6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

Die Noorde wink alweer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die Noorde

Hoekom is ek (as 64-jarige) dan altyd so opgewonde soos 'n kind as die langpad aangevat word? Ek is al sedert gister aan die inpak vir my reis wat môre begin.

Een van die voordele van aftrede en deeltydse werk is dat jy werk en plesier soveel makliker kan kombineer. Ek moet kliënte in Orkney, Rosslyn en Bethlehem gaan sien, asook 'n verskaffer in Brits. Nou neem ek sommer vir Ralie saam en ons gaan lekker kuier-kuier ry tot uiteindelik in Shingwedzi.

Ons reis begin môre tot Drie Susters waar ons by Travalia oornag - een van ons gunsteling oorslaapplekke wanneer ons nie sleep nie. Vandaar Sondag met die N12 tot Warrenton waar ons op die oewer van die Vaalrivier by Fish Eagle's Call oorbly.

Ek sal 'n bietjie terugvoer gee oor die volgende 3 weke.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/02/2019 - 13:57

... die internet-sein in Shingwedzi is maar net eenvoudig te swak vir die laai van foto's. Ek het nou met die laptop probeer - selfde probleem. Ek kry uiteindelik 'n foto gelaai, maar dit neem etlike minute per foto.

Jammer hieroor, maar diegene wat hierdie draad volg sal maar eers moet wag totdat ek weer by 'n area met beter seinsterkte kom.

Tans lê ons hier in ons 'hut' met die lugreëlaar op vol woema. Sedert eergister roer die hitte ons. Die wild (bietjie wat ons sien) soek al van 08:30 af skadu. Ons sal maar weer laatmiddag met die S50 in die rigting van die Kanniedooddam (wat wel doodgegaan het) ry. Ten spyte van die droë rivier bly dit maar 'n mooi roete.

Een ding wat duidelik is - die rooibokke en blouwildebeeste het 'n uitstekende lam- en kalfseisoen gehad.

En ek kan ook rapporteer dat die katte ontwyk die Boucher's met groot sukses. Ons is nou-al 'n week hier en het nog nie eens 'n leeu hoor brul nie. Maar hulle kan maar gaan skyt - ons geniet dit nog steeds (selfs sonder hulle)

Die S56 (langs die Mphongolo) was soos in die verlede 'n aangename rit. Ons het o.a. ons eerste trop buffels (afgesien van die enkele 'dagha boys') gesien. En een van my gunstelingbome, Njalabome, is mos volop langs hierdie roete. Ek kan nie help om te wonder hoe oud sommige van die ou reuse is nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/02/2019 - 14:55

................ Chris, ek het gaan check in HAT, "skyt" spel jy wel met 'n lang "y" !

Tweedens, wat lê julle om amper 2nm nog in julle "chalet" ? (fênsie naam nê ?)  Dis mos 'n plek waar 'n mens in die nag slaap. ?

Ek het ook maar die gebruik om my fotos met my kamera of foon eers op my laptop te laai en vanaf die laptop plaas ek fotos en gesels ek op Kampforum.  Lang stories tik ek ook eers in Word en "paste" dit dan na die forum.

Gebruik jy Vodacom of MTN vir 'n data-sein ?

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 02/02/2019 - 15:08

... ek gebruik Vodacom.

Luister maat, hierdie hitte wat tans hier in die noorde heers, is nie vir 'n sissie soos ek bedoel nie. Selfs die ou rooibokkies sal my snaaks aankyk vanuit hul skadu-rusplekke as ek nou moet gaan ry.

Ai - darem maar lekker as jy sonder enige skuldgevoel 'n uiltjie kan knip oor die middaguur. Nou-nou vir Ralie gesê ons gaan ry eers @ 16:00.

Môre ons laaste voldag hier. Maar as ek kyk na die voorspelling t.o.v. temperature vir Maandag, is ek inderwaarheid dankbaar dat ek Maandagaand in 'n (hopelik) koeler Dullstroom slaap. Dan gaan ek sommer vir myself kyk of die berugte pad oor Lydenburg via die Abel Erasmuspas wel so sleg is vir karavaansleep.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/02/2019 - 20:41

...............lees hieronder wat sê Janey Coetzee oor die Dullstroom Lydenburg pad wat sy eergister gery het oppad Letaba toe :-

https://www.facebook.com…

Ek dink jy moet jou proefneming om hierdie pad te ry, heroorweeg.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 03/02/2019 - 13:49

Ek is ongelukkig (of is dit 'gelukkig') nie op FB nie en kan dus nie lees wat Janey Coetzee oor die betrokke roete geskryf het nie. Maar ek ry daardie roete môre net met die bakkie en sal my dus vergewis van die padoppervlak. My planne vir roete wildtuin toe in April is nog baie buigbaar.

Ek is tans nog fotoloos op hierdie draad tot tyd en wyl ek beter sein het. Maar ek onderneem om nog 'n hele paar foto's te plaas, al is dit mostert na die maal.

Ek wil intussen net 'n mate van 'n regstelling doen. Ons het vandag tot by die Nyawatsi voëlskuiling gery met die S50. Ek was verstom oor die hoeveelheid water in die Shingwedzirivier onderkant die gebreekte damwal. Vir kilometers is daar steeds groot poele. Dinge lyk dus nie só "grim" nie.

Tussen die eertydse Dipene buitepos en die voëlskuiling is die veld egter uiters droog. Plek-plek kan jy sien dat die jong gras wat seker na 'n vorige reënbui uitgeloop het, sommer behoorlik verlep is.

Vandag is meer gangbaar wat die temperatuur aanbetref. Maar steeds lê ek nou op die naat van my rug voor die lugreëlaar - in my 'bungalow'.

Vanaand is ons laaste van 9 salige nagte in hierdie ou plek waarvoor ek só lief is. Maar ons het darem nog môre die hele ent pad tot by Phalaborwahek om die wildtuin te geniet.

Ek hou diegene wat hierdie draad volg, op hoogte en kan hopelik weer gou foto's plaas.

En die katte kan nog maar steeds loop sk..... Wag, laat ek eerder niks sê nie. Dalk sit hul môre hul goeie pote voor.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 03/02/2019 - 21:34

......Janey Coetzee is die dame wat Kruger Camps & Roads, 'n geselsforum op FB geplaas het. Sy was eergister oppad Wildtuin toe en het besluit om die Belfast/Dullstroom?Lydenburg roete op die proef te stel om self uit te vind of die pad so sleg is soos wat beweer word.  Die uiteinde : sy moes noodgedwonge by PG Glass in Lydenburg aangaan vir 'n voorruit reparasie.

Wees dus gewaarsku.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/02/2019 - 10:48

...............die Noorde wink nie nie meer nie en nou wink die Suide wel !

Ek hoop julle ry veilig tot in Dullstroom en is baie nuuskierig om jou kommentaar van die padtoestand tussen Lydenburg en Belfast te verneem.

Ek was vir jare baie lief vir hierdie roete Wildtuin toe, veral die Long-Tom-pas, maar het dit seker 10 jaar gelede laas gery vanweë die slaggate tussen Dullstroom en Lydenburg.

Hier is 'n foto bo-op die Long-Tom-pas waar ons 49 jaar gelede met ons sleepkombinasie stilgehou het, oppad Wildtuin toe.

.

Centurion

Wit Eland

Mon, 04/02/2019 - 11:10

Het n baie groot fout gemaak om af te draai van die Schoemans kloof pad na Lydenburg Hier was ons meet op die grond langs die teer as op die teer daar is nie pot holes nie dis gate jy kruip stadig in en stadig uit n klein kar pas in daai gate en oral le kar parte rond. Die fotos was nou geneem om die gate te wys nie maar wel die mis maar as jy mooi kyk was ons nie op die teer nie. Hierdie pad is by sleg verby.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/02/2019 - 12:51

Eland, daardie vierde foto van jou lyk soos iets anders !

Ek sien uit na Chris se kommentaar oor hierdie pad !

Middag Len

Great minds think alike;

ek stem saam met jou. As mens reg fokus is dit darem maar mooi.

Wessel

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/02/2019 - 13:22

Len,

Nie gedink jy sal dit ook raaksien nie wink

Op die foon of Tablet is die foto nie mooi groot soos op die rekenaar nie.

Maar soos Wessel sê dit bly mooi.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 05/02/2019 - 06:51

Ek het gisteraand 'n dagverslaggie begin tik nadat ons na 'n lang dag op die pad hier in Dullstroom aangekom het. Maar toe druk ek weet 'n verkeerde knoppie iewers op die foon - en weg is alles.

Diegene wat hier volg, moet maar nou verlief neem dat ek eers by die huis (waar ons beplan om eerskomende Vrydag te arriveer), meer volledig verslag sal doen met terpaslike foto's. Ek het al my foto's tot en met afgelope Saterdag s'n, oorgeplaas na my rekenaar. Hopelik kan ek makliker van die rekenaar aflaai en ook makliker tik.

Nietemin, ons is gister in vroeë-oggend hitte (27° reeds om 07:15) weg by Shingwedzi. Stelselmatig het die temperatuur geklim tot 35° toe ons uiteindelik om 13:00 by Phalaborwahek arriveer. Die H14 hoofpad het met die uitsondering van wildehonde ('n klompie jare gelede) naby Shilawuri, nog nooit juis vir ons iets opgelewer nie. Nou praat ek van gewone alledaagse wild. Maar gister het ons bykans op dieselfde plek as die wildehonde van destyds, ons eerste en enigste leeus van ons 9 nagte besoek in die wildtuin gesien. En dit sommer teen die pad.

Nou die pad na Dullstroom. Om in kort op te som - 'n ou wat oorweeg om die roete oor Abel Erasmuspas via Orighstad en Lydenburg na Dullstroom met 'n karavaan aan te pak, moet sy kop laat lees. Dit is 'n nagmerrie op plekke, selfs met net jou bakkie. Ek sal in my meer volledige verslag hieroor skryf. Maar hier waar ons nou in 'n fantastiese Lekkeslaap selfsorg-plekkie in Dullstroom is, is jy dankbaar dat jy ongeskonde hier aangekom het. Dit is 'n absolute skande om die toestand van hierdie "scenic" roete te sien. Om deur Lydenburg te kom met 'n karavaan moet 'n skrikwekkende ervaring wees.

Vandag is dit hiervandaan tot Bethlehem. 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/02/2019 - 09:30

Dankie Chris, bly julle is veilig in Dullstroom.  Jy het nou kortliks die padtoestand oor Orighstad tot by Lydenburg genoem, maar ek is nuuskierig om te verneem hoe lyk die pad tussen Lydenburg en Dullstroom.  Ek sal maar moet wag tot julle weer tuis is, want ek verstaan dit is ook 'n nagmerrie !

Ek aanvaar julle ry Bethlehem om omdat jy seker daar iewers werkverpigtinge het, want dis nie die beste roete huis toe nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 05/02/2019 - 18:17

... die pad aan die noordekant (m.a.w. waar jy afsak na Hoedspruit se rigting) is in 'n swak toestand. Van bo-af, in die rigting van Orighstad, is die padoppervlakte heel goed tot by laasgenoemde - selfs om 'n karavaan te sleep.

Vanaf Orighstad (rigting Lydenburg) is die eerste gedeelte swak. Tot waar jy die grens oorsteek na Mpumalanga. Daarvandaan is dit skrikwekkend tot in Lydenburg. Die strate in die dorp self is haglik. Die pad tussen Lydenburg en Dullstroom grens ook maar aan nagmerrie toestande. Beslis nie geskik vir 'n padkaravaan nie.

Ons is vanoggend uit Dullstroom weg onder uiterste digte mis. Die pad vandaar tot Belfast (en ook die strate in Belfast) is uiters treurig. Ek sal na my ervaring van gister en vanoggend nooit enigsins verder dink om dié roete te sleep nie. Ek sal dit nie eens weer wil ry net met die Hilux nie.

Vanaf Belfast het ons N4/N12 langs gehou tot die R42-afrit na Delmas. Dit is die roete wat Sophie (my GPS) aanbeveel het. Weereens 'n skrikwekkende ervaring totdat waar jy die grens oorsteek na Gauteng tussen Delmas en Nigel. Daarvandaan is dit geredelik gangbaar totdat jy by die N3 aansluit.

Ons het by Villiers afgeklim. Tot Frankfort kan dit nog op 'n manier gaan, alhoewel ek nie daar wil sleep nie. Maar vanaf Frankfort tot Reitz - ag mens, wat kan ek sê. Ek kan nie glo dat dit toegelaat word dat 'n teerpad (en 'n besige een) tot só 'n mate kan agteruit gaan nie. Dit is 'n absolute bleddie skande (amper spel ek 'bleddie' met 'n 'f').

Ek moes maar noodwendig Bethlehem toe kom omdat ek môre-oggend 'n kliënt hier moet sien. Weereens bly ons oor in 'n gerieflike en netjiese Lekkeslaap selfsorgplek. Jissie mense - Lekkeslaap is darem maar 'n puik organisasie!!

Môre ry ons voort in die rigting van die huis met die N5 tot Winburg, en vandaar N1-langs tot Trompsburg waar ons weer gaan Lekkeslaap.

Weereens my belofte - sodra ek terug is by die huis sal ek meer volledig verslag doen, met o.a. foto's.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/02/2019 - 19:47

....................Chris, jy het pas weer bevestig dat geen roete oor Lydenburg moontlik is nie voordat die Ma-Poep-Al-Lankal Provinsie nie daardie paaie rondom Lydenburg heeltemal oorgedoen het nie.

Voorspoed met julle verdere reis huis toe.

Secunda

Sleep nou

Wed, 06/02/2019 - 03:20

Daai pad tussen dullstroom en Lydenburg binne lydenburg en buite lydenburg oppad origstad was 4 maande terug slegte toestand toe ek phallas toe was Chris ek toer kuier lekke saam julle dankie

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 07/02/2019 - 07:15

Ons is gister laterig weg uit Bethlehem nadat ek 'n kliënt moes gaan sien. Maar watter plesier was dit nie om al die pad weer op 'n goeie padoppervlak te ry nie. Die N5 ry lekker en dieselfde geld vir die N1. Maar o wee, laasgenoemde dra darem maar 'n ontsettende verkeer van swaar voertuie.

Ons het weereens oorgebly in 'n Lekkeslaap selfsorgplek, Fox Den in Trompsburg. Dit is 'n netjiese plek met 14 selfsorg-eenhede. As jy ooit in die Suid-Vrystaat moet oorslaap (dis nou as jy nie sleep nie), kan ek hierdie plek met groot vrymoedigheid aanbeveel. Trompsburg is mos maar 'n klein dorpie, en Fox Den is op die kant van die dorp. Dit voel of jy op 'n plaas kuier.

Maar van plaas gepraat - vanaand slaap ons weer by Travalia gasteplaas by Drie Susters. Ons staal ons maar vir behoorlik warm kry. Ek sien Accuweather wys vanoggend die kwik gaan vandag op Drie Susters styg tot 41°C. Eina!! Maar Shingwedzi het ons tot 'n mate daaraan gewoond gemaak.

Môre is dit die laaste skof huistoe. Ek sal poog om meer detail, met foto's van ons kort toertjie, oor die naweek te plaas.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus