6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -10 minutes ago
Goeiedag Lede.    EK het… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -41 minutes ago
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Die Noorde wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die Noorde

Hoekom is ek (as 64-jarige) dan altyd so opgewonde soos 'n kind as die langpad aangevat word? Ek is al sedert gister aan die inpak vir my reis wat môre begin.

Een van die voordele van aftrede en deeltydse werk is dat jy werk en plesier soveel makliker kan kombineer. Ek moet kliënte in Orkney, Rosslyn en Bethlehem gaan sien, asook 'n verskaffer in Brits. Nou neem ek sommer vir Ralie saam en ons gaan lekker kuier-kuier ry tot uiteindelik in Shingwedzi.

Ons reis begin môre tot Drie Susters waar ons by Travalia oornag - een van ons gunsteling oorslaapplekke wanneer ons nie sleep nie. Vandaar Sondag met die N12 tot Warrenton waar ons op die oewer van die Vaalrivier by Fish Eagle's Call oorbly.

Ek sal 'n bietjie terugvoer gee oor die volgende 3 weke.

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/01/2019 - 20:24

Om video te vertoon moet dit eers op FB of Youtube gelaai word en slegs dan kan dit op kampforum vertoon deur die Youtube of FB video skakel in die video blok te plaas.

Ek sal wel die Tsendze video op kampforum se Youtube kanaal laai en dan op Len se KNP  Mei 2019 draad vertoon.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/01/2019 - 20:32

......dankie Anton.  Ek sien dis reeds daar en nou kan die ouens sien hoe pragtig groen is dit daar vanoggend !

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/01/2019 - 07:23

Ons het toe eergistermiddag met die S94 gaan ry en teruggekeer met die H1-5. Maar die mopanieveld is ruig en groen - jy sien maar moeilik wild tensy dit amper in die pad staan. Terloops, ek het gaan uitvind, Letaba het Saterdagnag 44 mm reën gehad. En ons het dwarsdeur dit geslaap sonder om daarvan te weet. 

Met die terugkeer kamp toe het ons eers gou weer by die hiëna-den gaan loer. Die grotes was weg, maar twee opgeskote hiënas het hulle jonger boeties en sussies opgepas - of liewer karnuffel.

H

Gister het ons verskuif Mopani toe. Dit is toe wat ons gou gaan inloer het by Tsendze om Len en Koos se plotte te gaan afneem waar beide van hulle later dié jaar kom kamp. Tsendze is tans 'n groen lushof. Dankie Len vir die deel van Rodger en Elinah. Laasgenoemde was nie daar nie, want sy is tans af en by haar huis (buite die wildtuin). Terloops - hulle is nie 'n 'couple' nie, maar kom goed oor die weg met mekaar. Rodger is 'n fotograaf van formaat. Hy't al vir my die mooiste foto's gewys van sy 'sightings' wanneer hy met sy aftye huistoe ry of terug.

T

Soos wat ons noord gevorder het, kon jy agterkom jy betree al hoe meer die wêreld van die grootvoete. Olifante word meer en meer prominent. Ons het gister verskeie teeltroppe gesien.

O

Hierdie twee ouens het hulle vir bykans 'n kwartier lank snaaks gehou en stadig al in die pad voor ons gestap sonder om links of regs uit te wyk. Hulle wou maar net duidelik hulle stempel afdruk en sê: "Dit is ons plek hierdie".

O

Ons het 'n pragtige chalet in Mopani. Jy is tussen die bosse en weet beswaarlik van jou bure. Met die huidige hitte kyk 'n mens maar vir ongenooide vriende. Hoeka my as af geskrik toe ek skielik in 'n groooot gepantserde rotsakkedis vasloop op die paadjie na ons chalet. En ek weet nie wie't gisteraand die grootste geskrik toe ek my flits aanskakel om na die vleis op die kole te kyk nie - ek of die ratel?

M

Vanoggend wil ons die S143 (Tropic of Capricorn Loop) gaan ry en hopelik van die skaarser wildsoorte soos bastergemsbokke, tsessebe's en elande sien. Terwyl ek hier tik, roep die visarend oor die Pionierdam. En die seekoeie honk-honk al sedert gisteraand.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 30/01/2019 - 09:28

.....dankie dat ons saam kan kuier.  Ek kan nie onthou nie wanneer laas ek verskeie fotos gesien het waar die Wildtuin so pragtig lower-groen is.  As ons daar kom in Meimaand, sal die herfs al toegeslaan het, maar ek dink tog dit gaan nog pragtig lyk na hierdie wonderlike reën.

Vaalpark

Johann L

Wed, 30/01/2019 - 12:49

Len, nou wie wil nou al die pad soontoe ry, as jy sulke pragtige fotos, met deuglike kommetare verniet hier kan "saam toer"wink

Dankie Chris, uitstekende verslag weereens👍

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/01/2019 - 17:41

Ons was toe nie heeltemal so gelukkig met die skaarser wildsoorte waarvoor ons op die "Tropic of Capricorn Loop" gehoop het nie, maar het darem tsessebe's gesien. Maar die hordes blouwildebeeste en bontkwaggas het daarvoor opgemaak. Soos wat die naam van die "loop" aandui, strek dit oor die Steenbokskeerkring.

S

Ons het vanmiddag sommer net 'n kort draaitjie gaan ry - na die Shipandani-skuiling. Oppad daarnatoe het ons darem een van die skaarser spesies gesien, te wete die Tropiese Grysbok - ook bekend as Sharpe's Grysbok. Maar een van die beste "sightings" wat ek nog gehad het van die bedreigde saalbek-ooievaar, was langs die laagwaterbruggie oor die Tsendzerivier by Shipandani-skuiling.

S

S

Shipandani-skuiling is een van slegs twee skuilings wat snags uitverhuur word om oor te slaap.

S

Daar is 'n lekker beskermende braai-area.

S

Dit het slaapplek vir 6 persone. Dit beskik oor toiletgeriewe, maar nie stort- of kombuusgeriewe nie. Die sleutels vir toegang tot die geriewe kan 'n halfuur voor hek- sluitingstyd by Mopani-ontvangs afgehaal word en die skuiling moet vroegoggend ontruim word. Matrasse vir die beddens (wat opgeslaan staan deur die dag) word in 'n toesluitkas geberg. Jy moet jou eie beddegoed voorsien.

S

Afgesien van uitstekende voëllewe, is die seekoeie ook baie bedrywig voor die skuiling.

S

Indien ek nie môre terugvoer gee nie is dit omdat my data-gedeelte van my kontrak "op" is. Maar 1 Feb kry ek weer my volle kwota.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/01/2019 - 11:52

...............Pragtige foto van die Saalbek-ooievaar.  Dis wonderlik om die kleure swart, wit, oranjerig, goudgeel en pienk in een spesie te sien  -  pragtig !  Ek het ook 'n foto van 'n Saalbek-ooievaar, maar nie so mooi soos joune nie en ook nie so naby nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/02/2019 - 08:54

.................nogal Chris se daaglikse terugvoer, maar hy het mos gewaasku sy data is gedaan.  Nouja, vandag is 'n nuwe maand en hy is weer gelaai met nuwe data  -  ons sal maar moet wag tot later vandag !

Centurion

Wit Eland

Fri, 01/02/2019 - 11:19

Het al vroeg kom kyk want na 12:00 was dit al die nuwe maand hoop Oom Chris het n lang storie om te vertel. Geniet dit vreeslik.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 01/02/2019 - 16:18

... om foto's gelaai te kry. Ek het al lang stukke getik om net weer al's te verloor. As hierdie insetsel deurgaan, probeer ek weer later.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/02/2019 - 19:28

Chris,

As jy 'n storie getik het "copy" dit voor jy iets anders doen, as iets verkeerd gaan kan jy dit altyd net weer "paste"

Ek het ook al iets verkeerd gedoen en as ek dan "back" druk is al my getik weg.

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 01/02/2019 - 19:35

Baie dankie vir die mooi foto's.

Ek geniet dit baie.

Hou aan om hulle vir ons te gooi. smiley

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/02/2019 - 06:38

Ek sit op my stoep in Shingwedzi, waar ons gister op 'n snikhete dag aangekom het. Ek gaan maar sulke kort verslaggies tik, want dit blyk ek het probleme met Shingwedzi se seine. Ek sukkel steeds om foto's te laai.

Ons kaia in Shingwedzi, waar die regeerders blou-ape blyk te wees.

S

Dit is waar Mopani (ook Tsendze) uitstaan bo ander kampe - daar is geen bobbejane of ape nie.

Ek sal nog verder deel oor die Mopani-gedeelte, en hopelik slaag om nog 'n paar foto's te plaas. Ek wil net op hierdie stadium deel, dat die Shingwedzi-omgewing ooglopend droër is as die ander dele wat ons tot dusver beleef het. Behalwe vir enkele stilstaande poele naby die kamp, is die rivier kurkdroog.

As leek kan ek nie argumenteer met die wetenskaplikes se besluit oor die sluiting van sommige watergate nie. Maar die verlies van die Kanniedooddam in die Shingwedzirivier het 'n dramatiese impak op die wildlewe langs die S50. Daar is nie 'n teken van water tussen die kamp en die eertydse damwal nie. Noodwendig is die wild ook skaars. Ek was laas in Mei 2017 in Shingwedzi, maar (dalk is dit die tyd van die jaar) tans weet jy nie herwaarts of derwaarts om wild te gaan kyk nie, want weiding is ook skaars.

Ek dink ek gaan maar kyk hoe lyk dit langs die Mphongolo in die rigting van Babalala.

Dankie vir almal se terugvoer. Ek probeer weer later vandag met addisionekele foto's.

Vaalpark

Johann L

Sat, 02/02/2019 - 08:34

Chris, dankie vir jou terugvoer, soos gewoonlik is dit indiggewend👍

Chris, 'n verduideliking wat jare terug aan my gegee was ivm die opdroog van mens gemaakte water gate, was om te voorkom dat sekere diere dit ootheers, en ander dan uitsterf of weg trek, dit versteur die ekologiese sisteem.

Ek moet egter weer my opinie gee, die mens het reeds deur inkamping (wat absoluut noodsaaklik is) die ekologie versteur.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/02/2019 - 09:20

.................julle blyplekkie lyk heel gesellig.  Ek kan natuurlik nie saamgesels nie en het laas in hutte gebly toe ek as kind die Wildtuin besoek het  -  my ouers het ongelukkig nie meer gekamp na my en my broer se geboorte nie. (Ek moet sê, "hutte" klink baie mooier as "chalets").  Ek sal oor 8 jaar (my kampering-aftree datum) oor hutte kan begin saamgesels !

Jy het my nou bekommerd oor die droogte by Shingwedzi, Punda en noord daarvan. Gelukkig het hierdie deel ook baie onlangs 'n paar lekker reënbuie gehad.

Wat die afsluit van sommige kunsmatige watergate en die "gebreekte" Kanniedooddam wat nie herstel word nie betref, ek het ook gemengde gevoelens daaroor.  Maar ek berus maar by die verskeie wetenskaplike studies van SANParke en wetenskaplikes daarbuite dat dit die beste besluit is in belang van die ekologie .  Jou waarneming van die uitwerking daarvan op die wildlewe langs die dam (en die terugstoot van die rivier as gevolg daarvan) is dalk 'n bewys dat die wetenskaplikes dalk korrek is dat wild nie onnatuurlik daar moet versamel nie.  Ongelukkig het dit ook 'n uitwerking op toeriste se genot van die wildlewe.

Ek sien weer eens uit na jou volgende geslsies

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/02/2019 - 11:46

Ons was net na 11:00 terug by die kamp. Ek wil dadelik meld dat die area noord van Shingwedzi lyk baie beter. By ontvangs is bevestig dat Shingwedzi ook 42 mm reën verlede Saterdag-nag gehad het. Hopelik reageer die veld nog ten suide (jy sien waterpoele in die veld), veral as daar nog goeie opvolgreën kan val. Maar die Shingwedzirivier is grootliks net 'n groot massa droë sand.

Die Mphongolorivier het wel geloop, maar het beslis nie die samevloeiing met die Shingwedzi bereik nie. Daar is heelwat waterpoele in eersgenoemde en die veld langs die rivier vertoon mooi.

Len - hulle praat van 'n 'cottage, bungalow & chalet' op die Sanparks web. Hulle verwysing na 'n 'hut' het slegs betrekking op akkommodasie waar gemeenskaplike badkamers en kombuise gebruik moet word. Hier is nog hutte in Shingwedzi (ook in Letaba, O/Sabie en Pretoriuskop). Maar ons eenheid is 'n 'bungalow'. Dit laat my weer dink aan my 'army' dae.

Ek plaas intussen geen verdere foto's nie. Dit sukkel te veel. Ek kan nou nie eens my foto's sien wat ek reeds op die draad geplaas het nie.

Nelspruit

Koos Mol

Sat, 02/02/2019 - 12:45

Dis darem lekker as jy so vertel, mens kan dit saamleef want jy was al by al die plekke. Voel regtig of ek saam met jou in die voertuig sit. Geniet julle verdere reis.

Ek het ook al baie my teks en fotos verloor as ek sulke lang stukke skryf. Ek het dit so ruk terug met Anton opgeneem, hy't belowe om 'n stoor funksie te ondersoek in toekomstige opgraderings.

Ek skryf nou eers my teks op "Word", kan dit dus nie verloor nie. Op die forum inset laai ek  eers al die fotos wat ek wil plaas op my inset met spasies tussen die fotos, maak my "Word" blad en die forum blad langs mekaar oop en trek dan die teks stukkies direk uit "Word" so tussen die fotos in op die forum inset, daarna net so bietjie leë spasies verwyder, onderskrifte by die fotos intik en siedaar dis klaar. 

Bogenoemde werk nie as jy die funksie gebruik waar jy meer as een foto op 'n slag kan plaas nie. Jy kan nie tussen die fotos spasies maak vir teks nie (ek moet bysê, ek kan nie). Ek gebruik die funksie bo-aan die insetblad waar jy een een foto op 'n slag intrek.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/02/2019 - 13:16

..... vir jou raad. Ek het tot dusver (sedert ons by die huis vertrek het) alles met die foon gedoen. En dit sukkel maar in elk geval - altans vir my. Ek het nou die foto's van my foon af na my laptop oorgedra en gaan kyk of ek nie beter vaar nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus