Soos almal nou al weet het die 1970 Jurgens 500 Deluxe aandag nodig, daai werk het nou Saterdag wat verby is begin. ![]()
Ek het begin met die agterkant van die wa se uitmekaar haal. Die bankies is uit en die vrot binne muur is uit geruk. Ek het ook van die grys vinyl teels gelig om te kyk hoekom hulle in die middel van die vloer gebars het, net bang daar is fout met die vloer. Die vloer is in 3 stukke ingesit en makeer gelukkig niks nie. Nou Saterdag gaan ek al die bedrading uit mekaar haal en onder die wa in conduit pyp hardloop na die spesifieke punte toe en als netjies maak om die binnekant ook te kan nietjies kry weer. Die ou gas pype word ook finaal uitgehaal en die vloer weer geseel waar hulle nou is. Die agterste 3 ruite word ook in die volgende weke uitgehaal geseel en terug gesit. Die fotos volg nou.
Dankie almal
Dankie almal
As als goed gaan vandag maak ons al die verf werk vandag klaar met daai beidge enamel en kan ons more begin met die gordyne. Die mure gaan net 1 laag nuwe verf kry dan is dit ook reg. Dit word met 'n sheen geverf vir beter skoonmaak vermoë. Die werk moet nou klaar want die kamp plek vir die September vakansie is bespreek. ![]()
Noel se wa
Noel se wa gaan spoggerig wees vir September se vakansie
Pragtig Gerhard, jy gaan die…
Pragtig Gerhard, jy gaan die ou lady baie geniet.
Dit maak my lus om weer iets…
Dit maak my lus om weer iets te doen op die 3B.
En hier is die foto's vir vandag.
Dankie almal.
Oom Stoffel ons gaan beslis nog saam kamp.![]()
Oom Willem dis so lekker om die werk te doen, soos Nico sê, die gaan 'n aanhoudende projek wees.![]()
En hier is die foto's vir vandag. Marelize het baie gehelp die laaste 2 dae met die werk.
Ek het begin met die kas deure in die son maar toe onder die afdak ingeskuif.


Die nuwe (ou) blad het ook nog 2 lae verf gekry. My liewe vrou verf mooier en beter as ek ![]()

Sy vertoon al beter van buite af ook. Net nog jammer oor die grys buite.![]()

Die insek deur is ook geverf vandag. Die deur is nogals handig as jy warm kry op 'n kamp.

Die 2 bankies voor het ook nog 'n laag verf gekry en lyk nou baie mooier.

Die deur het grys plak papier op gehad wat af is en more sny ons die nuwe plank wat daar moet opkom.

Na vandag se werk, was ons lus om daar te slaap maar die verf is nat.
Mooi oom Gerhard, die ou…
Mooi oom Gerhard, die ou gesie gaan nou ook doeks.
WOW Gerhard, dit is…
WOW Gerhard, dit is verstommend hoe mens iets kan verander na wat jou beter pas👍
Baie netjiese projek, nou kort ons binnekort 'n saamtrek om daai ou lady te kan aanskou.
Kas deure is nou terug
Kas deure is nou terug. Daar is nog baie werk maar dis net afwerking en skoon maak.
Het net die deure terug gesit en verder nie veel gedoen vir die dag nie. Die verf is nou mooi droog na die wa heeldag oop was.





Gerhard, begin nou netjies…
Gerhard, begin nou netjies lyk. As dit so aangaan is jy een van die dae klaar
Gerhard, begin nou netjies…
Gerhard, begin nou netjies lyk
YIP!!! Baie netjies ![]()
Baie dankie almal
Baie dankie almal.
Ek sien wat Ski (Nico) sê, dis 'n aanhoudende projek. Ons bly iets kry wat nog gedoen moet word. ![]()
Dankie almal
Dankie almal.
Ek het die sleep ligte agter ook nou reg sodat hulle werk op die kar. Nuwe LED liggies in.

Ek sal moet nuwe lense soek of iemand soek wat daai ou gat kan toe swys met 'n stuk plaat sodat ek dan 'n nuwe ronde 3 in 1 LED lig kan inbou





Ag lekker! Dit lyk smart
Ag lekker! Dit lyk smart