Goeie more.
Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.
Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.
Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.
Freda, jy praat van daisies…
Freda, jy praat van daisies. Ek sal eendag veras moet word. Indien ek in n kis gesit word moet die kante vol gate geboor moet word sodat die wurms buite kan opgooi
Good morning everyone!…
Good morning everyone!![]()
Goeie more Freda en Stoffel. Lekker dag vir almal!
Good morning Dave! …
Good morning Dave! ![]()
...ek sien jy sluip van vroeg af hier rond![]()
Môre almal. Mag julle n mooi…
Môre almal. Mag julle n mooi dag beleef.
My lyf vol of en die comrates gehardloop het..... Grassny is net vir jong mense....
So loop hy
Koffie loop soos stroop terwyl ek tik julle moet n awsome dag he
Voorie. Jy is welkom om gou…
Voorie. Jy is welkom om gou volgende week my gras te kom sny en daarna jou stelling te herhaal ![]()
Ek is vanoggend seer op plekke wat ek nie geweet het ek het plekke nie.
Veilig tuis. Het baie…
Veilig tuis. Het baie voertuie op die oad gekry wat van agter lyk soos n bus. Wanneer ek langs dit kom sien ek dit is n sleepwa wat so hoog gelaai is.
Tot taxis wat my spoed van 110 km/uur na parkering laat lyk
'n heerlike reën bui saam…
'n heerlike reën bui saam met 'n lekker beker koffie na 'n middag slapie na 'n heerlike hoender potjie.
Dusty ek is bly jy is veilig tuis en hoop julle kuiertjie was lekker ![]()
Ek wens ek kon sê ons het 'n…
Ek wens ek kon sê ons het 'n bui reën gehad, maar ongelukkig nie. Maar die Sondag was lekker rustig, ongelukkig sonder 'n middagslapie. Dusty ek is ook bly julle het veilig gery, te midde van al die snaakse goeters en onverskilliges wat op die paaie voorkom. Deesdae, as jy die langpad vat, moet jy elke keer dankbaar was as jy jou bestemming veilig bereik.
Ek hoop almal is reg vir die nuwe week wat voorlê.
Veilig tuis
Dusty bly julle het lewendig ge-arriveer ja dit is soos Freda se die manne se "tricks " op die paaie is verstommend .Veral die N4 na Maputu daai taxi's met hulle treilers wat so oorlaai word .
Dusty, bly julle is veilig…
Dusty, bly julle is veilig terug, ek glo die kuiertjie wss lekker.
Hier het die weer nou op gekom, en dit blits so in die verte, dalk weer bietjie reen vannaand?
Goeie more…
Goeie more
Tee was lekker en die koffie is ook gereed.
Ligte bui reen weer vanoggend geval net voordat ons gery het
Lekker maandag vir elkeen
More almal
Mag almal se Maandag voor die wind gaan. En 'n goeie week vir almal.
Môre almal. Lekker dag vir…
Môre almal. Lekker dag vir almal
Laaste week van werk vir 2017 het vir my. Lekker reen gehad deur die nag. Sal netnou kyk hoeveel.
Goeie môre mense …
Goeie môre mense ![]()
Julle moet 'n lekker dag en week hé.
Dit is weer lekker koel vanoggend na nog druppels deur die nag.
Goeie more vir al die ore,…
Goeie more vir al die ore, okay oë in die geval, dankie tee was lekker, geniet julle tee of koffie.
Hier is daar ook so koel windjie en effens bewolk. Weer voorspel reen vir vandag.
Mag julle almal 'n veilige, vreugde volle week geniet.
Goeie more…
Goeie more.
Lyk na nog 'n lekker dag. Tee smaak ook vorentoe.
Lekker dag vir elkeen
Goeie more almal! Goeie…
Goeie more almal! Goeie more Dave.
Lekker dag vir julle ![]()





More Freda en ook almal wat…
More Freda en ook almal wat hier lees.
Lê ook al lankal wakker en was n bietjie lui om op te staan. Koffie sal vanoggend n bietjie moet wag. Almal sal wakker word van die ketel se kook.
Het half nege vanoggend ontbyt saam met skoonsus en dan terug huistoe.
Gister was nogal warm maar vanoggend is dit lekker koel hier voor die gastehuis se kuierhokkie waar ek sit en na die voëls luister.
Lekker dag vir elkeen