheid goedkoper uitwerk as wat ons vir slegs 6 nagte sou oorstaan.
Dan mik ek om iewers naby PE (dalk The Willows) oor te bly vir 'n paar aande en daarvandaan deur te druk na Colesberg voordat ons weer ons redelik normale roete sal volg.
Ons skop af in Punda Maria op 3 Mei. Ek oorweeg dit ernstig om 'n aand of twee by Forever Tshipise oor te staan alvorens ons by Pafuri-hek ingaan.
Ai
Dis nou ‘n reisprogram om op jaloers te wees! En dis oor minder as twee en ‘n half maande. As die huidige tendens voortgaan is die tweede vlaag in die Wes-Kaap oor ‘n maand waarskynlik iets van die verlede. Dan moet ons duim vashou dat die verwagte derde vlaag wegbly, of nie naastenby so erg soos die tweede of selfs eerste vlaag is nie.
Chris B, lyk my ons moet op…
Chris B, lyk my ons moet op 23/5 op die uitkyk vir mekaar wees. Op dié dag ry ons van Letaba af Tsendze toe en julle ry op dieselfde dag vanaf Tsendze af na Letaba toe, of kyk ek verkeerd ?
Jy's reg Len ...
.... ek sal beslis uitkyk vir die Pathfinder met die Exclusive agterna.
Chris B dit sal maar neuk om…
Chris B dit sal maar neuk om ons mis te kyk !
Ek hoop net ons ontmoet mekaar nie by 'n uitklimplek nie want ek wil nie graag met die heerlike reuk van 'n nuwe Toyota gekonfronteer word nie !
Daai reuk is klaar weg Len…
Daai reuk is klaar weg Len. Ek vertrek volgende Vrydag Reitz toe - so kuier-kuier. Slaap Vrydagaand by Travalia, Saterdagaand in Colesberg en Sondagaand waarskynlik in Clarens of Bethlehem. Teen die tyd wat ek die volgende naweek weer tuis arriveer is die Hilux al goed tweedehands.
Kan nie wees nie Chris,…
Kan nie wees nie Chris, daardie "nuwe-kar-reuk" kan nie al weg wees nie ! Het die Ivermektien nie dalk jou reuksintuig vernietig nie ?
Lemon creame toets
Die enigste gratis tuis toets om te bepaal of jy die Covid siekte het is;
koop 'n pakkie Lemon creames. Maak dit oop en ruik. As jy die reuk ervaar, is jy redelik seker jy is OK. Dan proe jy aan 'n koekie, en as dit proe na lemon, dan is jy oor die 2de hekkie.
Julle kan dit probeer, die enigste nadelige effek aan die toets is sooibrand, as jy die toets te veel kere herhaal op 'n dag.
Groete
Verander of veranderinge is .....
.... mos maar deel van die lewe. Só ook die meeste kere met die Boucher's se vakansieplanne. Ek het al in die vroeë 90's beplan om o.a. in Zimbabwe te gaan toer en ook eenkeer in Namibië - waar selfs plekke bespreek en deposito's betaal is. En as ek my weer kom kry, dan beland ek in die wildtuin.
Só het ek ook baie kere beplan om ander roetes te ry - en dan beland ek uiteindelik op my ou bekende paaie en bly oor by my ou bekende oornagplekke.
Ek het beplan om vanjaar (as ons winter-wegbreek realiseer - Covid-situasie???) met die N2 tot PE te ry voordat ek binneland toe swaai. Dit sou o.a. 'n week by Dibiki behels en 4 of 5 aande by The Willows.
Nou is dit eerder 5 aande in Karoo Nas Park en 7 aande by Klein-Kariba. Ek wou graag 1 aand by hetsy Eiland Spa of Forever Phalaborwa oorstaan op 30 Apr voordat ons op 1 Mei die wildtuin ingaan. Omdat 30 Apr blykbaar nou in die nuwe skoolvakansietyd val, vereis hulle dat ek minstens 3 aande oorbly en Forever vereis minstens 2 aande. Ek het toe maar 2 aande by Forever bespreek - 30 Apr en 1 Mei. Maar ek sal net 1 aand oorbly, want hulle tarief is maar R200 per nag - wat ek sal opoffer. Ek gaan beslis nie 1 Mei by Letaba kanselleer nie.
En kyk hoe sien ek nou uit na 5 rustige aande in Karoo Nas Park. Die week by Klein-Kariba mag dalk 'n bietjie bedrywig wees aangesien dit in ieder geval die langnaweek aan die einde van April insluit, maar nou ook die hele skoolvakansie.
Alweer veranderinge
Om Len te na-aap - nog 46 slapies voor ons die langpad vat. Intussen het ek 'n diens-afspraak vir die "ou lady" - nee, nie vir Ralie nie - gemaak by Cara-Camp in Somerset-Wes vir 17 Maart. Ek voel maar net meer gerus om die wa elke keer te laat diens voor ons die langpad aandurf.
Intussen het ek ook 'n ekstra nag in Karoo Nas Park bespreek - dus vir die eerste 6 aande van vakansie. Ons was twee jaar gelede ook vir 6 aande in die park bespreek met die aanvang van ons vakansie. Dit het toe noodgedwonge verander na 7 nagte omdat ons eers die stoeptent en sykante moes laat droogword nadat ons papnat gereën het.
En dan het ek 'n ekstra nag bygevoeg in Shingwedzi ten koste van een nag in Tsendze. Ek het gereken dalk is dit net beter om 'n nag korter in Tsendze oor te bly met my MacGyver-metode van verkoeling (soos Len dit al genoem het). Ek hou al vir 'n geruime tyd die Sanparke-webblad dop om te sien of daar nie 'n ekstra nag in Shingwedzi beskikbaar raak nie - en wraggies, die afgelope Vrydag gebeur dit toe.
Nou hou ek die webblad verder dop om te sien of ek nie dalk my laaste nag in die wildtuin (tans in Skukuza) kan verander na Satara nie. Indien dit moontlik is sal dit my rit na Eiland Spa vergemaklik deurdat ek nie deur Bosbokrand hoef te ry nie.
Intussen is ek ook besig om my inpaklys na te gaan, want 4 maande plus op die pad, vereis nogal deeglike beplanning van wat gaan saam en wat bly agter.
Noudat jy so werskaf aan…
Noudat jy so werskaf aan julle Wildtuin-trippie, is jy al weer tuis in Kleinmond ?
So pas reggekry
Nou hou ek die webblad verder dop om te sien of ek nie dalk my laaste nag in die wildtuin (tans in Skukuza) kan verander na Satara nie. Indien dit moontlik is sal dit my rit na Eiland Spa vergemaklik deurdat ek nie deur Bosbokrand hoef te ry nie.
Ek het vir my 'n "reminder" op my selfoon vir drie keer per dag gestel om te loer op die Sanparke webblad vir 'n moontlike kansellasie in Satara op 14 Junie. En so pas het ek daarin geslaag om my laaste aand in Skukuza om te ruil vir 'n nag in Satara.
Dit maak dit sóveel makliker om 15 Junie na Eiland Spa te ry. Ek sny Bosbokrand uit en ry die hele ent op 'n lekker breë pad via Hoedspruit, Mica en Gravelotte na Eiland. Ek het wel 'n skrywe van Eiland ontvang waarin aanbeveel word dat 'n alternatiewe roete voorgestel word aangesien die laaste sowat 30 km in 'n swak toestand is weens die baie reën. Ek is opgewonde oor dinge wat nou in plek val.
Teen daai tyd...
Middag Chris B
Ag teen daai tyd is die pad alweer mooi reggemaak. Daar is mos 'n grootbekkige politikus in daardie provinsie wat sal sorg daarvoor.
Groete
Chris daai klink reg
Geniet hom Chris hoop hulle maak die paaie daar by die plase reg as jy oppad Eiland toe gaan my swaar bly in Tzaneen en hy gese pad gaan nou vining agter uit
Die reisplan
My (hopelik) finale reisplan sien dus nou as volg daarna uit:
15 - 20 Apr: Karoo Nasionale Park
21 Apr: Forever Gariep
22 Apr: Aldam
23 - 29 Apr: ATKV Klein Kariba
30 Apr: Forever Phalaborwa Safari Park
1 Mei: Letaba
2 Mei: Shingwedzi
3 - 8 Mei: Punda Maria
9 - 15 Mei: Shingwedzi
16 - 22 Mei: Tsendze
23 Mei: Letaba
24 - 29 Mei: Satara
30 Mei - 6 Jun: Onder-Sabie
7 - 13 Jun: Krokodilbrug
14 Jun: Satara
15 Jun - 19 Aug: ATKV Eiland Spa
Nog net die terugreis moet beplan en gefinaliseer word.
6 Weke
Ek sê vandag vir Ralie - as jy dink dat ons 3 weke gelede op ons laaste trippie Oos-Vrystaat (ens) vertrek het, dan besef mens hoe vinnig snel die die tyd verby. Dit voel soos nou die dag dat ons die eerste aand by Travalia geslaap het. Dan lê 6 weke om die draai. Vanaand oor 6 weke (DV) slaap ons die eerste van 6 nagte in Karoo Nas Park - oppad wildtuin toe. En daar is nog sóveel om te doen voor die pad gevat kan word.





As alles volgens plan verloop ...
.... vertrek ons 15 Apr vir 7 nagte by Dibiki.
22 Apr - The Willows (PE) vir 4 aande
26 Apr - slaap oor hetsy Onze Rust (Colesberg) of by Gariepdam
27 Apr - waarskynlik Aldam
28 & 29 Apr - iewers noord van Pta (ek dink aan Tshikwalo of selfs weer by Almega)
30 Apr - Eiland Spa of Forever Phalaborwa
En dan kom die wildtuin aan die beurt:
1 Mei - Letaba
2 Mei - Shingwedzi
3 - 8 Mei - Punda
9 - 14 Mei - Shingwedzi
15 - 22 Mei - Tsendze
23 Mei - Letaba
24 - 29 Mei - Satara
30 Mei - 6 Jun - O/Sabie
7 - 13 Jun - K/brug
14 Jun - Skukuza
15 Jun - 19 Aug - ATKV Eiland Spa
En dan het ek nog geensins verder gedink nie.