Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.
So lyk ons program:
29 Junie Worcester na Kambro
30 Junie Kambro na Potchefstroom
2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa
3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi
9 Julie Shingwedzi na Tsendze
14 Julie Tsendze na Potchefstroom
15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes
16 Julie Victoria-Wes na Worcester
Dis nog nie naby genoeg om…
Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad
Julle kan seker nou die slapies al tel.
Te veel
Dis nog 16 slapies. Dis te veel om te tel. Maar dit kom nou vinnig nader. Amper naby genoeg dat ek ‘n beklemming kry oor die fortuin wat ek gaan bestee aan petrol. Die Prado is laas in Vanrhynsdorp volgemaak meer as twee maande gelede. Ek sal moet wag tot die 25ste voor ek dit weer kan volmaak, so daardie uitstappie gaan niks minder as R3 000 kos nie. Waarskynlik eerder bietjie meer.
Ja, dit is maar 'n teer…
Ja, dit is maar 'n teer sakie. Die gerief van die Prado is darem beter as die Ford.
Krag na kattebak is uitgesorteer
R530 later het Hein gister die NL solenoïde gebypass sodat die hoof battery se krag na die kattebak se BH prop gelei word. Daar is ‘n sekering op die positiewe draad, en ek het twee spaar sekerings gekry by hom. Vandag gaan die Prado vir ‘n checkup en sommer nuwe enjin olie en filter (eintlik vir ‘n diens). Dis amper 7 000km sedert die laaste diens en ons gaan ten minste 5 000km ver ry tot ons weer hier is.
Nog ‘n regmerkie
Pierre sê die Prado is mooi opgepas en alles is reg. Dit het ‘n nuwe olie- en lugfilter en vars olie gekry. R1 711 later.
Tsendze na Potch???
Naand Chris S
Ek sien jy beplan om in een sleep te ry van Tsendze na Potch. Waar beplan jy om die willetuin te verlaat??
Om tyd te wen deur gou uit wildtuin te kom, is Punda hek dalk beter opsie as P. Borwa hek.
Ek dink ....
.... nie jy wil die Punda/Louis Trichardtpad ry nie. Ook nie via Giyani na Polokwane nie. Dan maar eerder Phalaborwahek.
Tyd vlieg en die aftel het begin
Dis nog net 9 slapies voordat ons ry. Ek is rustig, want die voertuie is meganies en elektries gereed. Die naweek moet ek nog net die Kavango regpak en skoonmaak. Ons moet nog vleis koop, en Salomien wyn. Ek het reeds bier, en die droeë voorraad wat ons sommer uit die spenskas saamvat vul ons gewoonlik vir oulaas aan op die dag wat ons in Potchefstroom is. Ons slaap twee aande daar oppad, om by Salomien se ouers te kuier.
Komende Sondag gaan ons ‘n paar geregte soos bobotie en bolognaise maak om te vries en saam te vat. En volgende week die tyd is dit nog net twee slapies…
Onthou die pyp...
Môre Chris S
...waaarna jy verwys. Die ene wat jy deur die spleet onder bed steek![]()
Geniet die laaste voorbereiding. Ek dink reeds waar ek vir volgende jaar moet bespreek.
Altyd in die wa
Wessel, daardie toestel is altyd in die Kavango se neuskas. Dit word darem na elke gebruik gewas.
Shingwedzi
Hello Chris S
Vriende was vir 14 dae in genoemde kamp in dieselfde tyd wat ons Punda toe was. Hulle was uiters gelukkig met wild besigtiging om die kamp.
Ons het 1 nag oorgebly daar, om pad na Punda korter te maak. Met vertrek die oggend het ons leeus gekry nog voor ons moes Noord draai vir Punda.
Wildtuin is orals ruig en baie water.
Dis waarvoor ek bang was
Wildtuin is orals ruig en baie water.
Ek weet party mense hou van die welige plantegroei, maar dit bemoeilik wildbesigtiging. As ek my sin kon kry sou ek eerder die eerste twee weke in September wou gaan. Daar is die risiko van wind, maar ek bly al amper nege jaar in Worcester. Die plaaslike mense skerts dat die CW registrasienommer staan vir constant wind. Ten minste weet mens dit behoort redelik droog te wees teen September en nog nie die snikhete en humiditeit van Oktober nie. Maar jou verslag oor wildbesigtiging en julle vriende se ervaring by Shingwedzi gee my goeie moed. Julle moet tog die kamp nog ‘n kans gee. Ek sal ook nie weer Punda Maria toe gaan nie, maar sal sukkel om weg te bly van Shingwedzi af.
Voëls van eenderse vere
Ons is mal oor daai kamp (en Tsendze).
Ons gunstelinge ook. Dus waarom ons verlede jaar en vanjaar net daarheen gaan. 2021 was ons Satara toe ook, maar dit is nie só lekker vir kampeer nie. Ook aansienlik besiger as die noorde en die paaie was baie sinkplaat daardie jaar.
Vriende kop uittrek??
Môre Chris S
Ek aanvaar dat jou vriend sy eie bespreking vir die wildtuin gehad het. Het hy dit gekanselleer, of oorgedra na iemand anders.
As dit nou te vêr is vir hom om te sleep, gaan dit mos in die toekoms ook wees.
Geniet die laaste week van regmaak en voorberei. Ek het amper nie die paadjie na die woonwa gedeelte in Shingwedzi gekry nie. Jy ry seker toe oë soheentoe.
Kanselleer vriende
Ek aanvaar dat jou vriend sy eie bespreking vir die wildtuin gehad het. Het hy dit gekanselleer, of oorgedra na iemand anders.
As dit nou te vêr is vir hom om te sleep, gaan dit mos in die toekoms ook wees.
Ek het twee staanplekke bespreek, maar een gekanselleer intussen. Dit was 31 dae voor die datum, en SANPARKE het reeds die terugbetaling gedoen.
Dit was ‘n kombinasie van faktore wat hulle laat besluit het om nie meer te gaan nie. Hy het die Commander geleen vir Kgalagadi, en sê dit sleep soveel lekkerder as sy Penta. Lg is vir hom baie stressvol omdat dit onstabiel is. Hy kon nog nie uitvind hoekom nie. Hy wou nie weer dieselfde Commander leen so vinnig nie, en het een gesoek om te huur maar kon nie kry nie. Dit sou ook ‘n ekstra R1 000 per dag kos.
Ek gee eintlik nie om dat hulle nie saamgaan nie. Ons kampeer altyd lekker saam, maar mens is maar gebind saam met ander mense. Ons gesin is baie happy go lucky, terwyl ander mense maar hulle geite het en dan moet mens by hulle aanpas. Oor ‘n langnaweek is dit nie erg nie, maar op so lang vakansie wil ek bietjie rus en tyd met my eie gesin deurbring.
Joey’s wors
Salomien gaan vandag fotos neem in die Paarl, en daarna sommer by Joey’s in Brackenfell wors koop vir die toer. Ander vleis gee ek nie om, om elders te koop nie maar ons is bederf met Joey’s se wors.





Nie wildtuin toe nie
Oom Len, ons vat nie fietse saam wildtuin toe nie. Ook nie na Kgalagadi nie. Die enigste nasionale park waarheen ons fietse vat is Bontebok. Na alle ander oorde vat ons egter fietse saam. Dis een van die groot vreugdes van kampeer - om sorgeloos rond te rits op fietse soos wat ons kleintyd in die Ou Suid-Afrika kon.