Hoe is dit dan dat 'n mens so moet sukkel om forumvriende aan die gesels te kry ?
Hier sit ons nou met 'n nuut geskepte forum wat feitlik foutloos funksioneer vanaf die eerste dag, vol moed met 'n klomp ou bekendes en nuwelinge wat aangesluit het, maar bitter min het nog aktief deelgeneem.
As die onderwerpe dalk vervelig is, help ons dan en skep vir ons nuwe onderwerpe met 'n "spark" daarin ! As elke forumlid vir eers net een onderwerp aan die gang sit, dan gaan ons lewendige besprekings aan die loop sit.
Komaan, help 'n bietjie asb. !
LEN LOADER: Ek vermoed die plaas van fotos op hierdie forum mag dalk iewat van 'n demper wees, maar ons moet asseblief die volgende ingedagte hou. Die forum is deur Anton Louw (Voortrekker) met sy eie en 'n paar helpers en borge geskep. Die stoor van fotos op die forum verg baie beskikbare data wat baie geld kos. Dus word van 'n briljante metode gebruik gemaak waar die forum 'n foto "gaan haal" wat elders gratis op die intenet gestoor word. Daar is baie sulke stoorplekke en die een wat ek gebruik is Photobucket (www.photobucket.com) . Dit oorbrug die stoor van fotos op duur ruimte van Kamp Forum self.
Oefen gerus 'n bietjie deur fotos iewers op internet te stoor en dan daardie foto se internetadres te kopieër en dit te paste na jou kommentaar op die forum.
LEN LOADER: Ek is nou oortuig daarvan die sukses van 'n forum hang daarvan af of die plaas van fotos moontlik is, dit maak die saamgesels soveel lekkerder en interessanter. Hier is nou al 'n hele klompie van ons wat die foto-plaas storie bemeester het en kyk nou net hoe neem die geselsery toe ! En voeg daarby 'n forum wat tegnies stabiel is - dankie Anton (Voortrekker).
Probeer gerus om fotos te plaas en as jy sukkel, vra gerus weer - hier is baie ouens wat bereid is om te help.
ANDRE SMIT: Môre Len,
Jy slaan die spyker oppie kop met die foto frustrasie.
Ek het soos 'n weeskind gevoel tot ek dit vanoggend reggekry het.
Ek maak van Voortrekker se Forum Album gebruik en dit werk vir my uitstekend.
Ek dink nie ons moet te vroeg ongeduldig raak met die hoeveelheid plasings nie. Sommige van nons het net geleende tydjies om vinnig te lees en dalk iets te plaas, so die bydraes en spoed sal mettertyd verbeter.
Groetnis
VOORTREKKER: Ek stem saam met beide van julle, tyd en foto's laai. Die forum is nou 3 weke oud en daar is al 2100 inskrywings gemaak. Klink nie te bad nie, lyk my elke dag kom daar nog so 100 inskrywings by.
Wat die fotos laai aanbetref, ek moet net tyd kry, dan gaan ek 'n video maak wat meer lede behoort te bemagtig.
Ek wil weer se, en soek nou 'n voorbeeld, maar die manier van fotos laai hierso is nie moeilik nie, dit is net vreemd.
Wat die die metode wat gebruik word aanbetref, dit is eintlik hoe fotos op die hele internet gewys word: 'n adres wat wys na 'n plekkie waar 'n foto gestoor word. 'n Instruksie word dan gegee om die foto daar te gaan haal, en hier te wys.
Die enigste verskil op hierdie forum platform, is dat ons dit "manually" moet doen. Ons moet die foto self stoor en dan self die adres en instruksie tik sodat die foto wys. Wanneer mens eers geleer het, en dan verstaan hoe om dit te doen, dan is dit baie maklik..... nou soek ek nog aan 'n voorbeeld?
LEN LOADER: Nouja, hier sit ons weer. Ons het 299 onderwerpe aangeroer wat 2958 insette opgelewer het.
En ons het al 117 lede met 'n forum wat tans foutloos funksioneer, maar die lede is so stil soos muise !
Dis nie lekker om in 'n geselskap te wees waar niemand eintlik wil gesels nie - ek wonder wat is fout ?
JOHANN L: Goed, ek gaan begin deur 'n nuwe draad te skep onder kamp nar, maar dit is wel 'n ware nare ding.
VOORTREKKER:
Johann L het geskryf:
Goed, ek gaan begin deur 'n nuwe draad te skep onder kamp nar, maar dit is wel 'n ware nare ding.
Ek sien uit daarna.
WILLEWILLEMIEN:
Ek dink die forum vaar heel goed, hoor.
Daar mag miskien nie altyd so baie lede aangeteken wees nie, maar die plek is heel op dreef volgens my mening.




