En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.
Ek kuier ...
... by die huis dié naweek (soos elke ander dag). Ek het vir Ralie voorgestel dat ons vroeg in Nov vir sowat 10 aande wegbreek (nie kamp nie). Ek wag nog vir 'n antwoord van die "government". Ek dink sommer aan 'n nag of twee/drie in Bontebokpark, ATKV Hartenbos, Ebb & Flow en dalk Prins Albert. Ek het nog 'n krediet by Sanparks vir my Karoo Nas Park-kansellasie (wat vlg week moes afskop) wat ek deels kan gebruik vir Bontebok en/of Ebb & Flow.
Tans hou die Kaapse winde ons nog gevange in die huis en voel dit vir my of ek besig is om 'n "lekker" verkoue te kry. My katarak-oog voel 100% na Woensdag se operasietjie.
Mosselbaai skou
Het gister by die buite en kamp skou by Mosselbaai gaan inloer.
My verstom hoeveel verskillende soorte en modelle "off-road" karavane daar was. Nooit besef daar is so 'n groot verskeidenheid nie.
Tensy jy spesifieke voorkeure het is dit moeilik om te kies. Hoe almal 'n bestaan maak teen daardie pryse of die mark so groot is weet ek nie.
Van hulle is ook nie ware offroad nie maar meer gruispad waens.
Off road mark....
.....kan nie die geweldige groot aantal vervaardigers voed nie. Ek het met die eienaar van 'n bekende "groot" boswaverskaffer gesels, en dit gaan broekskeur.
Ek verkyk my weer aan die groot aantal boswaens [jong jaartalle] wat reeds as gebruik adverteer word, veral hierbo in Gauteng omgewing.
Meer verstommend is dat dit veral die baie duur waens is, wat so gewild is.
Geert...
....dankie vir tonnel nuus.
Nogal 'n verkeers gemors as die tonnel toe is. Veral met die hedendaagse vreeslike lang trokke wat N1 misbruik. Daar is weinig alternatiewe roete vir hulle tussen K.stad en Worcester.
Die lae oorhangende rotsformasies in Baineskloof veroorsaak dat trokke nie die pas kan gebruik nie.
Wildtuin en boswaens
Ek het n' boekie met die lokaal vervaardigde boswaens en ander woonwaens. Die boekie het 123 bladsye.
Die nabuurige lande se kampeering is ingerig vir boswaens en dak tente. Jy sien min pad woonwaens daar. In twee maande in Namibie, Botswana en Zimbabwe het on twee teer pad woonwaens gesien en hulle was van Gauteng. In die Wildtuin is daar seker 70% teer pad woonwaens. Die CI Jurgens, Sprite, Gypsey soort. Ook so in die Tuin Roete parke. Ek weet net nie hoe die groot verskydenheid boswaens voldoende kan verkoop nie? Tensy hulle uit voer.
Coffee shop effek
Die wat Neef so lees van al die vervaardigers laat my dink eerstens aan my tuisdorp Knysna. In die begin van die B/B tyd, was hier en daar een, maar... toe dit blyk dat daar ń goeie inkomste uit die spaarkamer genereer kon word, toe is dit soos paddastoele na goeie reen op die rugbyveld. Groot lenings by due bank gaan maak, en die huis is verbreek en verbou in klein luukse hotelletjies met net genoeg binnegoed om as " residensieel" te bly dat die stadsvaders dit so takseer.
Die gevolg was dat die aanbod die aanvraag hopeloos oorskry het.....
Nou hier in Oudtshoorn het ons eers 1 spesialiteits koffie winkel gehad. Toe brei hulle uit na 4 om die dorpie mooi te dek. En soos dit nou maar seker is, kom daar binne ñ kort tydjie nou nog 4 by. Tot ń Elvis brew het verlede week sy deur oopgemaak
Ons kry een keer per week ń take away cuppa vir die pad huistoe. Nou sal dit seker na 8 moet styg om almal aan die gang te hou? Oydtshoorn se inwonergetal en gewoontes het seker nie so drasties verander die afgelope paar jaar nie. Inteendeel, die koffie raak net duurder. Dit is seker as gevolg van die boswaentjie effek. Verkoop min teen ń vet prys, en jy sal bly float.
Russiese vliegtuig vrag??
Kon julle al agterkom wat die vliegtuig afgelaai het in Upington. ek lees net al die verduidelikings waarom die vlug en landing toegelaat was.
Ek kon nog nie rerig vind wat afgelaai, of dalk opgelaai was nie. Kan dit uitvoer druiwe wees???
Russiese boswaens....
goeie ene Grootwind. Die goed is robuust, meestal nog ketting aangedrewe, met min luukses. Een opsie is onder andere 'n hommeltuig as ekstra, en vemomming kombers
Jy het die belangrikste…
Jy het die belangrikste toebehore vergeet....'n nimmereindigende pot Russiese Borscht afgesluk met 'n goeie Stolichnaya Vodka (die "water tenk" se pompie werk slegs as daar Vodka in is, deur water in te tap laat die spul onmiddelik roes!)
Onbekende Tracker
Ek het nou al my tweede Pajero vir 7 jaar (tweede hans gekoop) en het altyd gewonder wat is fout. As sy vir n' week staan dan raak die battery paperig. Ek het begin dink daar is miskien iets onbekend soos n' Tracker wat die battery belass. Gister besluit ek om die grootste tracking maatskapy te kontak. Ek gee hulle my VIN nommer en so waar as weragtig daar is een in my voertuig deur die voorige eienaar geinstaleer. En die rekening is nog aktief. Ek reel nou dat hy uit gehaal word.
Tracker en papperye
Paul, ek het 2 Trackers in my Hilux, om SANTAM gelukkig te hou. dit het beslis 'n negatiewe effek op sy battery. As ou Grompie stil staan, moet ek na so 8 dae die batterylaaier koppel. Dit sak maklik na 12.3V oor daai tydperk.
Weet nie so mooi of Tracker…
Weet nie so mooi of Tracker ń kar battery so vinnig sal afloop nie. Sonder om volts te meet, staan die Cruiser gereeld vir ń maand, en start in ń halwe draai.
Maat se Fortuner staan elke 3 maande vir 3 maande. Sy aambei start onmiddelik volgens hom. Het hom juis uitgevra oor die lank staan en battery gedrag.
Die naweek
Ons sou gaan kamp het om my nuwe awning uit te toets. nee nee, moet klein kinders oppas.
Dan kamp ons volgende naweek. Al is dit Ou Skip. Kamp gaan ek Kamp.
Herman...
...ek het voordat ons KrugerNP toe was, maar 'n nuwe battery laat insit. Sommer 'n groter kapasiteit ook, as die oorsproklike enetjie. Gedog dit sal help, maar nee!!.
Mens aanvaar die tegnici weet wat hulle doen, maar dalk moet ek Grompie na 'n auto elektrisien vat.
Ek moet dalk kyk/eksperimenteer hoe laag die pappery daal, en dan steeds "start"
Goeie Hout
Geert
Ek sal vir jou fotos neem van my awning. Ek moet net gaan kamp. Tans is ek nie in beheer. Die klein kinders en mama is.
Ek het self n ander awning gekoop wat ek nou Donderdag gaan uitprobeer. Dis dieselfde leisure awn as wat ek gehad het, maar het ekstra flappe aan sykant....sal fotos plaas as opgeslaan het
Tracker kragverbruik
Het gaan kyk na die opspoortoestelle krag verbruik, so tussen 5 en 55mAmp. Die gemiddeld so 17mAmp. Maak die som, dit is bitter min. Verder is daar ingebou ń funksie wat die Gps deel afsit waneer dit stilstaan vir ń ruk. Dit is die gedeelte wat meeste krag verbruik.
So lyk my dat die outjie foutief is waneer dit die battery erg drein.





Naweek
Ek sien uit na eerskomende naweek se kamp by Wagondrift. Beplanning is om reeds Donderdag te ry. Dis weer ons Kerk se kamp....ons is 60x mense, so gaan n lekker saamkuier wees. Saterdag beplan ons om n skaap op die spit te draai