Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

1970 Jurgens 500 Deluxe - Restorasie

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. smiley

Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.

video
Elarduspark

GerhardM

Sat, 20/04/2019 - 07:48

Dankie almal

As als goed gaan vandag maak ons al die verf werk vandag klaar met daai beidge enamel en kan ons more begin met die gordyne. Die mure gaan net 1 laag nuwe verf kry dan is dit ook reg. Dit word met 'n sheen geverf vir beter skoonmaak vermoë. Die werk moet nou klaar want die kamp plek vir die September vakansie is bespreek. smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Sat, 20/04/2019 - 22:07

Dankie almal.

Oom Stoffel ons gaan beslis nog saam kamp.wink

Oom Willem dis so lekker om die werk te doen, soos Nico sê, die gaan 'n aanhoudende projek wees.smiley

En hier is die foto's vir vandag. Marelize het baie gehelp die laaste 2 dae met die werk.

Ek het begin met die kas deure in die son maar toe onder die afdak ingeskuif.

kas

Kas deure

Die nuwe (ou) blad het ook nog 2 lae verf gekry. My liewe vrou verf mooier en beter as ek blush

blad

Sy vertoon al beter van buite af ook. Net nog jammer oor die grys buite.sad

ver

Die insek deur is ook geverf vandag. Die deur is nogals handig as jy warm kry op 'n kamp.

insek deur

Die 2 bankies voor het ook nog 'n laag verf gekry en lyk nou baie mooier.

Bankie

Die deur het grys plak papier op gehad wat af is en more sny ons die nuwe plank wat daar moet opkom.

deur

Na vandag se werk, was ons lus om daar te slaap maar die verf is nat.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 21/04/2019 - 08:56

WOW Gerhard, dit is verstommend hoe mens  iets kan verander na wat jou beter pas👍

Baie netjiese projek, nou kort ons binnekort 'n saamtrek om daai ou lady te kan aanskou. 

0
Elarduspark

GerhardM

Sun, 21/04/2019 - 17:19

Kas deure is nou terug. Daar is nog baie werk maar dis net afwerking en skoon maak.

Het net die deure terug gesit en verder nie veel gedoen vir die dag nie. Die verf is nou mooi droog na die wa heeldag oop was.

kas

kas

kas

kas

agter

 

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 21/04/2019 - 19:30

Gerhard as jy klaar is met die ou lady gaan Jurgens hom terug koop by jou hy lyk spoggerig sover

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 22/04/2019 - 14:51

Baie dankie almal.

Ek sien wat Ski (Nico) sê, dis 'n aanhoudende projek. Ons bly iets kry wat nog gedoen moet word. smiley

0
Elarduspark

GerhardM

Tue, 23/04/2019 - 20:45

Dankie almal.

Ek het die sleep ligte agter ook nou reg sodat hulle werk op die kar. Nuwe LED liggies in.

lig

Ek sal moet nuwe lense soek of iemand soek wat daai ou gat kan toe swys met 'n stuk plaat sodat ek dan 'n nuwe ronde 3 in 1 LED lig kan inbou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus