Enigeen wat Oribi Gorge ken en 'n inset kan lewer? Ek ry nie graag langer as 500 km skofte wanneer ek sleep nie. Ons beplan om vanaf Areena na Natalia te ry, maar dié skof sal te lank wees. Oribi Gorge klink na 'n "okay" oornagstaning (of selfs 2 aande) - maar is daar iemand wat die plek ken (ons ken nie Natal nie). WegSleep No 1 (Jan 2007) en WegSleep No 48 (Okt 2012) het artikels oor Oribi Gorge wat nie sleg klink nie. Maar die jongste artikel is bykans 5 jaar gelede. En ons weet mos nou-al dat die mense met eerstehandse ervaring van 'n plek se woord neig om meer gewig te dra.
WILSUR: Jammer Chris, ek ken glad nie die plek nie.
Is dit die "Oribi Gorge Hotel" ?
Is daar kamp plek ?
GROOTWIND: Weet ook nie van 'n kampplek by Oribi nie, sal nie bodder om daar oor te slaap as ek julle is nie, dis skaars 'n uur en bietjie se ry van Natalia af en alles tot by Natalia van Oribi (hOribi is naby Port Shepstone) is snelweg.
JANWILLEM: Grootwind is reg, ATKV en Oribi gorge is so naby ry maar liewer deur.




