6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 minute ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -32 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Die Noorde wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die Noorde

Hoekom is ek (as 64-jarige) dan altyd so opgewonde soos 'n kind as die langpad aangevat word? Ek is al sedert gister aan die inpak vir my reis wat môre begin.

Een van die voordele van aftrede en deeltydse werk is dat jy werk en plesier soveel makliker kan kombineer. Ek moet kliënte in Orkney, Rosslyn en Bethlehem gaan sien, asook 'n verskaffer in Brits. Nou neem ek sommer vir Ralie saam en ons gaan lekker kuier-kuier ry tot uiteindelik in Shingwedzi.

Ons reis begin môre tot Drie Susters waar ons by Travalia oornag - een van ons gunsteling oorslaapplekke wanneer ons nie sleep nie. Vandaar Sondag met die N12 tot Warrenton waar ons op die oewer van die Vaalrivier by Fish Eagle's Call oorbly.

Ek sal 'n bietjie terugvoer gee oor die volgende 3 weke.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 27/01/2019 - 17:42

.................dankie Chris !  Ek kon nooit dink dat " 'n behoorlike gemors" so mooi kan wees nie !  Dis wonderlik dat die wêreld daar so mooi reageer op die reën.  Hier by ons waai die suid-oos gister en vandag behoorlik en dit beteken net een ding : lekker baie reën in die noorde !

Ek sien uit na môre se verslaggie (en dit hoef glad nie die groot 5 in te sluit nie).  Ek sien op my notas die ouens sien kort-kort 7 leeus by die Engelharddam op daardie einste pad wat julle gery het.  Dan het die ouens ook wildehode op die teerpad net suid van die kamp en ook op die S94 grondpad (parallel aan die teerpad) gesien, seker maar dieselfde trop.

Geniet julle verblyf  -  ons beurt kom ! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 27/01/2019 - 20:11

.................ek sien ook elders dit het vanoggend ook lieflik gereën in Shingwedzi tot by Punda ! Dis fantastiese goeie nuus !

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 28/01/2019 - 15:03

Gistermiddag het ons uitgery met die ou Letaba/Phalaborwapad (S131) en terug-gesny na die teerpad (H9) met die S96 (Shilawuri-pad). Alhoewel ons weinig wild gesien het, was ons gelukkig om 'n witkwasjakkals langs die S96 te sien. In al my jare van wildtuinbesoeke was dit slegs die 5de keer wat ek sodanige "sighting" gehad het. Ongelukkig was dit te ver vir 'n foto met die selfoon (al kamera wat ek deesdae gebruik).

Nadat ons moes omdraai op die S69 a.g.v. 'n padverspoeling na die reën, was ons gelukkig om 'n hiëna-den langs die teerpad te kry. Afgesien van 3 jongerige welpies, was daar nog 7 volwassenes deel van die "clan". Ek dink dit was die meeste hiënas wat ek nog ooit bymekaar gesien het.

H

Vanoggend het ons die anderkantste oewer van die Letabarivier gaan verken (die S62 met al sy afdraaie tot en met die Engelharddam-uitkykpunt. Ons het eers 'n lekker beker koffie op die brug oor die Letabarivier geniet. Die volgende foto is die stroomop-uitsig vanaf die brug.

L

Die Engelharddam lê kant en wal en 'n groot klomp water loop bo-oor.

E

E

Oral in die reeds-grasgroen veld, staan plate water. Ek herhaal myself, maar dit is prentjiemooi.

E

Die hoeveelheid waterhiasinte in die Engelharddam is nogal kommerwekkend. So lyk een van die inhamme van die dam. Klaarblyklik pla dit nie die seekoeie nie.

E

Vanaf die Matambeni-skuiling was dit duidelik dat tonne hiasinte kom in die rivier afgedryf (met hul oorsprong buite die wildtuin)

H

Letaba-omgewing is nie juis bekend vir groot troppe rooibokke nie, maat dié wat hier is het 'n goeie lamseisoen gehad. En danksy die uitstekende weiding is almal in 'n goeie kondisie. Kort-kort sien jy die kenmerkende creche-groepies.

R

Ons is tans terug in die kamp en beplan om vanmiddag die wildehonde op die S94 te gaan soek. (Len waarborg mos dat ons hulle daar sal vind😉.

Môre vat ons die pad Mopani toe. Aangesien ons eers 14:00 kan inboek, beplan ek om gou na Len en Koos Mol se plotte te gaan loer en 'n foto of twee daarvan te neem. Ek sal dit sommer direk aan hulle WhatsApp.

Nelspruit

Koos Mol

Mon, 28/01/2019 - 16:34

....... dis darem 'n mooi gesig. Die afgelope paar jaar was die park maar sinoniem met droogte. Kan amper nie my kop sover kry om te aanvaar dis die park se wêreld wat jy daar wys nie. Jaco sê die hele park van noord tot suid is groen, hy sê dis nou 'n "groot lekkerkry" om alles so van bo-af te sien, gee hulle sommer weer moed vir hulle joppie. 

Daai foto van Phalaborwa hek het my so 'n tintelgevoel in my lyf gegee (onttrekkingsintome wat inskop), daai gevoel wat ek elke keer kry as ek deur die hek die park inry, iets wat jy mos nie vir ander kan beskryf nie, veral 'n anti-plaas mens.

Julle moet die tydjie daar terdeë geniet, veral die baie water. Dankie vir die inloer by Tsendze.

Groete vir Ralie en mooi loop. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 28/01/2019 - 20:09

..... fantastiese nuus, die groen veld en die damme wat so vol is  -  ook Koos se bevestiging dat die hele Wildtuin van bo tot onder grasgroen is !

Kyk gerus na hierdie interessante berig en fotos oor die vier helikopters in die Kruger Wildtuin :-

https://www.verticalmag…

Een van die vlieëniers, Jaco Mol, is Koos Mol se seun.

Môre Chris

Aangesien almal jou so opsaal met wildtuin gunsies, wil jy nie sommer ook gaan sekermaak in Satara dat;

ons staanplekke skoon geskoffel en gehark word nie

die  wilde slange terug oor die draad gegooi word nie, 

die brandkrane en hulle se slange wel in werkende orde is nie.

Dit sal opreg waardeer word.laugh

Wessel

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/01/2019 - 15:01

Wessel - ek sou dit alles met graagte doen, maar ongelukkig beweeg ek van Letaba af net noord. So bietjie meer as 'n uur gelede in Mopani aangekom - my gunsteling-kamp as jy in selfsorg-akkommodasie bly. En Tsendze, waar ek gou gaan inloer het, my gunsteling kampeerplek in die wildtuin.

Ek het gou my beloftes aan Len en Koos nagekom en aan elkeen 'n video -'clip' per WhatsApp gestuur.

Ek sommer in Rodger vasgeloop in Tsendze wat eers dadelik vir my die skopsuiltjie gaan wys het.

S

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/01/2019 - 15:26

Baie, baie dankie Chris, ek het my video-clip gekry en nou is ek eers opgewonde !  Die wêreld is pragtig lower-groen.

Nelspruit

Koos Mol

Tue, 29/01/2019 - 16:35

Die plot lyk sommer eersteklas; nommer 28 sal dit dan wees. Ek sal maar solank die braaihout bymekaar maak en die koues op ys sit, iets om na uit te sien.

Jy maak my dag Chris, dankie.

Vaalpark

Johann L

Tue, 29/01/2019 - 19:08

WOW, daai foto is fantasties, dankie vir die deel daarvan Chris. Uile is so spesiaal vir my.

Seker maar omdat hulle ook, nes ek, baie slim iswinklaugh

As jy die video clips vir Voortrekker stuur, glo ek, hy sal dit hier vir ons almal plaas, ons is ook nuuskurige uile😂

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 29/01/2019 - 19:41

Volgens Rodger is daardie spesifieke plek reeds die skopsuiltjie se bedags-slaapplek vir 'n geruime tyd. Hy't ook vir my die gebande uiltjie gewys, maar gesê dit is die kuiken. Hy neem my toe na waar die pa bedags sit, (want hy reken toe dit sal 'n beter foto maak). Maar toe ons daar kom is daar geen teken van die pa nie. En toe ons terugkeer na waar die kuiken sit, is dié toe ook weg.

Net jammer dat die skopsuiltjie nie vir die kamera wou kyk nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/01/2019 - 20:17

Net ter inligting, Rodger en sy vrou, Alina is legendes in Tsendze.  Hulle is die skoonmakers van die kamp en tree sommer op as die opsigter/bestuurder daarvan  -  hulle is al 13 jaar verbonde aan hierdie boskampie sonder elektrisiteit.  Intussen het Rodger homself 'n voëlkenner gemaak van veral uile in die kamp.  Hy en Alina maak elke aand 'n draai by kampeerders om te hoor of alles in orde is en wat hulle waar deur die dag gesien het.  Hierdie inligting versprei hy dan aan die ander kampeerders.

Hy neem ook fotos van veral voëls en gesels met sy rekenaar op 'n SANParke forum  -  regtig merkwaardig.

Voorwaar twee werknemers waarop SANParke baie trots kan wees.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus