6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -16 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -18 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -20 hours ago

Bande en Hoek stutte

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek wou nou nie die draad van Willem se reis na oom Paul se plaas kaap nie, maar Len noem daar van die bande wat gepolittoer is.

Ek spuit verf my hoek stutte met matt swart verf, en vir die bande het ek by Midas so spuit stof gekry, dit is amper soos spuit verf, dit werk fantasties. Jy spuit dit op die hele band en los dit vir so tien minute op, dan blink daai bande so mooi, alle vuil loop sommer af. Dit is een of ander tipe van silokoon,  so ek glo dit gaan ook die bande so bietjie geskerm.

As ek onthou, ? sal ek more 'n foto plaas van die blikkie, dit gaan my omtrend 'n paar jaar hou.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 29/09/2017 - 05:37

Ek is ook 'n getroue versorger van wiele/bande, hoekstutte, A-raam met hak asook die trekstang op die Pathfinder.  Ek verf ook gereeld die staalraam waarop my lugversorger op die stert gemonteer is.

So lyk my wiele/bande en hoekstutte :-

.

.

Ek maak ook na elke rit die "movers" skoon van stof, modder en nat teer wat opgespat het. Hiervoor gebruik ek 'n parafien-lap wat ek daarna met seepwater afwas.

.

Vaalpark

Johann L

Fri, 29/09/2017 - 07:04

Anton jy moet maar daai hoekstutte reg kry, jy wil nie sukkel by die kamp nie.? 

Len, baie netjies, daai wiele lyk sommer gereed vir die pad Noorde toe (vir die saam kuier?).

Ek spuit verf ook gereeld die haak op die A-raam met mat swart, dit lyk darem netjies as alles mooi skoon is.

Vaalpark

Johann L

Sun, 12/08/2018 - 15:37

Ai, more het lank verdwaal 😂

Terwyl ek besig is om my Penta na te gaan, onthou ek van my belofte om hier 'n foto te plaas van die blikkie spuit goed wat ek gebruik op die rubber,  dit blink baie mooi, en alle vuil loop af.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus