133455 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -30 minutes ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -51 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -9 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -11 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 hours ago

Kokoriba Inligting - deur Frikadel

Submitted by Frikadel on Sun, 02/04/2017 - 11:38
Forums

Goeie more mede lede,

Wie het al by Kokoriba gekamp en indien wel hoe was julle ondervinding en indrukke van die oord?

KOHAN K:  Ek was ongeveer 'n jaar gelede daar vir 'n oornag. Na my mening is Kokoriba 'n netjiese oord wat goed instand gehou word. Gras is soms yl, maar omdat die grond sanderig is pla dit nie regtig nie. Dreineer ook vinnig na reen sonder om modder te maak. Lekker warm en koue swembaddens en 'n winkeltjie met al die nodigste. Ook 'n restaurant en kroeg wat ek nie ondervinding van het nie. Dit lyk egter gesellig daarbinne. Ek kan Kokoriba dus met vrymoedigheid aanbeveel. O ja, oorkant die pad van Kokoriba se ingang is Beestekraal Stasie restaurant, waar jy ook billike ligte etes kan kry.

FRIKADEL: Baie dankie Johan, sal hom deur die jaar n go gee.

GROOT G: Het eenkeer daar gekamp met 'n winter saamtrek.  Al wat ek nie van gehou het nie is die feit dat die staanplekke nie afgemerk was nie nie so almal staan maar soos hy wil.  Dink dit kan nogal lol in besige tye.

JOHAN K: Stem saam Gerrit. Oor langnaweke kan hy lekker besig raak en dan kan dit lastig raak.

Pretoria

Geert

Sat, 26/04/2025 - 18:55

Ons het bespreking gemaak vir volgende naweek. Ons was laas hier 6 of 7 jaar terug.  Sien uit....ondanks weer wat nie gunstig lyk nie.

Pretoria

Geert

Mon, 28/04/2025 - 02:28

Ons het laas die pad verby Klein Paradys gery om die Brits dorp te mis, maar daai gedeelte verby Klein Paradus was maar aan slegte kant met potholes ensovoorts. Weet iemand of dit nou beter is? Of is dit maar beter om deur Brits se hoofstraat te ry?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/04/2025 - 06:27

...uit Brits, verby Wagpos skool en seker verby Klein Paradys is AFGRYSLIK. Eintlik onrybaar, en dit lei tot baie protes versperrings daar.

Ry eerder maar reguit deur die dorp met R511 , dis die beter opsie.   

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus