Aangesien ons toer die jaar weens vloede en verspoelings afgestel is, gaan ons weer probeer vir volgende jaar.
Ek het ons plekke in aanvangs kampe reeds bespreek;
Mokala------17 tot 22 Augustus
KarooNP-----22 tot 27 Augustus.
Daarna is die wens om Baviaanskloof toe te gaan, en dan die Tuinroete van Mosselbaai tot Stormsriviermond. Daarvandaan oppad huistoe, 'n paar aande by Bergkwagga.
Afhangende van my suster se heupoperasies, wat sal bepaal of sy tot in Karoo kan ry/bestuur of nie, sal dan bepaal of ek my roete moet wysig om tot in Belville te toer. Dan sal Baviaans dalk uitgelos word, en van Bellville af direk na die Tuinroete aanbeweeg.
Indien die Bellville scenario gaan realiseer, het ek lus om Seweweekspoort te verken. Ry dan van KarooNP via Laingsburg, Seweweekskloof, tot in Ladismith. Dan van Barrydale deur Tradouwspas na Swellendam. Oorslaapplekke sal ek nog bedink soos tyd aanstap.





Augustus in die Karoo
Jy waag groot! As daardie Nuweveldberge met sneeu bedek is in Augustus is dit behoorlik koud in daai wêreld. Toe ons in Augustus 2020 uit die Covid-tronk vrygelaat is, het ons 'n kort witlaken-toer onderneem wat Karoo Nas Park ingesluit het. O donkie, dit was bitter koud. Ek hoop julle tref dit beter. Dit is een deel wat ek tussen mid-Mei en Augustus vermy. Ons het menigmaal baie koud gekry toe ons nog skoolvakansie-gebonde was en daar oorgestaan het met ons winter-karavaanvakansies na die noorde. Al plek wat in die winter erger kan wees met 'n karavaan is Aldam.
Karoo waagstuk
Chris, ons het die afgelope paar jaar omtrent dieselfde tyd daar gewaag, en die weer heel aangenaam gekry. Marie is voorbereid vir erge koue, dik en dun duvets, plus komberse. Dan darem nog die lugreëling as laaste hulpmiddel.
Beplanning word gedryf deur die 40%afslag in Sanparke. Volgende jaar se tarief vir kampeer in Mokala is ongeveer R650/nag, voor afslag!!!