Begin die gesprek om nie die ander een te kaap nie.
My gehoor apparate (Signia) werk net op ios (iPhone), dit het beteken ek moes oor gaaan na iphone 11 toe ek die nuutste gehoor apparate gekry het. Ek kan glad nie die TV hoor nie, dit werk weer net op android. (Vir my klink TV soos iets wat sinkplate op teerpad sleep)
As iets nie deur iPhone se Bluetooth kan werk nie, kan ek dit nie hoor nie.
LW. Ek vat niks van iPhone weg nie, maar sodra my medies weer vir nuwe gehoor apparate gaan betaal, gaan ek terug na iets wat deur android werk. Die iPhone vind ek persoonlik 'n hewige frustrasie - al my fotos lê op icloud want iPhone kan nie 'n memory kaart vat nie, en android kan nie op icloud inloer nie.
Nog iets wat my irriteer van ios, is die feit dat fotos nie ge"move" kan word nie, jy kan net copy, dit beteken dat as ek fotos wil split na oord / vakansie ens name, moet dit gedupliseer word na die nuwe album.
Wil nie 'n debat begin met wat is die beste operating system nie, maar ek verkies 'n foon wat 'n memory kaart kan vat, en wat meer verbruikers vriendelik is.
Net my opinie en ondvinding van albei soorte OS.
Jammer man, IOS = iPhone…
Jammer man, IOS = iPhone Operating System, OS = operating system![]()
Apple maak nie net geld met die duur fone, ipads ens nie, maar nog meer met die unieke laaiers en spasie wat vehuur word op die icloud.
Vir fone gebruik ek Android…
Vir fone gebruik ek Android maar al my rekenaars is Apple ![]()
Foeitog..................
.............hierdie ouballie het net een selfoon en een "laptop" waarvan die bedryfstelsel Android is. Vir my werk dit maklik, eenvoudig en probleemvry.
Ek moes laas maand vir…
Ek moes laas maand vir vroulief 'n nuwe laptop kry omdat een van die seuns 'n glas koeldrank op haar vorige laptop se keyboard uitgegooi het en vir niemand daarvan gesê het nie.
Ek het toe gehelp om die nuwe laptop op te stel wat die nuwe Windows as OS hardloop. Kyk, Windows is deurmekaar! Daar is baie knoppies en plekkies en dingetjies wat geklick kan word en dit het met baie frustreer. Terug by die Macbook en alles is so eenvoudig en gerieflik.
Nie geweet mens kry laptops…
Nie geweet mens kry laptops wat met android werk nie, so leer mens elke dag, ons TV is wel op android.
My laptop werk met Windows 11, ek sukkel maar met die os, maar dan weer, ek is nie meer in die gewoonte om met rekenaars te werk nie. Al gedink ek moet dit vir my kleinseun gee.





Johann....
...nou kan ek nie saam gesels nie. Ek moes nou eers gaan google wat IOS voor staan.
Ek is almeer oortuig dat ek tegnologie gestremd is, veral as ek iets koop en ek moet die verdomde handleiding van internet gaan aflaai.