Halo
Ek het nou die pale met die bollietjie verander sodat die
25 mm kant die bolletjie huisves. Dit gaan maak dat ek nie met arms omhoog die pale hoef styf te stel nie. Kan sommer op n laer hoogte gedoen word.
Pale
Nou moet ek nog die tweede dakseil se horisontale pale verleng. Hulle "buig" so met n hangaksie. As ek die 25mm lengte verleng na +- 2 meter dan het ek n baie stewiger kontrepsie. m.a.w. soort van dubbel pale. Op die oomblik is almal so dat as hulle styf gestel is, dan is dit soort van enkel pale.
Het self al gewonder waarom…
Het self al gewonder waarom die "ball joint" aan die din paal kant is.
Modifikasie op pale
Sit eerder "heat shrink" oor daai isolasie tape, jy kry dit in die regte grotes.
Blink idee Willem, daai heat…
Blink idee Willem, daai heat shrink gaan ook nie taai gom los nie.
Johan, jammer ek gaan nou so bietjie afdwaal, maar Willem laat my nou dink, ek wil my amper verbeel, ek het op 'n stadium verskillende kleure heat shrink gesien. Dit gaan mooi werk om ook die verkillende pale te merk, al ken mens jou pale.
Heat Shrink
Net so Johann
Ek het al my hoof tent se pale een kleur, die silver seil se pale 'n ander kleur en so die rally ook en dan die voor en agter dakkies ook. Dit help my om die regte pale in die regte sak te sit as iemand help om op of af te slaan. Het sommer ook die toue ook gemerk.


Sulke mooi pale Willem. Jy…
Sulke mooi pale Willem. Jy is seker lus om op te slaan.
En jaa ..al biki vergeet van hearshrink. Sal so maak. Skitterende plan.
Dit lyk mos nou netjies…
Dit lyk mos nou netjies Willem, ek gaan jou beslis "copycat"
Modifikasie op pale
Julle sal ook merk my pale is nie blink nie want ek het dit almal laat "Anodise" (spelling). Dit help vir daai wit roes op die pale en is baie maklik om skoon te maak.
Ek het vandag gaan 25mm heat…
Ek het vandag gaan 25mm heat shrink kry, kon net swart en rooi kry, die winkelier het vir my geel en blou bestel. Dit behoort Dinsdag hier te wees.
Dankie vir 'n briljante idee Willem.
Sal 'n foto laai sodra dit als klaar is.
So pas klaar met my hoof tent
So pas klaar jet my hoof tent se pale, ek sal maar Maandag die silwer seil se pale met wit "heat shrink" merk.

Ek het swart gebruik om die…
Ek het swart gebruik om die horisontale dwars pale mee te kleur, blou vir die horisontale "weg" pale en rooi vir die pote.
Net jammer ek het reeds begin toe ek Willem se fotos sien, dan kon ek paar rand gespaar het deur korter stukke heat shrink te gebruik.
Ek kon ook nie geel kry nie, ek wou graag die dwars pale geel maak.
Johann ,, die swart op…
Johann ,, die swart op horisontale , dwars pale is amper standaard. As jy nuwe pale kry , het hulle swart plakkers op.
Johan, daai stickers hou net…
Johan, daai stickers hou net 'n paar kampe dan kom die kleur af, ek het eers al die isolasie band en sticker se gom met thinners af gehaal, en toe die pype met staalwol skoon gemaak, "what 'n mission".
Die end resultaat is darem lekker, as jy na als kyk en dit is skoon en enige iemand sal sonder twyfel die pale kan reg pak.
Die "multi room" en silwer seil se pale het ek self gemaak volgens die lengtes (verstelbaar) wat ek dit wil hê vir baie goedkoper as wat klaar pale sou kos.
Johann ja. Wou net sê "swart…
Johann ja. Wou net sê "swart" vir die dwars horisontales is soort van standaard. Het myne almal op die punte waar hulle indruk op die konnekters met swart heatshrink gedoen. Did ander pale werk ek as volg. Al die vertikales het n voetstukkie aan. Soms raak hy los en ek die voetstuk vasgeplak en met heatshrink oor verseker. Dan is daar die vyf met die bolletjie aan. Die ander vyf verstelbares is die voorste tent se horisontales. Die agt kortietjies is die met die heatshrink weerskante, dis dié ve die dwars horisontales. Dis nou almal. Behalwe die tien dunner paaltjies vir die kant klappe.
Wil noem as ek oppak maak ek seker die vas " twist" pale skuif toe en twist hulle styf vas. Nooit uitmekaar nie, want dan begin jy sukkel.
N vraag aan almal…
N vraag aan almal.
Hoe gereeld maak jy die pale skoon en met wat.?? Gee jy dan die ossie klamp (vasdraai meganisme) n biki spookpee of silikon spray. As olierigheid aan die paal vasklou gaan dit die tent vlek. ... wat dan.





Agterkant van die paal