6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -37 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Baviaanskloof

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Die plek is steeds op my wenslys. Ek het ook nie 'n 4x4 nie, maar ek gaan kamp tot waar ek kan sleep. Daar hak ek af en ry die res van die kloof net met die bakkie.

wel, ek hoop mens sal 'n groot deel kan ry.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/08/2023 - 16:26

... om met 'n wa (selfs 'n boswa wat ek buitendien nie het nie) in die kloof in te gaan nie. Sou ek dit wel eendag doen (ek hoop) sal ek maar "bloots" ry en eerder by vaste akkommodasie oornag.

My swaer het my verseker dat jy met 'n hoë 4x2 (verkieslik met "diff-lock") deur die kloof sal kan ry. Maar mammie is nie juis een vir die gopse en sleg paaie nie. Sy stres maar gou. Ek het jare gelede by twee geleenthede tot in die makkerige deel van die kloof - by Studtis, waar die skrywer PH Nortje gegroot het - vanaf Willowmore se kant gery. Eenkeer saam met my direkte hoof by die Droëvrugteraad (in sy Austin Marina) en eenkeer met my destydse Ford Estcort. Maar soos genoem - dit was die "mak" deel van die kloof.

Só is ek ook met my Ford Estcort Gamkaskloof (Die Hel) toe. Terloops, ek het gedink ek is nou vir eens en vir altyd klaar met Die Hel nadat ek by twee geleenthede vriende en die laaste keer my kinders daarnatoe geneem het. Maar die kanse is nou groot dat ek 14 of 15 November weer vriende (wat nog nooit daar was nie) Gamkaskloof toe gaan neem. Ons is vir 13, 14 & 15 Nov in 'n Lekkeslaap selfsorgplek in Prins Albert bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/08/2023 - 16:52

Middag Chris B

Dis wat ek dedoel het. Sleep die mak deel tot by 'n kampplek, en kampeer daar vir paar dae. Verken dan die res van kloof bloots, tot waar Marie halt roep.laugh 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 23/08/2023 - 20:47

Hoeveel keer neef al die kloof gery het, kan ek nie tel nie. Baaie keer, en meestal met motorfiets, saam gesin in Landrover, net so baie, dit is vrek naby aan Knysna so n gewilde wegbreek gewees.

Chris is reg, jy sleep nie iets nie, die pad is bitter grof, maar nie onbegaanbaar met n Avis Corolla nie.  Ek het probeer dink waar n naby kampeerplek is, en kan nie dink aan iets nie. Jare terug, was by Klein Juweeltjie n lekker primitiewe huisie te huur, By Piet en Griet ook lekker vaste blyplek. Geelhoutbos, ook chalets, ou bosbouhuisies. En dan is daar die twee kampeer plekke in die kloof self, Doodsklip en Rooihoek van natuurbewaring, maar die is binne die kloof, en tentkamp is die ding.

Die kloof is nie ñ in en uit tipe van toer nie. Jy begin die kant in Willowmore en ry hom anderkant deur tot amper in P.E. Of jy ry tot by Doodsklip, kamp, en kom terug. Moeilike een wat jy sal moet huiswerk doen Wessel. Btw, die passe daar, is nié vir die met hoogtevrees nie, dit is nou, met groot afgronde. Die Swartbergpas is mak in vergelyking.

Worcester

Wildehont

Thu, 24/08/2023 - 06:21

Ons was nog net een keer daar, in 2016. Ons het van Willowmore af ingegaan, en by twee plekke met vaste verblyf gebly. Die eerste aand in ‘n selfsorg huisie en toe twee aande in ‘n boomhuis. Dit was maar knap, maar vrek oulik. Hier is ‘n foto van die boomhuis. 
 

A
 

Die volgende dag het ons heeltemal te laat weggetrek om deur die wildernisgebied te ry. Die GPS het aanvanklik drie ure getoon, maar hoe verder ons op die pad gevorder het hoe langer het die tyd na ons bestemming (Koedoerus aan die Patensie kant as ek reg onthou) geraak. Ons het eers 19:00 se kant daar aangekom. Ons het met die Everest (wat 4x4 het) gery. Mens sou seker soos wat hulle aanbeveel met ‘n 4x2 met goeie grondvryhoogte kon ry, maar ek sou nie wou nie. Die pad was op baie plekke erg weggespoel. Volgens die beampte by die hek aan Patensie se kant hang dit maar af wanneer hulle laas aan die pad gewerk het en wanneer laas dit gereën het. In ons geval was dit twee jaar en twee reën seisoene laas. Maar die vistas was iets ongelooflik. Ek sou bitter graag weer wou gaan, maar dan kampeer in die wildernisgebied. Ek sal egter nie die Kavango vat nie. Hier is ‘n foto of twee. 
 

B

C

Ek dink die een kampeerplek is iewers op/naby die sand langs die rivier op die foto hier bo. 
 

Hier is ‘n lekker blog met goeie inligting. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 13:49

....dankie vir die inligtingstuk. Ek het goy deur gelees, maar is bly dit is verewig op die forum.

dalk moet jy dit met enkele sin op hierdie gesprek kopieer. Dan is alles bymekaat vir toekomstige lesers.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/04/2025 - 16:48

...ek sien dat die handige inligtingstuk wel hierbo reeds geplaas was. Gedateer 24/08/23

As ek dit lees, wil dit voorkom of ek dit behoort te maak tot by kampplekke Bo Kloof en Doringkloof. Beide is nog voor mens die hardebaard reservaat gedeelte ingaan by Sandvlakte se hek.

Worcester

Wildehont

Tue, 08/04/2025 - 18:25

ek sien dat die handige inligtingstuk wel hierbo reeds geplaas was. Gedateer 24/08/23

Ek het dit vandag bygewerk. Ek kon dit seker maar apart geplaas het ook.  

Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/04/2025 - 12:48

Ek het so bietjie begin huiswerk doen. Die volgende kampe met info het my oog gevang. 

1] Doringkloof: bereikbaar met enige voertuig, elektrisiteit en warm water

                             90km van Willowmore kant

2] Bo Kloof:      bereikbaar met enige voertuig, elektrisiteit en warm water                              63km van Willowmore

3] Uitspan:       bereikbaar met enige voertuig en selfs padwa[???]                                             elektrisiteit en tot eie ablusie.                                                                                  45km van Willowmore

Die idee begin almeer posvat om die kloof te gaan besoek. Soos julle kan aflei be-oog ek NIE om deur hele kloof met Grompie en Kavango te toer nie. Hierdie 3 kampe is almal nog voor die reservaat ingang waarna dinge rof, onbeskof, 4x4 en Cruiser raak.    

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 09/04/2025 - 13:08

Nou hoe besoek jy die Baviaanskloof sonder om deur dit te ry Wessel. En ek bedoel dwarsdeur tot by Patensie. Slaap oor in ń gastehuis, môre takel jy die pad van anderkant af.

Die kloof met sy rivierkruisings, passe en natuurskoon is nie soos buite op die vlaktes nie.

 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/04/2025 - 13:45

....net 'n ent in.

Ek dink mos nog ou mater. Ek het gedink om so 'n ent in te ry, tot waar mens kan omdraai [halfpad] , by piekniekplek,en kom weer terug na waar die wa staan.

Onthou, ek is mos 'n ou softie [4x2] en die beterhelfte is eintlik sky...bang vir hoogtes, afgronde en someer. 

Selfs Klipspringer pas ry sy uit, met oge op skrefies geknyplaughcrying 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 09/04/2025 - 16:11

Het jou Hilux nie ń agterste diff lock nie Wessel. Ek glo daar is al menigte Avis Getzies daar deur.

As jy halfpad kan kom, sal jy bitter spyt wees dat jy nie deurdruk nie. Maar jy doen jou ding soos dit vir julle gemaklik is.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/04/2025 - 16:28

...mee uitgekom, maar verkoop vir 1ste paaiementlaugh Ek moet eintlik op bure se gras trek en toets of dit werkdevil Ek dink ek sal dit kan maak, maar of Marie se senuwees, en dan my ore, gaan hou is ander vraag.

Jis, dit lyk ongelooflik mooi daar, veral in reservaat gedeelte.

Daar is baie tyd na volgende jaar toe. Nou nog bepaal wanneer is beste klimaat tyd van jaar daar.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 24/04/2025 - 07:20

Daar het jy nou mooi die Baviaans gesien Wessel. Pragtige afgronde, mooi rivierkruisings en lekker 2 spoor op die rowwe plekke. Grompie sal seil deur die lot. Voort met die beplanning.

Ek wens die twee jonges ,in die video, se poging voorspoed toe. 

Pretoria

Slowstrike

Thu, 24/04/2025 - 09:03

En net daar loop my bucket list oor. Ek wys die vir die vrou en waar baie ander sal wegskram of bang wees was haar antwoord Wanneer???

Ek sal maar van die deurskynende wrapping op die bakkie se kante sit vir die takke wat krap en dalk vir gemoedsrus probeer om `n vriend te oortuig om saam te gaan sosdat daar darm 2 voertuie is.

Herman watter tyd van die jaar sal die beste wees om dit aan te pak. Koue en nat pla my nie regtig nie maar ek sal die plek wil sien wanneer hy op sy mooiste is.

Groetnis

Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/04/2025 - 09:17

...jou vrou verdien 'n Bells!!!!

Op sy mooiste seker op die natste tyd.???

Ek het nog nie die "Betsy" video gekyk nie, maar heelwat ander van Baviaanskloof. 'n Besoek aan die kloof spook by my.  

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 24/04/2025 - 09:32

Die beste tyd..hmm. 

Kan nie onthou of ek al in die hartjie van die winter daar was nie, maar dit sal bledie koud wees, en landskap dalk?? minder vrolik.

Hoog somer gaan jy braai, maar dan koel jy af in die stroompies met ń koue in die hand. Bonus is die dae is lank,  van 5 uur soggens tot 8 uur saans.

Ek glo stellig dat lente en herfs beste kan wees. Winterreen vir mooi lente veld en Herfs is daar moontlike donderweer vir sterk riviere.

Die twee op video moes letterlik kruip agv die trok wat so hoog is. Ek glo mens sal steeds in ń dag met die regte voertuig met genoeg grondvryhoogte deurkom.

 

Pretoria

Slowstrike

Thu, 24/04/2025 - 12:10

Lente sal dit dan wees hopelik is dit nie soos dit die jaar hier bo was nie. Een dag nog winter en dag dadelik somer asof lente geskip was.

Ek sal graag wil oorslaap want ek gaan virseker die roete stadig doen. Sal sommer net dome tent en minimum kampgoed saamneem.

Ons het reeds `n winter trippie wat ons na Clarens toe neem vir 3 dae die winter. Niks so mooi soos die son teen die Golden Gate park se berge teen laatmiddag. Dalk sien ons weer sneeu Dan in by Fouriesburg Lesotho tot by Katske dam waar ons oorslaap. Van daar Sanipas af tot by Underberg en oorslaap. Dan Utrecht vir nog 2 dae (Wil weer Bloedrivier terrein en ander slagvelde besoek) en dan weer huis toe. Ons het die roete so 3 jaar in die teenoorgestelde rigting gedoen. Geen kamp net wit lakens blyplekke soos die vrou dit noem. 

Nou die planne begin maak ....

Worcester

Wildehont

Thu, 24/04/2025 - 13:37

Hier is ‘n wonderlike geleentheid om saam-saam deur Baviaanskloof te toer. Gryp dit aan. Vir seker beter as om dit in een voertuig aan te durf. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/04/2025 - 17:13

Vriende gaan lees die pragtige verhaal van die stamsel skenker in Maroela media. 

Daar is 'n veel dieper storie agter Betsy!!! 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus