6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Blou Water pompie

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

My Penta se gesig wasbakkie se kraantjie sit nou skielik net aan as die eerste (opwas bak) se kraan ook aan is.

Dit was nooit so nie, elkeen het afsonderlik gewerk, ek het nog niks verander nie, dit is nou met die split van die water te doen, skielik wil die ding nie werk nie.

Waar kan ek na die fout soek, voor ek die split ding begin?

Vaalpark

Johann L

Fri, 14/07/2017 - 07:00

Nou kan ek net 'n T-stuk insit en dan vir die buite wasbak vandaar af tap, met 'n mikro skakellaar.

My plan om die binne stoof en daai opwasbak uit te haal gaan ook binnekort op die lysie af kom.

Dus gaan ek sommer daai kraan buite gebruik.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 15/07/2017 - 16:51

Toe ons die wasbak binne verander het het ek ook die kraan gehou om buite te gebruik.

w

Die 3B het ek ook die wasbak uit gehaal en hom net so in die opwas raam gesit met sy kraan aan.

Vaalpark

Johann L

Sat, 15/07/2017 - 18:16

Dankie Willem, baie oulike idee, ek wonder hoeveel mense gebruik daai binne wasbak.

Ek gaan basies die selfde doen met die opwas, die warm water aandra doen dit nie meer vir my nie.

My vrou gebruik die vanity wasbakkie, maar die opwasbak, nog nooit gebruik nie.

Het vandag die gas pype en die opwas se pype verwyder, die kraan lê nou en wag om aan gepas te word.

Ek gaan die kraan aanpas om by die water verwarmer te gebruik.

 

Vaalpark

Johann L

Sat, 15/07/2017 - 18:20

Dusty, ons probeer ook om altyd naby 'n kraan te staan, maar dit is nie altyd moontlik nie.

Ek ry so 15m tuinslang saam, dit was al baie keer te kort.

Vaalpark

Johann L

Sun, 16/07/2017 - 16:12

Nee magties, ek sukkel met daai krane, het nou al om geruil maar dit werk net nou en dan.

As ek die drade "dead short" pomp die ding solank ek dit kort sluit, sodra ek die konnekter blok terug sit pomp dit solank ek die kraan in die aan posisie hou, maar as dit af was, kom hy nie weer aan nie.

Altwee krane kan tog nie dieselfde fout hê nie?

 

Vaalpark

Johann L

Sun, 16/07/2017 - 19:24

Dankie Willem, ek sal more kyk, dit maak nie sin nie, want dit is net 'n kontak met twee drade wat nie polariteits bewus is nie.

Maar ek sal more kyk, en terugvoering gee, ek hoop jy is reg, want dit is nogal 'n kopseer om so te sukkel.

Vaalpark

Johann L

Mon, 17/07/2017 - 13:26

Willem, jy is reg, die mikro skakellaar is wragtig polariteits bewus.

Gister vier keer die drade ontkoppel, selfs die krane geruil, niks.

Na jou advies, gaan ek toe en toets watter draad is + en koppel die bruin draad daarop, bloue op die -, en daar werk die kraan soos 'n droom.

Baie dankie, ek wardeer dit.?

Vaalpark

Johann L

Thu, 17/12/2020 - 20:43

En daar brand my blou pompie (die Penta sin) die week by Weesgerus, iemand het nooit die ding af gesit nie, en dit het droog geloop. Ek gaan nou 'n spaar hoë druk pompie inbou en 'n buite kan gebruik.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 17/12/2020 - 21:31

Ek lees ook nou deur hierdie 2017 draad en Johann, toe het jy gewonder of daar ooit iemand is wat die binne-kombuis-wasbakkie gebruik.  Ons sal nooit van ons binne-wasbakkie ontslae raak nie en gebruik dit konstant wanneer ons die langpad aanpak.  Ons slaap vier keer oor oppad Wildtuin toe, haak nie eers af nie en die twee borde, koppies en glase word tjop-tjop met lekker warmwater gewas voor ons in die bed spring vir ons oornag rus.  By ons uiteindelike bestemming was ons die skottelgoed in die tent of rally.

Soos elders gerapporteer, het ek onlangs 'n Shurflo drukpomp in die Exclusive geïnstalleer, maar die krane se mikro-skakelaartjies skakel alleenlik die pomp aan as 'n kraan oopgedraai word.  Die stelsel is dus nooit onder druk nie. 'n Groot voordeel van die Shurflo is dat dit nie kan droog loop nie  -  as die tenk leeg is en die pomp suig lug, skakel dit outomaties af.

Vaalpark

Johann L

Fri, 18/12/2020 - 06:10

Môre Len, my vrou gebruik graag die gesig wasbak, die ander wasbak het ek uit gehaal en 'n soliede blad op gesit. My Penta het nie 'n eie gieser nie, en ek het een in gebou met die virus in gedagte.

Iemand moes die kraan (per ongeluk) aan gesit het voor ek water in die tenk getap het, dit kon dalk al reeds by ons huis gewees het, want die pompie was vas gebrand.

By Out There 24 in Nylstroom kos die pompie R400.00, en ek sien nie kans om soveel te betaal nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus